Tannie Pompie se oorlog. Deon Lamprecht
agter die doringdraad is deur Duitse gevangenes ingeneem. En dieselfde dag het Seitz en Botha mekaar die eerste keer van aangesig tot aangesig ontmoet by Kilometer 500, ’n baken langs die spoorlyn net noord van Otavi, om oor vrede te praat.
Botha was premier van Suid-Afrika én aanvoerder aan die gevegsfront en kon dus op die plek besluite neem. Maar Seitz moes terugvoer gee aan Berlyn en wag vir die keiser se bevele. Dit was dus 9 Julie voordat Seitz, vergesel van Franke, weer per trein by Kilometer 500 aangekom het om Suidwes amptelik in Botha se hande oor te gee, in ’n tent by ’n groot ou omupararaboom.
Die Otjikotomeer sou oudergewoonte ’n rol in hierdie hoofstuk van Tsumeb se geskiedenis speel. Hier, net voordat die oorgawe onderteken is, het ’n afdeling Schutztruppe 30 kanonne en 4 500 kiste ammunisie in die groen dieptes van die meer gegooi om te verhoed dat dit in die Suid-Afrikaners se hande beland.
Hoewel Duits-Suidwes geval het, was die Eerste Wêreldoorlog natuurlik nog lank nie verby nie. Derduisende sou in die volgende paar jaar nog in die loopgrawe van Europa sterf. Daarom is die voltydse Schutztruppe afkomstig van Duitsland per trein van Tsumeb na Aus geneem om as krygsgevangenes aangehou te word totdat die oorlog in Europa eindig. Duitse burgers van Suidwes wat as tydelike soldate teen die Suid-Afrikaners geveg het, is egter toegelaat om na hul plase en dorpshuise terug te keer. Die Unie van Suid-Afrika sou die land beset en vanaf 1919 ingevolge ’n mandaat van die Gemenebes van Nasies administreer.
Botha en sy Springbokke – soos die Unie se verdedigingsmag bekend gestaan het – het ’n einde gemaak aan die Duitse koloniale era in Suidwes … en daarmee ’n volgende hoofstuk begin wat nogmaals oorlog na die Groen Heuwel sou bring.
1 Dit sou later deur die Duitsers herbou word en vandag bied dit blyplek vir besoekers aan die Etosha-wildtuin.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.