Piekfyn Afrikaans Graad 9 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal. Henk Viljoen
ons van klippe iets moet leer,
22 22sal Eva Khoisan nou vir ewig see toe loop.
Tydens lees
Lees In ’n neutedop aandagtig deur sodat jy beeldspraak (vergelyking, metafoor, personifikasie) deeglik verstaan.
In ’n neutedop | |
Beeldspraak | |
Die vergelyking | |
Hier word twee sake van verskillende of uiteenlopende aard op grond van enkele ooreenkomste met mekaar vergelyk of selfs gelyk gestel. Die woorde soos, as, nes, net soos is jou leidrade. | |
Metafoor | |
In teenstelling met die vergelyking stel die metafoor een saak direk in die plek van ’n ander. | |
Vergelyking | Metafoor |
Die saak en beeld is langs mekaar, byvoorbeeld: Van der Stel is so dom soos ’n esel. | Die beeld is in die plek van die saak, byvoorbeeld: Van der Stel is ’n esel. |
Vergelyking | Metafoor |
Vergelykings is breed, epies, rustig, traag. | Metafore is kompak, beknop, kernagtig, vinniger as die vergelyking. |
Dit maak gebruik van verbindingswoorde soos soos, nes, net soos. | Dit het geen verbindingskakel/s nie – die een ding is die ander ding. |
Personifikasie | |
Hierdie vorm van beeldspraak beteken in werklikheid vermensliking. Personifikasie is wanneer ons aan die natuur of aan lewelose voorwerpe, diere en abstrakte begrippe menslike eienskappe toeskryf, byvoorbeeld: Die see staar met groen jaloerse oë na ons. |
Postlees
Beantwoord die volgende vrae oor die gedig “Spore” in jou werkboek. | |
1. | Waarna verwys die titel? |
2. | Na watter bekende baken word daar in versreël 1 verwys? |
3. | Is die beeldspraak wat in versreël 3 en 4 voorkom vergelyking, metafoor of personifikasie? Hoekom sê jy so? |
4. | Verklaar kortliks die beeldspraak in versreël 3 en 4. |
5. | Gee ’n voorbeeld van ’n vergelyking in die eerste strofe. |
6. | Na watter hawe verwys versreël 5? |
7. | Watter gevoel dra die meeue se geskel vir jou oor? |
8. | Versreël 9 verwys na ’n spesifieke suidpunt. |
a)Na watter suidpunt verwys hierdie versreël? | |
b)Op watter wyse beklemtoon die digter “suidpunt”? | |
9. | Waarna verwys “kennis” en “moed” in versreël 10? |
10. | Seevaders moes baie gevare tydens hul ontdekkingsreise trotseer. Wat, volgens die gedig, moes hulle trotseer? |
11. | “… ’n spoor te laat” in versreël 14 word figuurlik gebruik. |
a)Skryf ’n gedeelte uit die gedig neer waar “spoor” letterlik gebruik word. | |
b)Op watter drie maniere het die seevaders hul “spoor gelaat”? | |
12. | Strofe 1 en 2 beskryf hoe die “Stormkaap” in die seevaders se tyd gelyk het. |
a)Watter verskil is daar tussen die inhoud van hierdie twee strofes en strofe 3? | |
b)Die digter gebruik ’n voegwoord om hierdie verandering aan te dui. Skryf die voegwoord neer. | |
c)In versreël 17 gebruik die digter weer die akuutaksent. Waarom? | |
13. | Na watter “klippe” verwys versreël 21? |
14. | Waarom dink jy het die argeoloë die persoon juis “Eva Khoisan” gedoop? |
15. | Verklaar die slotreël kortliks in jou eie woorde. |
Selfassessering: Sien jou antwoorde na volgens die onderwyser se memorandum. |
Taal in konteks
Leer van die byvoeglike naamwoord in In ’n neutedop.
