Spookskip. Antoinette Diedericks

Spookskip - Antoinette Diedericks


Скачать книгу

      

       SPOOKSKIP-title.jpg

      Illustrasies deur Astrid Castle

      Tafelberg

Chapter 12.jpg

      · 1 ·

      Die Nossa Senhora Madalena

      28 Maart 1641: Lê geanker in 16 vadem water aan die suidoostekant van Panaitan-eiland in die Soendastraat. Eilandbewoners is vriendelik en behulpsaam. Het genoeg voorraad vir lang vaart na Kaap van Goeie Hoop. Here van Vereenigde Oost-Indische Compagnie sal tevrede wees met speserye van Batavia.

      Daar is ’n harde klop aan die kajuitdeur.

      “Kaptein! Kaptein!”

      “Wat is dit nou al weer?” sug kaptein Hendrik van der Decken. Versigtig skud hy die ink van die veerpen af en skroef die inkbottel toe. Hy vou sy hande op die oop skeepsjoernaal. “Kom binne, Erik!”

      Die matroos loer om die deur. Stap dan stadig tot voor die lessenaar. Hy trap senuagtig rond.

      “Ja?” Kaptein van der Decken lig sy wenkbrou.

      “Kaptein, die groente en vrugte is klaar gelaai en helfte van die watervate is aan boord en die pluimvee is reeds in hokke maar nog nie gelaai nie en die manne vra of hulle nou met die roeiboot moet uitgaan om die res te gaan haal of kan dit wag tot môre en Kaptein daar het ’n Portugese skip anker gegooi en die matrose het reeds aan wal gegaan.”

      “Hmmm.” Kaptein van der Decken kyk na die matroos se rooi gesig. “Jy kan nou maar weer asemhaal, Erik.”

      “Ja, Kaptein, reg, Kaptein, ek maak so, Kaptein.” Op aandag wag Erik vir verdere instruksies.

      Die kaptein staan op, sit sy hoed op, neem die teleskoop en karwats en stap by die kajuit uit. “Kom!” beveel hy in die verbygaan.

Chapter 1.jpg

      Op die hoë agterdek kyk hy lank deur die teleskoop. “Nossa Senhora Madalena,” lees hy. “Het hulle nog nooit voorheen gesien nie.” Hy laat sak die teleskoop en klop-klop met die karwats teen sy stewel. “Erik, julle moet die res van die vrag vandag gaan haal. As ons goed gesteel word, kos dit ons nog ’n paar dae om alles weer reg te kry. Ek is haastig om terug te kom in Holland. Kom gee dadelik verslag as julle terug is.” Hy draai terug kajuit toe. “En Erik, kyk of julle iets kan uitvind oor daardie Portugese.”

      “Reg, Kaptein!” Erik hardloop oor die dek terwyl hy bevele uitskree. ’n Paar matrose skarrel uit die takelwerk. Gou is die roeiboot weer in die water. Versigtig stuur hulle tussen die koraalriwwe om die eiland deur.

      Kaptein van der Decken druk weer die veerpen in die ink en gaan voort met sy joernaalinskrywing:

      Portugese skip Nossa Senhora Madalena anker gegooi naby ons. Onseker of hulle ons goedgesind is. Sal môre rus, dis Goeie Vrydag. Sal vroeg Saterdag die anker lig.

      Dis sterk skemer toe die roeiboot met die laaste voorraad vanaf die eiland terugkeer. Kaptein van der Decken stap uit om alles te inspekteer. Hy wink vir Erik nader.

      “Kaptein, daardie Portugese lyk na ’n gevaarlike spul en die een se tong was bietjie los en ek dink hy het effens te veel versterkwater gehad en hy sê hulle soek ’n skat en die kaart is in die kaptein se kajuit en toe gee sy maat hom ’n klap teen die kop en toe kon ek niks verder uitvind nie.” Erik snak na asem. “Die kaptein se naam is Pelas de Castro en dis al wat ek weet behalwe ook dat meeste van die matrose vanaand aan wal gaan slaap.”

      Kaptein van der Decken klop met sy karwats teen sy stewel. Sy voorkop is op ’n plooi getrek. “Gaan sê vir die manne om nie die roeiboot op te trek nie. Hou dit uit sig van die Nossa Senhora Madalena. Kom jy, Hans en Freek na my kajuit toe wanneer julle klaar afgelaai het.”

