Jakkals Vrou In Rooi. Dawn Brower
het ingekom en gebuig. “Verskoon my, mejuffrou,” het sy gesê. “U moeder en vader vra u teenwoordigheid in die salon.”
Haar hart het swaar in haar bors geklop. Hier is dit. Die afrekening vir wat sy veroorsaak het sodat sy permissie kon kry om terug te reis na Seabrook. Sy sal die vryheid hê om haar novelle te voltooi sonder bekommernis oor enige sosiale verbintenisse. Charlotte het hard gesluk en ‘n versterkende asem in getrek. “Dankie, Mildred,” het sy vir die diensmeisie gesê. Sy was trots dat haar stem so egalig klink. Haar stem het nie die senuagtigheid wat deur haar liggaam ratel weerspieël nie. Dit was ‘n wonderwerk dat sy nie onbeheerbaar gebewe het nie. Vir een of ander rede het sy getwyfel dat vraag nie die woord was wat haar ouers gebruik het nie – eerder beveel of geëis. Vra sou beteken dat sy ‘n keuse het. Charlotte was baie seker eis was die korrekte woord om te beskryf wat haar ouers van haar verwag het.
Sy het voor die deur van die Salon gestop en nog eens haar asem ingetrek. Vir een of ander rede het sy gedink sy het dit nodig vir die komende konfrontasie. Charlotte het vorentoe getree en die salon binne gegaan. Sy het haar kop hoog gehou. Dit sal haar niks help om swakheid te wys nie. Haar ouers, so veel soos wat sy hulle lief het, was genadeloos. Hulle sal haar laat terughardloop na haar kamer as sy hulle toelaat om haar met woorde te kasty. Dit beteken nie hulle was ongeskik nie. Haar ouers was nog altyd liefdevol en koesterend terwyl sy groot geword het van kind tot jong vrou, maar hulle het ook nie dwase verdra nie. Charlotte kan wed dat hulle haar dade as dwaas verby beskou.
Haar ma het rustig gelyk met geen een van haar middernag hare uit plek nie. Daar was nie veel kleur in haar gelaat nie, net ‘n skimp van pienk. Weg was die donker rooi kolle en niks anders as romerige vel het oorgebly nie.
“Julle wou my sien?” Dit was nie bedoel om ‘n vraag te wees nie, maar het so uitgeglip...
“Sit asseblief,” het haar pa gesê terwyl hy wys na ‘n stoel naby die bank waarop hulle albei reeds gesit het. Haar ma het kalm ‘n koppie tee geskink en twee klonte suiker bygevoeg. Sy het toe ‘n slukkie geneem asof sy nie op die punt was om straf uit te deel nie. Genadeloos...
“Ons gaan nie jou dade bespreek nie,” het haar pa begin. Sy goud blonde hare was deurmekaar. Hy moes sy hand ‘n paar keer deur sy lokke getrek het uit frustrasie. “Dit is nutteloos om die besonderhede van die insident te herhaal. Wat gebeur het, het gebeur.” Hy het sy glas gevul met amber vloeistof en ‘n sluk geneem. Nie tee vir haar pa nie... Dit was brandewyn in daardie glas. Sy het haar pa na drank gedryf. Sy was nie seker hoe sy daaroor voel nie. Miskien moes sy skaam voel, en miskien was sy, maar sy het haar doel bereik so sy sou op hierdie paadjie moes bly as sy hoop om die einde daarvan te sien. “Wat ons gaan bespreek is wat ons besluit het om te doen oor hierdie situasie.”
Haar ma het ‘n botterbroodjie opgetel en dit met konfyt gelaai en ‘n happie geneem. Gaan sy Charlotte ignoreer regdeur die gesprek? Op ‘n manier .... het dit seergemaak. “Ek verstaan,” het sy geantwoord. Op ‘n manier het sy daarin geslaag om haar stem emosieloos te hou. Sover het sy dit alles sonder probleme hanteer. Sy kan dit doen.
“Het jy enigiets te sê vir jouself?”
Charlotte het haar kop stadig geskud. Dit sal niks help om haar dade te verdedig nie. Sy het aangetrek soos ‘n man en deur Hyde Park gery ... aspris. Daar was geen verskoning wat aanvaarbaar is nie. “Ek het geen wens om enige verdediging uit te dink oor my dade nie. Ek sal aanvaar wat u besluit.” Daar was net een plek waarheen sy gestuur wou word. Sy het gebid dat haar klein eskapade in die park nie verniet was nie. Hulle moes haar huis toe stuur. Hulle moes net. Charlotte het dit gehaat dat sy haar ouers enige angstigheid veroorsaak het, maar die veroorsaking van ‘n skandaal was die enigste manier om te verseker dat hulle haar huis toe stuur. Sy sal niks daarvan verander nie. Dit sal haar gee wat sy die meeste wou hê... om terug te keer na Seabrook. Daarvoor kan sy nie haarself toelaat om skuldig te voel of om terug te staan vir wat sy wou hê nie. Haar ouers het nie verstaan wat sy wou hê nie, en daarom moes sy hulle dwing om te doen wat sy nodig het. Selfs al is hulle dan teleur gestel in haar.
“Dis is wys van jou,” het haar pa haar vertel. “Veral omdat jy nie keuse het nie.”
Dit het nie... goed geklink nie. ‘n Voorbode het diep in haar maag gaan sit. “Alles reg...” sy het hard gesluk. “Wat het julle besluit?”
“Ons het ‘n paar opsies gehad,” het haar pa begin. ‘n Paar? Daar was net een: Seabrook... Wat het hy bedoel? “Seabrook is altyd ‘n opsie, maar as ons jou huis toe stuur, leer jy nie ‘n les nie. So dit gaan glad nie werk nie.”
Haar hart het tot op haar voete gesink en haar maag het begin pyn. Wat is besig om te gebeur? Waarheen stuur hulle haar? Dit was verkeerd, alles verkeerd. “As ek nie huis toe gaan nie, waarheen gaan ek dan?” Het sy dit alles verniet gedoen? Sy het nooit gedink daaraan dat hulle haar nie Seabrook toe sal stuur nie. Dit... sy het geen woorde gehad oor hoe dit haar laat voel nie. Sy moet sterk bly. Miskien kon sy dalk nog haar doel bereik, selfs al het dit nie presies verloop soos sy dit wou gehad het nie.
‘n Glimlag het op haar ma se gesig gevorm. Dit was amper ... dreigend. “Ek het gedink dis wat jy wou gehad het.” Sy het haar tee neergesit en Charlotte se oë ontmoet. “Jy gaan by jou Groot Tante Seraphina bly. Sy leef alleen en dit sal tot haar voordeel wees om jou by haar te hê vir die volgende paar maande.” Haar gedagtes het verdwyn vir ‘n paar minute terwyl daardie informasie insink. Sy was teleurgestel dat sy nie huis toe gaan nie, en hulle stuur haar na ‘n plek wat sy gaan haat. Hulle straf haar, soos sy verwag het, maar so deeglik dat sy begin spyt raak oor wat sy gedoen het.
Tant Seraphina ... was antiek. O, dit was seker ‘n oordrywing. Charlotte wou nie volgende paar maande in haar tante se geselskap deurbring nie. Sy sal wil praat en sosiale geleenthede bywoon; alles dinge wat Charlotte wou vermy. Hierdie storie speel nie uit soos sy beplan het nie, maar sy kon nie teruggaan en alles verander nie. Sy het dit aan haarself gedoen en sy moet die beste maak van haar situasie. Hoe erg kan dit wees?
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.