In ’n neutedop | ||
Byvoeglike naamwoordDie byvoeglike naamwoord word gebruik om die selfstandige naamwoord te beskryf.•Die voetspore is oud. (oud beskryf die voetspore)•Die grootste baken staan nog deur die eeue heen. (grootste beskryf die baken) | ||
Die byvoeglike naamwoord kan voor óf agter die selfstandige naamwoord staan. Byvoorbeeld:•Die voetspore is oud. (agter)•Die ou voetspore. (voor) | ||
Trappe van vergelyking het betrekking op bywoorde en op byvoeglike naamwoorde en word gebruik wanneer twee of meer dinge met mekaar vergelyk word: Morné teken mooi, Vusi teken mooier, maar Mohammed teken die mooiste. | ||
Wanneer twee sake met mekaar vergelyk word, word die vergrotende trap gebruik (mooier). Die oortreffende trap word gebruik wanneer meer as twee sake vergelyk word (die mooiste). Die lidwoord die word altyd saam met die oortreffende trap gebruik. | ||
Onthou: As die bywoord of byvoeglike naamwoord op ’n -s eindig, verdubbel die s in die oortreffende trap, byvoorbeeld: Ek is vies, maar hy is die viesste van ons drie. | ||
Meerlettergrepige woorde wat op ’n -e eindig, gebruik meer en mees vooraf. Morné is opgewonde, Sabiya is meer opgewonde, maar Tiloshnee is die mees opgewonde. | ||
Belangrik: | ||
•Jy kan nie meer en mees saam met woorde gebruik wat reeds in trappe van vergelyking gebruik is nie. Jy kan nie sê dis die mees snaaksste grap wat jy al gehoor het nie. | ||
•Hoe kan ook by die vergrotende trap gebruik word: Hoe langer jy op die internet werk, hoe duurder is jou telefoonrekening. | ||
Leer die volgende trappe van vergelyking. | ||
Stellende trap | Vergrotende trap | Oortreffende trap |
arm | armer | armste |
baie | meer | meeste |
bang | banger | bangste |
benoud | benouder | benoudste |
besig | besiger | besigste |
beslis | beslister | beslisste |
dapper | dapperder | dapperste |
dof | dowwer | dofste |
droef | droewer | droefste |
droog | droër | droogste |
fraai | fraaier | fraaiste |
glad | gladder | gladste |
verleë | meer verleë | mees verleë |
welgestelde | meer welgestelde | mees welgestelde/welgesteldste |
Intensiewe vormeSoms is dit nodig om ’n bepaalde situasie te beklemtoon. Intensiewe vorme word vir dié doel gebruik, byvoorbeeld: goudgeel, potblou, kliphard. Het jy geweet intensiewe vorme is ook samestellings? | ||
Leer die volgende intensiewe vorme. | ||
beeldskoon | brandmaer | doodnugter |
blitsvinnig | broodnodig | doodseker |
bloedjonk | dolgraag | doodsiek |
bloedmin | dolleeg | doodstil |
bloedrooi | doodbang | doodtevrede |
bloedweinig | doodeerlik | goudgeel/borriegeel |
borriegeel | doodernstig | kuikenswak |
botstil | doodgewoon | muisstil |
bottoe | doodmaklik | silwerskoon |
brandarm | doodmoeg | tjoepstil |
Onthou: Intensiewe vorme word altyd as een woord geskryf. |
Die volgende taalvrae oor die byvoeglike naamwoorde word in konteks van die gedig gevra.
Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek. | |
16. | Skryf die intensiewe vorme neer wat in die gedig voorkom. |
17. | Skryf die byvoeglike naamwoorde neer wat voorkom in |
a)versreël 1 en | |
b)versreël 14. | |
18. | Skryf die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord neer in die volgende sinne: |
a)Dit word vertel in ou verhale; die verhale is … | |
b)Die kinders op die uitstappie is laf; dit is … kinders. | |
c)Die seewind is ’n koue wind; die wind is … | |
d)Eva se voetspore is wyd uitmekaar; dit is … voetspore. | |
e)Dias was ’n … seevader; hy is dus braaf. | |
19. | Skryf intensiewe vorme vir die onderstaande woorde. Gebruik enige vyf van hierdie woorde in goeie sinne. |
bitter, groen, fyn, hoog, blou, mak, gerus, orent, droog, oud, klaar, hard, rond, swaar | |
20. | Voltooi die volgende vergelykings. |
a)Eva se voetspore is so oud soos die … | |
b)Dias was so dapper soos ’n … | |
c)Die wolke oor Tafelberg is so wit soos … | |
d)Die water is so blou soos die … | |
e)Die antieke geskrifte is geel |