'n Pawpaw vir my darling. Jeanne Goosen

'n Pawpaw vir my darling - Jeanne Goosen


Скачать книгу
ction> cover.jpg

      JEANNE GOOSEN

      ’n Pawpaw vir my darling

      KWELA BOEKE

      Aan Marietjie Coetzee – ’n honde- en hoenderpikeur par excellence!

      Uiteindelik na

      vuur stook melk maak kos kook

      skrop stryk soek bêre seks ook nog

      styg daar laataand by die skottelgoed

      ’n seepbel op

      en kaats al die kleure van die wêreld.

      Só en só blom die liefde van papajas

      só en só val verlede jaar se vlinders

      só versuiker ’n blaar ’n straal son

      Uit: Die huisvrou verbeel haar wat,

      CORNÉ COETZEE

      DEEL EEN

      1

      As die Beeslaers die slag niks het om oor te praat nie, stry hulle oor my ouderdom. Dis nou weer sulke tyd. Ek gaap, lig my kop en kyk na die sterre. Ek probeer om hulle nie te hoor nie. Ek ken al hulle stories en van dié is daar net ’n paar, die een verveliger as die ander. Niemand kom ooit tot ’n punt nie.

      Nee, reken Vleis Beeslaer, ek, Tsjaka, moet nou omtrent vyf jaar oud wees, want hy het my net nadat Thabo Mbeki oorgevat het, en toe hulle so aanmekaar in Damnville begin inbreek het, by die Emsie Schoeman-sopkombuis opgetel. “Ja,” sê Vleis, “Tsjaka moet nou vyf wees, want met die optelslag was hy toe al so een, een en ’n half jaar oud. Wil jy wed?” vra hy vir Soufie, sy vrou. “ ’n Bottel Cape Hope.”

      “Nee,” sê Soufie. “Daar maak jy ’n fout. Die hond moes in daardie tyd al drie jaar oud gewees het. Ten minste!” sê sy. Sy kon dit aan my tande sien. En nog iets, oor ’n hond se ouderdom moet niemand met haar kom staan en stry nie. Sy het met die goed grootgeword in die Waterberge.

      En so hou die stryery vir ure aan.

      Nou vir wat sal ek my oor so iets moeg maak? Asof ek gepla kan wees – vyf, ses, agt of tien – wat maak dit saak? Die klomp hier kan in elk geval nie een ordentlik tel nie. Dié dat die drie Beeslaerkinders jaar na jaar gedop het omdat hulle nie somme kon maak nie. Almal hier in Frik du Preezstraat werk mos alles uit volgens 1994. Dis altyd suffel jaar voor 1994 of suffel jaar daarná. Soos ek vanoggend voel, na die hel wat weer laas nag hier losgebars het, kan ek net sowel honderd en drie wees. Tel die nag se koue hier buite daarby, gisteraand se Epol waarop ek nou nog wag, en die ossewawielhek wat van bo tot onder toegespan is met kuikendraad om my uit die strate te hou, dan kan hulle net sowel nou al vir my ’n gat begin grawe langs Blackie die kat s’n. Dié het mos nou die dag omgekap nadat Mabel, die Beeslaers se jongste, die arme ding te veel Aspro’s ingejaag het. Glo vir katjig. Of dis wat Knoffel, die brak met die windhondbloed, gehoor het Hannie van Oorkant sê. Sy, daardie Hannie, het mos altyd iets oor alles te sê, weet van alles en almal, veral as dit by diere kom.

      ’n Hond wat meer depressed is as ek, moet nog gebore word. Ek is nie die soort wat agter slot en grendel gehou kan word nie. En hier sit ek nou, opgesluit in die Beeslaers se jaart, met nie ’n kat se kans om ooit weer hier uit te kom nie. Daarvoor het Vleis gesorg nadat die skut my hier kom aflaai het. Die ou tor met die kakiejas wat die skutlorrie dryf, het die Beeslaers gewaarsku hulle gaan reguit koort toe as hulle my nog een keer in die strate kry. En dan kom daar nog ’n helse boete ook by. Al die wette wat hulle deesdae uitdink! Hulle neuk nou al glad met ons arme honde. Elke tweede ou skree vryheid, maar dit tel nie vir ’n hond met wat hulle ’n free spirit noem nie. Van so iets het hulle nog nooit gehoor nie.

      Ek is so ’n soort hond, een wat inmekaartrek van ellende en deur sy hele lyf pyne kry as hy ingehok word.

      Ek moet hier uit, maar hoe?

      Ek het al die hoenderhok aan die een kant van die jaart uitgecheck om te kyk of ek nie ’n gat onderdeur kan grou sodat ek van daar af tot in die Bonthuise se joint kan kom nie. As ek eers daar is, kan ek darem die pad buitentoe vat deur die gat in die honeysuckle-heining. Maar zat dice. Die verdomde hoenderhok se draad is tot onder in die grond, ónder in die klippe ingesement.

