Sarah du Pisanie Omnibus 7. Sarah du Pisanie

Sarah du Pisanie Omnibus 7

Год выпуска: 0

Автор произведения: Sarah du Pisanie

Серия:

Жанр: Короткие любовные романы

Издательство: Ingram

isbn: 9780624057567

Краткое описание:

My hartjie, my liefie: Toe Alet Fourie vroegoggend by Walvisbaai se treinstasie afklim, kan sy haar teleurstelling skaars verberg. Wat het haar besiel om ’n onderwyspos op so ’n afgeleë dorpie te aanvaar? Boonop het die skoolhoof, mnr. Erlank, skynbaar ’n veel ouer dame verwag. As dit nie vir die dierbare leerlinge was nie, het sy haar goedjies in ’n japtrap gepak en teruggekeer huis toe . . . na Pieter toe. Die voorskootbataljon: Karlien Joubert se jare lange droom om te boer spat aan skerwe toe die prokureur haar oupa se testament aan haar en haar ma verduidelik. Wie is die vreemdeling wat die grootste gedeelte van haar oupa se plaas, Standersfontein, besit? En waarvan, dink hy, moet sy, haar vier susters en haar ma en tante dan oorleef as hulle nie in die ou plaasopstal welkom is nie? Fort van die kappiedraers: Stieneke Kitshoff het nooit kon dink haar lewe sou oornag so handomkeer verander nie. Skaars ’n week gelede het sy nog geglo Teuns het haar lief . . . dat hy sy buurman, Piet Coetzee, doelbewus oorreed het om haar as goewernante vir sy vier spruite aan te stel, daar op hul verafgeleë plaas in Suidwes. En nou, sewe dae later, is sy saam met die Coetzees op vlug . . . op pad na ’n beskutte fort op Ovikokorero, met Teuns nêrens in sig nie. En die enigste man wat bereid is om haar teen die gewapende vyand te beskerm, is die arrogante lummel Jaap Venter!