Op die vrou af 2. André le Roux

Op die vrou af 2 - André le Roux


Скачать книгу
of twee minder staan en trek nie, nè?” Jy sien hier kom ’n ding – haar Krismiskoek gaan ’n Nuwejaarskoek word. Ons eet al weer roomys vir nagereg op Kersdag.

      Jy kondig aan jy gaan liewer die koerant koop, wil sy iets van die winkel af hê? (Jy ken reeds die antwoord.)

      “Ja!” roep sy uitgelate uit. “Kersies en amandels! Moet ek ’n lysie maak?”

      Toe jy by die huis kom, sê sy: “Jy het sowaar die kersies én amandels onthou, selfs die koerant. En dit sonder ’n lysie.”

      Sy klink baie trots op jou.

      “Die … die …” stotter sy.

      “Wat nou?” vra jy onskuldig.

      “Die pakkie kersies is dan … oopgemaak,” sê sy. “En hier’s sowaar net … twéé kersies in?”

      Desember 2004

      In haar klerekas

      Jy kan dit nie glo nie, maar jy sien dit met jou eie oë. Hopies klere op die vloer.

      Dit moet hierdie tyd van die jaar wees … Hou sy uitverkoping of beteken dit sy skep uiteindelik orde in haar klerekas?

      “Ek skep orde,” sê sy. Sy wil die nuwe jaar ligter ingaan. “Hier’s ’n hoop klere wat ek nooit weer sal dra nie.” Buitendien, fluister sy vir die mat, hier’s klere waarin ek nooit weer sal pas nie …

      Nè? Laas toe jý dieselfde dinge geuiter het, moes jy noodgedwonge op ’n hopie gaan sit omdat jy skielik in die pad was.

      Nou’s daar drie hopies. Die een hopie se naam is GOOI WEG of GEE WEG. (Goed so, dink jy, laat ons gee vir dié wat minder bevoorreg is. Die Salvation Army sal bly wees.) Die ander hopie is HOU en die derde een heet ONSEKER. Onseker is die grootste hopie, terwyl kledingstukke tussen die hopies rondskuif: van die Gooi Weg-hopie na die Onseker-hopie na die Hou-hopie, wat al hoe groter word. (Iets soos hopie-hopping.)

      Heel agter in die kas kom sy af op ’n paar tops met … sowaar … daar sit dit, jy sien dit met jou eie oë!

      “Daai top – en dáái een,” wys jy, “het sowaar nog ’n etiket aan.”

      Dit blyk sy het dit ’n hele ruk terug gekoop, maar kon toe nie besluit of sy daarvan hou nie. In die winkel het dit so mooi gesit … En dié een wou sy nog terugneem, maar sy’t nooit daarby uitgekom nie, en dis nou al ’n jaar of wat later en sy’t nie meer die strokie nie.

      “Kan ’n mens dit nie in die koerant adverteer nie?” vra jy: Tops. Nog nooit gedra. Met die label aan. En hoekom word die Hou-hopie al hoe groter en die Gooi Weg-hopie hier links vorder niks? Daar gaan steeds te min hangplek wees, want daar het ondertussen nog klere bygekom wat sy vir Kersfees present gekry het – en dié wat sy self gekoop het (vir die Groot Dae, jy weet?).

      “Die vraag is tog of jy dit weer gaan dra. Indien nie, gooi uit,” moedig jy aan.

      “Dis nie so eenvoudig nie,” sê sy.

      Nee, want voortspruitend uit die Onseker-hopie, ontstaan ’n vierde hopie: PAS EERS AAN. En hier kom die byvoordeel – in die middel van die week, in die slaapkamer, reg voor die klerekas, kry jy die kans om ’n aanpassessie dop te hou – én sy vra jou wat jy dink.

      “Dink jy dié een sit te styf? Miskien kan ek net hierdie rok se soom uithaal, maar is pers nou in die mode? Onthou jy hierdie een? Dit was in ’n stadium jou gunsteling omdat die materiaal so sag voel. Dit het by hierdie top gepas.”

      Mm-mm, pas aan laat ek bietjie voel …

      “Terwyl jy nou daarmee besig is, hoekom gooi jy nie sommer ook daardie bra uit nie?” stel jy voor. “Die ding voel so hard soos ’n borswering.”

      “Dit bied ondersteuning,” sê sy en klaar.

      Jy slaan jou oë op na die plafon, waar sal jou ondersteuning vandaan kom?

      Toe jy weer afkyk, sien jy die skoenbokse, rye en rye onderin die kas.

      “Is daar nie skoene ook wat jy …?” waag jy dit. Want jy weet, sy’t tog skoene gekoop om te pas by bepaalde klere, en as sy nou van daardie klere ontslae raak, gaan daar skoene wees wat by niks pas nie, dis logies.

