Jenna en die leesperd. Marga Jonker

Jenna en die leesperd - Marga Jonker


Скачать книгу
wat sy gisteraand saam met haar pa gekyk het. Dit het in die ruimte ­afgespeel en die een karakter het dramaties gesê dat die lig van ’n dooie ster oor haar skyn. Jenna voel asof daar ook ’n koue kol in háár hart is.

      Sy word steeds elke Saterdagoggend vyfuur wakker. Daar lui ’n wekker in haar kop asof sy nog steeds kan gaan perdry. Haar spiere, haar neus, haar oë en haar ge­dagtes wil steeds na die stalle toe gaan om op Ruby te gaan ry. Hoekom moes ’n paar simpel werwels in haar rug om geen goeie rede begin krom groei het? Haar hart en siel het nog nie aanvaar dat sy nie meer perdry nie.

      Sy wens sy kan die knoppie in haar brein kry wat sy kan druk sodat sy kan aanvaar dat sy nou nie meer deel van die Kingsley-span se aktiwiteite is nie. Soms voel dit vir haar of daar ’n fliek in haar kop begin draai, dan kan sy elke hoekie en draaitjie van Ruby se stal onthou. Sy kan Ruby voor haar sien staan, so lewensgetrou dat sy aan haar wil vat. Sy hoor Meg se perde se sagte gerunnik en die geritsel van hooi. Al is sy kilometers weg, kan sy die stalle in die donker van die vroeë Saterdagoggend ruik.

      Woensdagmiddae help die fisioterapie haar en fokus sy op haar nuwe oefenprogram. Vrydagmiddae kuier sy saam met Gwenda, Sydney en Yasmin, maar Saterdae kan sy nie meer haar verlange na die stalle troef nie. Dan speel haar verbeelding en haar verlange seermaakspeletjies met haar hart.

      Sy voel verlore en afgesny. Moeg en lusteloos. Saterdae speel Gwenda en Sydney netbalwedstryde. Yasmin werk by haar ma se bakkery en Jakkie speel rugby, en haar ma en pa is elke wedstryd langs die veld.

      Verlede Saterdag het sy probeer vooruit werk aan haar skoolwerk, maar sy het niks reggekry nie. Sy het later op die vloer voor die TV gelê en lusteloos die afstandbeheerder se knoppies gedruk, oor en oor.

      “Hier is sy, Kim!” Jenna wip soos sy skrik toe haar ouma skielik langs haar praat. “Jenna, hier is iemand wat jou soek.” Ouma Stirrie se ogies blink agter haar bril. Haar skewe groen trui flap om haar lyf. Langs haar staan ’n vrou met ’n rybroek en stewels aan. Sy is atleties gebou en laat Jenna aan Meg dink. Die vrou se hare is vasgebind en sy lyk of sy op pad is om te gaan perdry. Sy lyk jonk, soos ’n juffrou wat pas begin skoolgee het.

      “Hallo, Jenna, ek is Kim. Ek is van SARDA en die eienaar van Equusterapie,” sê Kim.

      “Aangename kennis, hm … mevrou … tannie,” sê Jenna.

      “Ag nee, noem my sommer Kim.”

      Jenna knik. Sy het geen idee wie of wat SARDA of Equusterapie is nie.

      “Jenna, ek is ’n vriendin en buurvrou van Meg Kingsley,” sê Kim. “Sy het aan my genoem dat jy ’n ­besonderse hand met perde het. Dit is blykbaar jy wat van Ruby Storm die perd gemaak het wat sy is.”

      “Ja, maar ek kan vir die volgende jaar of twee nie perd­ry nie,” sê Jenna.

      “Ja, ek verstaan so, maar Meg dink dat jy my sal kan help.”

      “Waarmee?” vra Jenna.

      “SARDA is ’n organisasie – South African Riding for the Disabled …”

      “Ek glo nie ek mag eens sulke tipe perdry doen nie, nie eens soos vir gestremde mense nie, dit sal glad nie vir my werk nie. My dokter en fisio wil eers hê ek moet ’n oefenprogram van ’n paar maande voltooi voor ek dalk weer stadig mag begin ry,” verduidelik Jenna.

      “Nee, nee, Jenna, Kim wil nie hê jy moet haar perde ry nie.” Ouma Stirrie se krulle wip soos sy haar kop skud. “Sy het jou nodig vir iets anders.”

      “Ja, ek werk met baie spesiale perde – terapieperde. Ek wil weet of jy een van my nuwe terapieperde kan help aanpas by die ander.”

      Jenna voel hoe haar hart ruk. Haar gesig word warm. Kan ’n mens se lewe so vinnig verander, van belowende ruiter tot stalhulp vir terapieperde? Wat ís terapieperde in elk geval? Miniatuurperdjies wat ouetehuise besoek?

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4R/+RXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAmAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAmIdpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTUuNSAoTWFjaW50b3NoKQAyMDE2OjEw OjEwIDA4OjI1OjA4AAADoAEAAwAAAAEAAQAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAASYBGwAFAAAAAQAAAS4BKAADAAAAAQACAAACAQAEAAAA AQAAATYCAgAEAAAAAQAAHsAAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0ADEFkb2JlX0NNAAH/7gAO QWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMVExMYEQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQODg4OFBEMDAwMDBERDAwM DAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQDASIAAhEBAxEB/90ABAAH /8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEBAQAAAAAAAAABAAIDBAUG BwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYUkaGxQiMkFVLBYjM0coLR QwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFwqN0NhfSVeJl8rOEw9N14/NGJ5SkhbSVxNTk9KW1xdXl9VZm doaWprbG1ub2N0dXZ3eHl6e3x9fn9xEAAgIBAgQEAwQFBgcHBgU1AQACEQMhMRIEQVFhcSITBTKB kRShsUIjwVLR8DMkYuFygpJDUxVjczTxJQYWorKDByY1wtJEk1SjF2RFVTZ0ZeLys4TD03Xj80aU pIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm9ic3R1dnd4eXp7fH/9oADAMBAAIRAxEAPwDB6hm5z8v0 c8Ox8OWtxgAa2tAB9Blr/wDDeoz+e9/seuvxcfZj01/u1sb48NCzerYVGZjOZku9XeS6tpJAc4A+ np/VctRtgx8Ct7feWVsYATEkBrPcddqdyxoSJ6AMWeJJiN9S2mVRCL6PxHwWTV1IvvyW7y6toOmg DdNA3b7lf6f1JtzCTLWVD9IT2dMQpBngTV667/1UDBIa+X4thtQkksIjTdxIPh/aTkOaZ9OxzTEk N4H0dw/zlbDXOIIIjQjgzH/UojWyY7zz5d1Jf5or8nMAcwPD/adjtw40A9tnu93/ABiQiyour0a1 o2H94x79i0bsb1WuaB+kghromJ049373vXP9X+uP1f6VT6b3facsez7BTDnN2na5uRd/N07P8/8A 4NNMqsE0KXCOxDen2ne3a8aEHXULL6nlnG6VZdkiugistl5DWk/6OrX9N6jd30VyOX9f/rFe6w4p qw6bHexrWCx7dOPWt/P9v09i5y27IyLBbfa+6wcPe4uPy3KKWQEVqf6y4Ro3t4PpDerdJsFmP0/O peRNja3u5H59Itfte9/9v1FdN

Скачать книгу