      Ek kan ook nie deur die ossewawiel veel sien wat in die straat aangaan nie, want die gholfbolposbus langs die hek bederf my uitsig. Die nuus wat die klomp straatbrakke aandra wanneer hulle kom been lig teen die posbus, maak my net meer de dinges in. Kamtig my tjoms! Ek sien mos hoe lekker kry hulle omdat ek ingehok is. Die honde hier weet presies om die pad te vat as die skut se lorrie sy draai in hierdie geweste kom maak. Jy kan die ou tjor al hoor aankom as hy deur die Taspoorttonnel begin sleep. Ek is gewoonlik die een wat dit eerste hoor en die ander waarsku, maar hierdie keer was bad luck aan my kant.

      Dis alles Makkie se skuld, daardie dikgevrete teef van weduwee Huibie Holzapfel – hulle noem haar sommer Huibie Hoëhol. Sy, Makkie, het my besig gehou met haar geflirtery, haar ge-oërondrollery en daardie soort van ding. ’n Reun is ook maar net ’n reun.

      Knoffel, die een met die windhondbloed, het netnou hier by die hek kom sê dat daar ’n nuwe teef in Frik du Preezstraat aangekom het. Nogal ’n Franse poedel. Een wat verdwaal het. Kef glo met ’n Wôterkloof-aksent. Knoffel sê die chick het ’n rooi strik bo-op haar kop. Haar regte naam is Mignon, maar Hannie van Oorkant, wat haar ingeneem het, noem haar Fifi.

      Mignon. Watse blerrie naam is dit vir ’n hond? Dié Mignon het baie stories, vertel haar mense het haar elke week laat was, blow-wave en opdoen by ’n doggy parlour. Sy’t ook ’n tweede prys op die Durbanse Dog Show gevat. Nogal Durban, nè, ek sê! Daardie Engelse plek by die see waar ek hoor ou Vleis vir Soufie heen gevat het vir ’n langnaweek-honeymoon. Die poedeltjie is glo baie down. Dis wat Knoffel sê. Hy is nog een wat alles weet en dan lieg hy nog dik stukke by.

      In elk geval, oes soos ek voel na die nag se dinge hier, sal ek graag die besigheid met die strik op die kop wil sien. Hoe de hel het sy hiér uitgeslaan?

      Ja, ek is meer as net dik de dinges in vir Vleis en Soufie. Hulle het weer laas nag daardie bottel Cape Hope seergemaak! Soort van elbow-to-arsehole-styl, soos Knoffel sê Hannie van Oorkant-hulle skinder. As die klomp Beeslaers eers op ’n stasie is, kan jy vergeet om ’n oog toegeknip te kry.

      Die bottel se prop is gisteraand ook skaars geruk of ek sien daardie Cyril Phosa uitkom uit sy kamer langs die garage en oor die gras aansuiker om sy jis in die Beeslaers se sunken sitting room voor die TV te gaan neerplak. Was ek nie toe al so opgefoes van die depressie nie, het ek dit wragtig vir hom gemaak. Vir al die kere dat hy sy bol spoeg na my kant toe mik as hy die slag die tuin doen. Dis nou as jy die drie rye ywe wat al begin saad skiet, ’n tuin kan noem. En nog ’n ding: ek wens hy wil vir ’n verandering iets anders leer sing. Ek is nou al tot hier toe dik vir “Shosholoza”.

      Amper terselfdertyd klok Hillies Grobbelaar en Wouter Bungalow ook in vir wat hulle noem ’n sundowner. Hillies Grobbelaar! Daar is vir jou ’n storie! Sy kan ’n dop vat, en dan moet jy haar nie verkeerd opvryf nie. As sy die slag haar temper in reverse gooi, kan jy haar tong tot by die smeuloonde hoor idle. Haar size is genoeg om jou opsy te laat staan. Ek hoor juis hulle vertel sy model rokke en broeke vir die Groter Vrou by die Afrotiet-fabriek in Inflammasieheuwel.

      Dié Hillies vat nie nonsens nie, is gou om met haar vuiste in te klim as dit moet. Hulle sê sy het al die line manager by die Afrotiet factory opgedinges. Daar was niks wat hulle aan haar kon doen nie, want sy het al die naaisters, die stryksters, die quality checkers en die packers agter haar. As sy ’n strike uitroep, dan is daar ’n strike. En ou Hillies wikkel, skud en skop reg voor met die toyi-toyi. Sy was glo al ’n paar keer in die koerante, in die local knock ’n drops en tot op Rapport se agterblad ook.

      Met daardie twee se koms het die paartie begin rof raak. Jy kon Leon Schuster se “Briekdans” tot by die smeuloonde hoor, en hoe later hoe kwater. Toe Soufie, wat altyd met iemand moet skoor wanneer sy ’n paar inhet, vir Cyril sê: “Seker nie die piekol op die mat gesien nie, nè? Maar nee, Meneer is mos na 1994 te upstairs om ’n job ordentlik te doen,” toe weet ek: tjorts, hier kom sports! En net daarna begin Morkels se furniture op HP,


Скачать книгу