Jý is die kerk. Francois Kruger

Jý is die kerk - Francois Kruger


Скачать книгу

      Titelblad

      FRANCOIS KRUGER

      Jý is die kerk

      Bou ’n Christus-gesentreerde gemeente

      LUX VERBI

      Vooraf

      Vooraf

      Hoekom hierdie boek?

      Eerstens om gelowiges tot die besef te bring dat die kerk nie die gebou, die leiers, ’n stelsel of ’n denominasie is nie. Die kerk is ook nie noodwendig ander mense nie, maar jý as gelowige!

      Hierdie besef gaan ’n mens onmiddellik nuwe vrae laat vra.

      Jy gaan nie meer vra: “Wat beteken die kerk vir my?” nie, maar: “Wat beteken ek vir Jesus?”

      En jy gaan nie meer vra: “Watter diens lewer die kerk aan my?” nie, maar: “Hoe dien ek ander?”

      Verder gaan dit om gelowiges te help om Jesus-gesentreerde mense te wees. Dít is die enigste manier waarop ’n kerk ook Jesus-gesentreerd kan word. Dit beteken dat in welke mate dit nodig mag wees, ’n persoonlike opbou- en afbreekproses moet plaasvind. Dit behels denk- en lewensveranderinge – dus om die kern van jou bestaan te verander.

      Eers dán bereik ’n mens die beste manier van lewe, want dan beleef jy die oorvloedslewe wat Jesus vir ons kom gee het.

      Verder is die doel van hierdie boek om die hedendaagse kerkwees te verduidelik. Te veel kerke, veral gevestigde kerke, het hul doel vergeet en dit met ’n newe-doel vervang, wat ná jare die hoofdoel geword het. Die gevolg is lewelose en steriele kerke – kerke wat baie tyd en geld bestee om onproduktief te bly.

      Hierdie boek wil voorstel dat die probleem van wortelvlak af hanteer word. Die Here wil jóu daarvoor gebruik. Jý is die kerk. Te veel leiers het nie die guts om radikaal genoeg te dink en te doen nie. Gevestigde kerke wat wêreldwyd ál meer irrelevant en disfunksioneel word, bevestig dié tragiese probleem.

      Ek glo ’n mens skryf slegs ’n boek indien jy ’n saak op die hart het waaroor jy nie langer kan stilbly nie; ’n saak waarin jy onwrikbaar glo en wat jy eenvoudig op skrif moet stel. Die aanleiding tot die skryf van hierdie boek lê nie in die moontlike opspraakwekkendheid daarvan nie, maar in die dringendheid daarvan.

      My doel is om jou, die leser, te help om:

      • Kerkspeel van kerkwees te onderskei.

      • Vas te stel wat jou rol is om die skuif na ware kerkwees te maak.

      • ’n Voorbeeld te word van iemand wat klaargespeel het met kerkspeel.

      • Jesus Christus sentraal in jou lewe te plaas, sodat dit ook die geval in jou kerk sal wees. Jou kerkwees sal dan van ’n formaliteit na ’n lewegewende, vreugdevolle, singewende belewenis verander waarsonder jy nie sal wil wees nie. Jou kerkwees word dan ’n lewenswyse.

      My gebed is dat die Gees hierdie boek sal gebruik om lesers se oë oop te maak om die wil van Christus kristalhelder in die Bybel raak te sien, en om sodoende die unieke dinamika van ’n ware Jesus-kerk terug te bring.

      Mag jy as leser ook die geloofsmoed hê om vierkantig op Jesus te bou en in sy voetspore te stap sonder om deur moontlike persoonlike risiko’s afgeskrik te word.

      Dis nie my bedoeling om enige bestaande kerk te veroordeel nie. Ek wil eerder ’n profiel van ’n verworde kerk teken en aantoon dat die Hoof van die kerk iets anders in sy argiteksplan voorgeskryf het.

      Ek skryf oor hoe ons prakties die skuif in so ’n gevestigde kerk gemaak het. Al word ons foute ontbloot, val die klem egter op hoe die Heilige Gees oorneem en uitvoering gee aan wat Hy beplan het.

      Francois Kruger

      Middelburg

      Januarie 2012

      Inleiding

      Inleiding

      Hierdie boek gaan hoofsaaklik oor die verskil tussen kerkgesentreerdheid en Christus-gesentreerdheid. Eerstens wil ek die dringendheid verduidelik waarom dit vir my nodig was om hierdie boek te skryf.

