Jakkals Vrou In Rooi. Dawn Brower

Jakkals Vrou In Rooi - Dawn Brower


Скачать книгу

      JAKKALS VROU IN ROOI

DAWN BROWER

       Hierdie boek word opgedra aan my familie. Ek is lief vir julle almal

      INHOUD

       ERKENNINGS

      1. Hoofstuk Een

      2. Hoofstuk Twee

      3. Hoofstuk Drie

      4. Hoofstuk Vier

      5. Hoofstuk Vyf

      6. Hoofstuk Ses

      7. Hoofstuk Sewe

      8. Hoofstuk Agt

      9. Hoofstuk Nege

      10. Epiloog

       Nawoord

       Oor Die Skrywer

      Kort Beskrywing:

      Om haar droom op te gee is die laaste ding wat sy wil doen, maar sy sal dalk moet kies tussen haar droom en die man sonder wie sy nie kan lewe nie.

      Volledige Boek Beskrywing:

      Collin Evans, Die Graaf van Frossly word forseer om na sy voorvaderlike landgoed terug te keer na jare wat hy die verantwoordelikheid vermy het. Sy landgoed bestuurder het bedank en dis nou sy werk om te verseker sy huurders en werkers ly nie onder sy verwaarlosing nie.

      Hy het nooit verwag om ‘n verloklike vrou wat hom om elke hoek en draai uitlok te vind nie.

      Nadat ‘n skandaal uitbars word Dame Charlotte Rossington platteland toe gestuur om by ‘n oujongnooi tante te gaan bly. Wat haar vader glad nie besef nie, is dat dit juis haar doel was. Sy haat die Londen samelewing en wil ‘n roman skryf en die seisoen verhoed daardie strewe. Terwyl sy kuier, kruis haar pad met die Graaf van Frossly. Hy is aantreklik soos die sonde self en een van die goddelooslikste skurke wat sy al ooit teëgekom het. Sy is aangetrokke tot hom en eindig meer op in sy arms as agter haar skryftafel.

      Om haar droom op te gee is die laaste ding wat sy wil doen, maar sy sal dalk moet kies tussen haar droom en die man sonder wie sy nie kan lewe nie.

      Outeur Biografie:

       Ek skryf histories, kontemporêr en tyd reis romanne met ‘n paar ekstra goedjies hier en daar buite daardie genres.

      USA TODAY Top verkoper outeur, DAWN BROWER skryf beide historiese en kontemporêre romanne. Daar is altyd stories in haar brein en sy het nooit gedink sy kan dit laat leef nie. Daardie kreatiwiteit het nou ‘n kraan gekry.

      In haar kindertyd was sy die enigste dogter uit ses kinders. Sy is ‘n enkel ma van twee tiener seuns en daar is nooit ‘n dooie oomblik in haar lewe nie. Boek lees is haar gunsteling tydverdryf en sy hou van alle genres.

      Vir meer informasie oor nuwe vrystellings of om Dawn Brower te kontak, besoek haar webtuiste: autherdawnbrower.com.

      Hierdie boek is alles fiksie. Name, karakters, plekke en insidente is produkte van die skrywer se verbeelding of is fiktief gebruik en moenie as reëel beskou word nie. Enige ooreenkoms met regte plekke of tonele, organisasies of persone, lewend of dood, is heeltemal toevallig.

      The Vixen In Red 2020 Kopiereg (c) Dawn Brower

      Voorblad Kunstenaar en redigering: Victoria Miller

      Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie boek mag gebruik word om of elektronies herproduseer of gedruk word sonder die toestemming van die outeur nie, behalwe in die geval van kort aanhalings in resensies.

      ERKENNINGS

      Spesiale dank aan Victoria Miller wie my gehelp het om hierdie boek blink te vryf en so ‘n pragtige kunswerk vir die voorblad te skep. Ek sou dit nie sonder jou kon voltooi nie.

      Elizabeth Evans, jy is net so belangrik. Sonder jou ondersteuning sou ek dalk nie die motivering kon vind om voort te kan gaan nie en sommige dae is dit moeiliker as ander om myself te herinner hoeveel skryf vir my beteken. Dankie dat jy is wie jy is en dat jy deel van my lewe is.

      HOOFSTUK EEN

      Die son skyn helder in die lug en die wind waai liggies oor Dame Charlotte Rossington se gesig. Die tuin by haar vader, die Markies van Seabrook, se Londense huis het net begin blom. Hulle was maar nog net botsels, maar hulle het beloftes gemaak om pragtige blomme te word wanneer hulle hul piek bereik. Sy het haar hand uitgesteek en haar vingers oor die klein blommetjies laat gly en geglimlag.

      “Is jy seker hierdie plan van jou is wys?” het haar beste vriendin, Lady Pearyn Treedale, gevra. Haar donker lokke was vasgesteek in ‘n ingewikkelde bolla, maar ‘n paar slierte het losgekom in die wind. Haar blou oë was dieselfde kleur as die lug. Sy was ‘n ware skoonheid en eendag sal sy ‘n Dame wees, as haar verloofde hom ooit verwerdig om terug te kom na Engeland. Pearyn het nie gelyk of sy omgee dat hy nie daar is nie, of ten minste is dit wat sy gereeld genoeg verkondig aan Charlotte ... Sy geniet die samelewing sonder dat dit pla om ‘n vryer te vind. In sommige opsigte het Charlotte haar beny. Sy wou baie graag nie deelneem aan enige gebeurtenisse nie.

      “Dis die enigste manier wat ek my moeder kan laat verstaan wat ek wil hê. Haar enigste begeerte is om my getroud te sien en babas te kry.” Charlotte het haar neus teensinnig opgetrek. “Ek het meer verlange en begeertes as wat gevind kan word in troubeloftes en jare se getroude lewe. Sy het miskien geluk gevind by my vader, maar ek verkies baie meer as liefde om my toekoms te onderhou.” Miskien eendag sal sy nie omgee dat ‘n man haar hart steel nie, maar nie vir ‘n lang tyd nie. Charlotte wil tyd alleen hê om te ontdek wie sy is diep binne haar en sy wil skryf. Sy het so baie idees en sy wil tyd hê om hierdie stories binne haar op papier te kry. Om hierdie stories met die wêreld te deel is haar grootste droom. Sy gaan dit nie kan doen as haar moeder haar forseer om deel te neem aan die Seisoen nie.

      Pearyn het haar asem diep ingetrek. “Ek verstaan. Regtig, maar ek kan nie help om te wens daar was ‘n beter manier nie.” Sy het haar mond in ‘n frons vertrek. Dit was nie ‘n mooi gesig op daardie pragtige gelaat nie. “Die skandaal...”

      “Is die rede hoekom ek dit doen,” het sy haar vriendin herinner. “My moeder sal dan geen ander keuse hê nie. Sy sal moet toegee dat ek na Seabrook terugkeer. Daar kan ek die skandaal afweer en ek sal in vrede gelos word om my eerste roman te skryf. Dit sal werk, ek weet dit sal.” Haar moeder, Rosanna, die Markiesin van Seabrook, sal woedend wees.

      “Ek hou nog steeds nie daarvan nie. Met jou by Seabrook, sal ek alleen wees hier in Londen die hele Seisoen. Ek sal jou mis,” het Pearyn gesug. “En met jou in afsondering, sal jou moeder nie soos gewoonlik ‘n huisparty hou nie. Die een by Weston Manor sal ook buite bereik vir jou wees. Dit voel net ekstreem.” Sy het haar hand op haar heup geplaas en haar kop gekantel. “Is die skryf van jou boek dit werd om alle


Скачать книгу