'n Gelukkige kind. Dr. Pieter van Jaarsveld

'n Gelukkige kind - Dr. Pieter van Jaarsveld


Скачать книгу

      •kan take deurvoer en weet hoe om hard te werk.

      •is ’n gelukkige mens en geniet ’n gelukkige lewe.

      •het die selfvertroue om risiko’s te waag.

      •is nie oorsensitief vir opbouende kritiek nie.

      •kan mislukking hanteer.

      •aanvaar verantwoordelikheid vir sy gedrag en besluite.

      •kan die daaglikse frustrasies van die lewe goed hanteer.

      •het ’n hoë mate van empatie en omgee.

      •het goeie sosiale vaardighede.

      Hoe verskil emosionele intelligensie (EI) en intelligensiekwosiënt (IK) van mekaar?

      IK is die assessering van ’n individu se intellektuele, analitiese, logiese en rasionele vermoëns. EI is die niekognitiewe dimensies van intelligensie.9

      In hierdie boek sal jy meer oor EI leer en ontdek hoe jy EIvaardighede kan gebruik om ’n gelukkige kind groot te maak. Vir meer inligting oor navorsingsbewyse oor EI, besoek gerus die webblad van die Consortium for research on EI in organisations by www.EIConsortium.org. Goleman en Cherniss is die voorsitters van hierdie webblad.

      Positiewe sielkunde

      ’n Veld wat vir baie mense minder bekend as dié van EI is, is die positiewe sielkunde.

      In die begin van hierdie eeu het Martin Seligman dit sy doel gemaak om ’n nuwe beweging te vestig, naamlik dié van die positiewe sielkunde. EI vorm ’n groot deel van hierdie veld. Sy argument was dat die fokus van die sielkunde tot in daardie stadium op die siektemodel geval het: hoe om die persoon met depressie te help; hoe om psigopatologie te hanteer; hoe om mense met afwykings te hanteer, en so meer. Daar was te min navorsing om mense wat heel normaal funksioneer te help om ’n beter lewe te geniet.

      In daardie stadium het die fokus dus daarop geval om iemand te help om van -8 tot 0 te verbeter. Die positiewe sielkunde se klem val egter daarop om mense van 4+ tot 7+ of 8+ te help vorder. Dit wil dus mense wat goed funksioneer, help om te floreer: om vanaf ’n 2, 3, 4 of 5 tot ’n 7+ of ’n 8+ te vorder. In die positiewe sielkunde val die klem duidelik op hoe om gelukkig en positief te wees.

      In hierdie boek maak ek ruim gebruik van tegnieke uit die veld van EI sowel as uit die positiewe sielkunde. Hierdie tegnieke is deeglik nagevors en sal jou help om jou kind gelukkig en positief groot te maak.

      Die ontwikkelingstadiums van die kind

      Die ontwikkeling van ’n kind is natuurlik ’n aaneenlopende proses. Om dit makliker te maak om te verstaan, is hierdie proses egter deur navorsing in verskillende stadiums verdeel, elk met sy eie vaardighede en spesifieke eienskappe. Ons kan die volgende stadiums in die ontwikkeling van ’n kind onderskei en sal dit só in hierdie boek gebruik: 10

      •Prenatale stadium: dit word verdeel in die germinale, embrionale en fetale tydperk.

      •Neonatale stadium: dit is ongeveer die eerste twee tot vier weke van lewe en die babajare wat ongeveer die eerste twee jaar dek.

      •Vroeë kinderjare: dit strek vanaf ongeveer twee tot ses jaar.

      •Middelkinderjare: dit strek vanaf ongeveer ses jaar tot aan die begin van puberteit.

      •Adolessensie: dit strek vanaf puberteit tot by volwassenheid.

      Kom ons begin dan nou met die onderwerp waaroor hierdie boek eintlik gaan – jou gelukkige en positiewe kind. Dit is egter logies dat ons eers na jou as ouer moet kyk omdat jy so ’n groot impak op jou kind het.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RaWRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAkAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAlodpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTcgKE1hY2ludG9zaCkAMjAxNzoxMjow OCAxMDoxOTowNAAAAAADoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAASYBGwAFAAAAAQAAAS4BKAADAAAAAQACAAACAQAEAAAA AQAAATYCAgAEAAAAAQAAFVgAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0ADEFkb2JlX0NNAAH/7gAO QWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMVExMYEQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRA

Скачать книгу