      Ek is die predikant van ’n kleinerige gemeente in ’n gevestigde denominasie. Ook hier eis ’n klomp diepgewortelde tradisies hul tol. Sekere gewoontes is diep in ons denke ingegroef, maar dis nie in alle gevalle ’n probleem nie. Van hierdie tradisies het op gesag van Jesus ontstaan, en daarom wil ons hulle handhaaf. Ander tradisies is duidelik bloot op menslike voorkeure gegrond.

      Ons worstel met laasgenoemde tradisies, want dit dra by tot die gebrek aan lewensverandering en geestelike groei. Ons gemeente was ook grootliks steriel en die verskynsel van ’n passiewe meerderheid was ’n kopseer.

      Dit het so voortgeduur totdat ons tot die insig gekom het dat die Here Self hierdie dinge regmaak. Hy doen dit egter deur eers af te breek wat verkeerd is voordat Hy begin opbou. Hy roei eers met wortel en tak uit voordat Hy begin plant. Hierdie afbreek is radikaal, want dit gaan hier oor wortelsake en dus tot op die fondament. Dit vra van ons om sommige meestermotiewe te groet. Eers dan kom die skuif na ’n heel nuwe fondament.

      Die afbreekproses is onafwendbaar. ’n Mens kan nie op ’n verkeerde basis bou nie, want selfs al is die gebou ook hóé indrukwekkend en pragtig, gaan dit nie hou nie.

      Die afbreekproses is pynlik, en daar ís ongevalle. Kollegas wat al daardeur is, het vir my gesê: “Onthou, jy gaan 50% van jou mense verloor!”

      Francine Rivers, ’n Amerikaanse fiksieskrywer wat Christelike temas met haar verhale verweef, het ’n pragtige boek, En die ramshoring het geblaas, oor hierdie verskynsel geskryf. Dit het ook met ons gebeur. Ons het bykans die helfte van ons lidmate verloor. Die rede hiervoor is dat die afbreekproses ook ’n losbreek beteken van dinge waaraan ’n mens sentimenteel verknog geraak het – dinge wat nie van Christus af kom nie. Losbreek maak seer en laat mense onveilig voel as hulle dit nie reg verstaan nie. Baie mense sien nie daarvoor kans nie.

      Kollegas het ook gesê: “Jy gaan persoonlike risiko’s moet loop. Jou vel moet dik wees!” Ook dít het gebeur. Ek was egter nie alleen nie. ’n Groep gelowiges in die gemeente het met my hande gevat. Ons het mekaar bemoedig en deur gebed op die Here se pad gehou.

      Die gesprek wat hier volg, is bedoel vir gelowiges wat worstel om uit die groef te kom, asook vir gelowiges wat, selfs onwetend, in ’n groef vasgeval het. Met hierdie boek wil ek mense help om te verstaan, hulself te motiveer en, indien nodig, hul totale lewensfondament te hervestig.

      Wanneer Jesus lewend sentraal in jou lewe staan, is dit aansteeklik. Hy gaan jou gebruik om ander mense tot dramatiese groei te inspireer. Jy kan die Luther-figuur in jou gemeente word.

      Die gevaar bestaan dat jy ’n goeie lidmaat van jou kerk kan wees en al jare lank tevrede en gelukkig is, solank niemand die bestaande patrone versteur nie. Maar jy is staties en steriel. Dit laat mense vra: “Is daar plek vir Jesus in jou lewe?” Die normale reaksie op dié vraag is uitermatige verontwaardiging.

      Ek het agtergekom dat daar basies twee soorte kerke is, maar dat die twee se karakter radikaal van mekaar verskil. Die een is mensgesentreerd en die ander Christus-gesentreerd.

      In die proses om die twee soorte kerke vir jou te skets, gaan ek oordryf en my aan karikatuurskepping skuldig maak. Dit kan egter nie anders nie, want ek wil ’n punt maak.

      Kyk ’n bietjie na die tabelle aan die einde van hierdie inleiding. Links is die mensgesentreerde model en regs die Christus-gesentreerde model. Ek noem dit ’n model, aangesien dit meer as ’n beskrywing van ’n bestaande opset is. Dit het vir baie mense die norm geword waarvolgens hulle hulself en hul kerk in stand hou en, reg of verkeerd, ander kerke meet en beoordeel.

      In die tabelle (sien bl. 21) word tien aspekte beskryf wat die verskil tussen hierdie twee soorte kerke aandui. Kom ek verduidelik elkeen aan jou.

      1. Die kerk as die middelpunt vs Jesus as die middelpunt

      Staan die kerk of Jesus sentraal? Kerkgesentreerdheid is ’n groot probleem. Die Engelse noem dit churchianity. Dit lyk so vroom en korrek. “My kerk is vir my baie belangrik! Dit is my anker! Ek sal alles opoffer vir my kerk!”

      My


Скачать книгу