      Kaptein van der Decken kyk stip na die drie matrose voor hom. “Julle besef julle is dood as julle gevang word?”

      “Ja, Kaptein,” sê al drie gelyk.

      “En julle is steeds bereid om dit te doen?”

      “Ja, Kaptein, as daar regtig ’n skatkaart is moet ons dit kry want ek is moeg daarvoor om net ’n arm matroos op hierdie skip te wees dit sal baie lekkerder wees om ’n ryk matroos te wees,” grinnik Erik.

      “Nou ja, julle weet wat om te doen,” sê kaptein van der Decken.

      Erik, Hans en Freek staan op en stap uit.

      “Erik,” roep kaptein van der Decken hulle agterna, “wees versigtig.”

      “Ja, Kaptein! Sal wees, Kaptein!”

      · 2 ·

      Op vlug

      Dis lank na middernag. Kaptein van der Decken stap heen en weer op die dek. Hy gaan staan skielik stil en trek sy oë op skrefies om beter te sien. Hy kan net-net die vorm van ’n boot uitmaak. Dan hoor hy die gespat van roeispane. Hy sug verlig toe die drie donker figure oor die rand van die skip klim. Hy lig die lantern hoog op sodat hulle beter kan sien.

      Erik, Freek en Hans kom staan voor kaptein Van der Decken. Nie een sê ’n woord nie. Hulle is sopnat. Die water maak donker poele op die dek.

      “En toe? Wat het gebeur?” vra die kaptein.

      “Ons het hom, Kaptein, ons het hom!” skree Erik so skielik dat kaptein Van der Decken ’n paar treë agteruit gee van skrik. Nou praat almal gelyk. Die kaptein kan nie kop of stert uitmaak van die deurmekaar gebrabbel nie.

      “Stilte!” bulder hy. “Erik! Rapporteer!”

      “Ja, Kaptein! Reg, Kaptein!” Erik haal ’n opgerolde vel papier voor by sy hemp uit. “Kaptein, daardie spul Portugese is so dronk hulle snork soos donderweer in ’n storm en die kaptein snork die ergste van almal en ons het die kaart reg onder sy hand uitgevat en hy het net aanhou snork en niemand weet eers dat ons daar was nie behalwe dalk die skeepsjonge wat op die bank in die kaptein se kajuit slaap.” Uitasem gee Erik die papierrol vir die kaptein.

Chapter 2.jpg

      “Hier, hou vas die lantern.” Kaptein van der Decken gee die lantern vir Erik. Versigtig rol hy die verweerde papier oop. Al drie matrose leun nader om ook te sien. Vir ’n lang ruk is dit stil. Dan sê die kaptein: “Manne, as ons hierdie vrag speserye afgelaai het, gaan ons ’n skat soek.”

      Erik, Freek en Hans omhels mekaar. Hulle dans rond op die dek. Die lantern tref amper vir kaptein Van der Decken teen die kop. Hy koes net betyds.

      “Jammer, Kaptein! Jammer, Kaptein!” maak Erik verskoning, maar hou aan dans.

      “Julle moet die ander gaan wakker maak, ons vertrek nou dadelik.”

      Die drie matrose hou op ronddans. Hulle gaap die kaptein aan.

      “Maar Kaptein …” Erik bly stil.

      “Wat is dit, Erik?” vra die kaptein ongeduldig.

      “Dis vandag Goeie Vrydag,” sê Erik hees, “ons mag nie seil nie, dit sal ongeluk bring.”

      “Die skeepsjonge het julle gesien. Hulle sal ons môreoggend kom soek. Hulle sal die skatkaart wil terughê. As ons weg is, kan hulle niks doen nie. Hulle moet nog kos en water laai. Dit sal ten minste ’n week neem. Dit gee ons ’n goeie voorsprong.” Kaptein van der Decken draai om na sy kajuit toe. “Ons seil oor ’n halfuur. Sorg dat alles reg is.”

      Die drie matrose stap sleepvoetend weg om die bemanning te gaan wakker maak. Gou is die skip in rep en roer.

      “Span net die voorste seile,”


Скачать книгу