      Sy sê moenie my nou in ’n boks probeer druk nie, ek’s besig met die klere.

      “Kyk hier!” trek sy jou aandag af. “Kan jy dit glo?”

      Jy kan. Netjies behoue in ’n lang plastieksak … haar … matriekafskeidsrok.

      Blinkertjies om die hoë hals, ’n wye strik om die middel met pienk pofmoue, ’n swiepende gewaad met ’n onderrok wat lyk soos ’n badkamergordyntjie in die wind. Sy sou kon deurgaan vir ’n strooimeisie.

      Help ’n bietjie met die ritssluiter, sê sy.

      Trek in jou asem, sê jy.

      “Sjoe,” blaas sy haar asem uit. “Dit pas sowaar!”

      Sy draai rond voor die spieël. “Hoe kón ek so ’n rok gedra het?! Ek lyk soos ’n strooimeisie op pad na die onthaal.”

      “Wragtig,” sê jy. “Kom ons dans!”

      PS. Liewe leser, lees verder, ons kuier by die Heilsleër.

      Januarie 2005

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4Rr4RXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkIdpAAQAAAABAAAApAAAANAALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxMzoxMTowMSAwNzoz NTozNwAAA6ABAAMAAAAB//8AAKACAAQAAAABAAAGZqADAAQAAAABAAAKAAAAAAAAAAAGAQMAAwAA AAEABgAAARoABQAAAAEAAAEeARsABQAAAAEAAAEmASgAAwAAAAEAAgAAAgEABAAAAAEAAAEuAgIA BAAAAAEAABnCAAAAAAAAAEgAAAABAAAASAAAAAH/2P/tAAxBZG9iZV9DTQAB/+4ADkFkb2JlAGSA AAAAAf/bAIQADAgICAkIDAkJDBELCgsRFQ8MDA8VGBMTFRMTGBEMDAwMDAwRDAwMDAwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAENCwsNDg0QDg4QFA4ODhQUDg4ODhQRDAwMDAwREQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwM/8AAEQgAoABmAwEiAAIRAQMRAf/dAAQAB//EAT8AAAEF AQEBAQEBAAAAAAAAAAMAAQIEBQYHCAkKCwEAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAQACAwQFBgcICQoLEAAB BAEDAgQCBQcGCAUDDDMBAAIRAwQhEjEFQVFhEyJxgTIGFJGhsUIjJBVSwWIzNHKC0UMHJZJT8OHx Y3M1FqKygyZEk1RkRcKjdDYX0lXiZfKzhMPTdePzRieUpIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm 9jdHV2d3h5ent8fX5/cRAAICAQIEBAMEBQYHBwYFNQEAAhEDITESBEFRYXEiEwUygZEUobFCI8FS 0fAzJGLhcoKSQ1MVY3M08SUGFqKygwcmNcLSRJNUoxdkRVU2dGXi8rOEw9N14/NGlKSFtJXE1OT0 pbXF1eX1VmZ2hpamtsbW5vYnN0dXZ3eHl6e3x//aAAwDAQACEQMRAD8A6jFqNlvptbJPAWH1D/GJ 9XsDLONTVd1FlR235OO5gqB4il1n9I93+E/R1f6J9qb6+9Rt6Z0NuFQD9s60X0NI7UMDXZYb/wAL f6lWMxn7lty4b6qfVPqH1osyKsW+rHx8U1uyXWFx+mLBW6uisfpXM2WN9z60UPp31d+tnRfrFZbT gi6nIpbvdReGhxYCGusqfU6xljWbm+p+etrYPBeZYv1Us+rX156Jj1Zhy/UurfvaDjPDXbw/8+7d TYxlns3/AKz+kx16lBJgckwElW52f1LGwPa+u3Jv2+ocfGa19jaz7Rdd6r6KKK3uH6H1rt9//aeu 307FV6H9Zej9fFren2PbkUAuuxL2hlzWg7PV2tdZXbVu+m+m1/pf4X01PGy+mWPtqNoZldRystzK 3TNgxbLMDdP0WsoxsJu3d/N0rzvDy+k9M+vtOdiWmzD+2Nh4a6PTyWPpe9gIbY+v9J+5+kr/AJv1 ElW+olukoZaFZcwsLmnkEgjzCGGl9jWcFxDZPnoklqvEdvkguHgufP1k6/mdJzvrD09mIzpmHa9t WHcx7r7qqiz17rMhr2tqf+k3trr/APV2f1H64Zf2nOdT1CnBpqox8np2Nbii6y85FNeV9ldc3+be z1Ws9VK0PVlgBUSzwSw7b78HGyMmv7PkXVMsup1Gx7mhz2bX+9vu/Mf72Ihn4oqQ7T4JIsHwSSU/ /9DK/wAZv7RxvrLXfkF4xj
Скачать книгу