Hoë hakke met hoogwater. Jacolet van den Berg

Hoë hakke met hoogwater - Jacolet van den Berg


Скачать книгу
staar die twee ouer mense agterna. Haar ouers stap nie hand aan hand nie, of altans, sy het hulle nog nooit hand aan hand gesien nie. Aan die een kant is dit vertroostend om te weet daar is tog mense wat dié tipe liefde gevind het. Liefde wat mense in hulle grys jare nog hand aan hand op die strand laat loop. Aan die ander kant is dit ’n helse neerdrukkende gedagte, want dis nie wat die meeste mense kry nie. As sy die situasie reg lees, het die twee weerskante van haar dit beslis nie gekry nie. ’n Jaar of twee gelede het sy aan Zane gedink wanneer sy aan vir altyd gedink het, maar dis duidelik sy het die liefdespot ook misgesit. In die begin toe sy Zane ontmoet het, het sy aan sy lippe gehang, kon sy nie ophou om vir hom te kyk nie. Toe het hy alles verteenwoordig wat sy nie geken het of veroorloof was nie. En sy was mal daaroor. Hy was ’n ongeslypte diamant en sy wou hom hê. Wat is die fun aan ’n spul klein blink klippies as jy die ware Jakob kan kry, al is hy dan nou in ’n onverwerkte vorm. Mettertyd het die gevoel getaan, maar sy was steeds gelukkig. Sy was altyd gelukkig, tot twee maande gelede toe sy onraad begin vermoed het.

      “Ek het drie.” Simoné kyk verbaas na Andrea wat skielik geselserig klink. “Veertien, twaalf en tien. Almal in hulle storm-en-drang-jare. Ek weet nie hoe hou jy dit met twee dogters nie, een is genoeg om my klaar te maak.”

      Maggie haal haar skouers op. “Daar was moeilike maar nooit moedelose tye nie. Ons het mekaar nog altyd met respek behandel.” Haar stem raak dun en sy bly stil. Toe sy weer praat, is die klanke oor haar lippe bitter. “Ek het alles van my vir hierdie huwelik en lewe gegee. Elke dag met ’n glimlag.” Sy bly ’n oomblik stil. “En nou dit. Ek het versorg, getroos, gevoed, geklee, ondersteun. Ek het nooit gekla nie. Dit was my plig en ek was altyd trots daarop.” Dit lyk asof Maggie die bottel van haar af wil wegslinger.

      “Mm … Jy is een van daai Stepford Wives wat my nog altyd die ritteltits gegee het.” Andrea se stem dra geen simpatie nie. “Ek kon nog nooit my rol met soveel dankbaarheid en onderdanigheid vervul nie.”

      Maggie lyk nie geaffronteerd nie, net oneindig hartseer. “Dis nie maklik om te ontdek jy het ’n leuen geleef nie.”

      Toe Simoné opkyk, kyk sy vas in Maggie se blougrys oë. Naakte seer lê in fyn spore oor haar gesig en haar mond is in ’n weerlose lyn vertrek. Dit is waar dat mens se oë ’n spieël na jou hart is, sy ken Maggie nie, maar sy wil saam met die vrou huil. Sy steek haar hand uit en gee Maggie se skouer ’n sagte drukkie.

      “Ek is jammer.” Sy weet waaragtig nie waarvoor nie, maar sy weet hierdie donkerkop verdien haar simpatie.

      “Wat sal jy doen as jy ná jou man se dood toevallig ontdek daar was ’n Karen Loock in sy lewe wat e-posse gestuur en ontmoetings met hom gereël het waarvan jy niks geweet het nie?”

      Sy en Andrea kyk na mekaar. Hier kom ’n blik wurms.

      “Kan platonies wees.” Simoné se poging tot nugterheid klink vir haarself naïef.

      “Sit jy kruisies agter jou naam by boodskappe vir ’n man wat jy nie intiem ken of wil ken nie?” Emosie flikker deur die holheid van Maggie se stem. “Glip jou man van die huis af weg om ’n platoniese vriendin te ontmoet sonder om jou daarvan te vertel?”

      Die stilte rek ongemaklik. Branders breek en die see druis, maar dit kan nie die olifant wat nou tussen hulle kom sit het, wegspoel nie. Daarvoor is sy agterstewe te breed en hy te swaar gelaai met bagasie.

