Skrik op die lyf. Группа авторов

Skrik op die lyf

Год выпуска: 0

Автор произведения: Группа авторов

Серия:

Жанр: Публицистика: прочее

Издательство: Ingram

isbn: 9780624074748

Краткое описание:

Die kollektiewe geheuebank is propvol bangmaakstories; spektakulêre en sinistêre afskuwelikhede word vanaf die wieg van die mensdom oral oorgelewer, van grot tot kampvuur. Nou is dit geboekstaaf: ʼn vreesaanjaende bundel grilverhale oor spoke, kwelgeeste, goëlery, krapgeeste, dwaalgeeste, fortuinvertellers, stigmata, wonderwerke, sieners, séances, sangomas, tokkelosse, djins, spookligte en alles wat onverklaarbaar is. Laat gerekende spekskieters soos Kerneels Breytenbach, RR Ryger, Henning Pieterse, Jaco Jacobs, Marion Holm, Marié Heese, Cecile Celliers, Malene Breytenbach, Fanie Viljoen en Herman Lategan jou die Skrik op die Lyf jaag. Heelparty bonatuurlik-woordbegaafde bangmakers debuteer ook hier. Mense met verbeeldings soos vingernaels wat oor ʼn swartbord knars.