Donatello en Volksie. Marion Erskine
Zoë doodonskuldig.
Hy gooi die motor vererg in trurat en ry agteruit hul oprit in. “Wie’s die een wat nou laat is?” skree hy agter haar aan terwyl Zoë, ongemaklik op die hoë hakke, voordeur toe hardloop.
Oomblikke later verskyn sy met ’n klein houttrommel onder haar arm.
“Wat’s dit?” vra Jan-Hendrik agterdogtig toe Zoë die motordeur agter haar toetrek.
“Boom,” sê sy doodnatuurlik.
Jan-Hendrik kan sy ore nie glo nie. Nou is hy werklik vies. “Zoë Zietsman,” sê hy skerp, “jy gaan wragtig nie rook op jou eerste date nie.”
Zoë sou gewoonlik saamgespeel het, maar sy is nou gevaarlik na aan huil. Sy is niks meer lus vir vanaand se afspraak met die sogenaamde Donatello nie. Sê nou hy is regtig ’n psigopaat? Of erger: sê nou hy hou nie van haar nie? Dalk moes sy maar die Indiese romp aangetrek het. Sy voel heel vreemd in hierdie haaipolfaais.
“Boom se as, man,” sê sy met ’n bewerige stem en kyk by die venster uit sodat Jan-Hendrik nie moet sien sy wil huil nie. Hulle ry in doodse stilte verder.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.