      “Ek het my kêrel van twee jaar pas kaal op die strand in iemand anders se arms betrap. Sommerso, onder ’n bos in die sand. Dit nadat ek ontdek het hy besteel ons winkel rot en kaal.” Sy wou dit nie deel nie, nie nou nie, maar dis een van daardie simpel dinge wat mense doen; wys my joune dan wys ek jou myne.

      “My man het my vandag aan die keel gegryp omdat sy dag nie volgens plan verloop het nie en ek hom nie die aandag wou gee wat hy gedink het hom toekom nie.”

      Simoné se kop ruk na Andrea. Maggie kyk, soos sy, na Andrea se keel. Toe bepaal hulle albei vinnig hulle aandag by die wynbottels.

      “Is jy oukei?” waag Simoné om te vra en sy kan nie help om weer na Andrea se keel te kyk nie. Behalwe bedonnerd, lyk Andrea darem oukei.

      Andrea knik.

      “Andrea –” Maggie se stem is besorg, maar sy kry nie kans om verder te praat nie.

      Andrea val haar in die rede. “Fisiek makeer ek niks nie. Julle lyk verniet so ontsteld. Los dit.”

      “Wat ’n moerse boggherop.” Simoné vat ’n groot sluk wyn om oogkontak te vermy. Dié bottel gaan te min wees vanaand.

      “Dit kan jy weer sê.” Andrea glimlag skeef, maar dit bereik nie haar oë nie.

      Simoné laat sak die bottel en waag dit om Andrea in die oë te kyk. “Ek is jammer, Andrea. Jy het kinders by die huis wat seker nou raadop van bekommernis is en ek bring jou al die pad hierheen.” Sy steek nie haar hand na Andrea toe uit soos sy met Maggie gedoen het nie. Sy is nie heeltemal seker hoe mens Andrea aanraak nie.

      Andrea haal haar skouers op. “Ek het ’n selfoon. As hulle bekommerd is, kan hulle bel.”

      Nie sy óf Maggie sê iets nie. Sy druk haar tone dieper onder die sand in, draai haar kop effens na Maggie om Andrea se blik te vermy.

      “Het iemand al gebel?” Maggie vra wat sy te bang was om te vra.

      “Nee.” Andrea se stem dra geen selfbejammering nie en vir ’n oomblik is daar iets aan die rooikop wat sy bewonder sonder dat sy haar vinger daarop kan lê.

      Sy moes reguit na haar ouma se huis toe gery en haar onder die blommetjiesduvet gaan opkrul het terwyl haar ouma rooibostee en beskuit aandra. Ten minste sou sy haar gebroke hart en gekrenkte ego kon vertroetel het. Sou sy kon slaap en vergeet van haar seer. Nou sit sy tussen twee vroue met harte seerder as hare en sy het nie die vaagste benul wat om vir hulle te sê nie. Hoe skink jy van jou beker in iemand anders s’n as joune byna leeg is?

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RY9RXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAkAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAlodpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTcgKE1hY2ludG9zaCkAMjAxNzowODox NyAxMjo0NDoxNwAAAAADoAEAAwAAAAEAAQAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAASYBGwAFAAAAAQAAAS4BKAADAAAAAQACAAACAQAEAAAA AQAAATYCAgAEAAAAAQAAFP8AAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0ADEFkb2JlX0NNAAH/7gAO QWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMVExMYEQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQODg4OFBEMDAwMDBERDAwM DAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQDASIAAhEBAxEB/90ABAAH /8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEBAQAAAAAAAAABAAIDBAUG BwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYUkaGxQiMkFVLBYjM0coLR QwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFwqN0NhfSVeJl8rOEw9N14/NGJ5SkhbSVxNTk9KW1xdXl9VZm doaWprbG1ub2N0dXZ3eHl6e3x9fn9xEAAgIBAgQEAwQFBgcHBgU1AQACEQMhMRIEQVFhcSITBTKB kRShsUIjwVLR8DMkYuFygpJDUxVjczTxJQYWorKDByY1wtJEk1SjF2RFVTZ0ZeLys4TD03Xj80aU pIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm9ic3R1dnd4eXp7fH/9oADAMBAAIRAxEAPwD0hJJJJCk6 ZOklzPrCYwWjxfP3AqHT8b7DjTYAMnIh9vcNaBtpZ/ZZ/wCCeog/WnLqxqajc4NraZfOg9xa3Zr7 fc1V+qdTYcvIra6RW7aY8gP71XnIRnKR8Ix/a2Y
Скачать книгу