Ouens is nes ekstra bagasie. Janie Oosthuysen
“Dan los ek jou vir ’n rukkie om uit te pak. Hennie en Chris sal jou tasse nou-nou bring. Kom na die groot hut vir tee sodra jy gereed is.”
“Goed – en – dankie.” Ek sê dit net omdat ek moet.
Sy knik, begin omdraai, maar steek vas, haar linkerhand in die lug. “Amper vergeet ek! Dominique sal later vanmiddag hier wees. Lekker geselskap vir jou.”
Dominique? Ek rol dit op my tong. Watse soort naam is dit? Sy – hy – wat ook al – móét eenvoudig ’n jerk wees. “O? Gaaf,” sê ek nietemin. Heeltyd wens ek Judy wil loop, ek het meer as genoeg gehad van haar geselskap. Dalk help dit as ek by die tent ingaan.
Ek voeg die daad by die gedagte, maar sy loer wraggies in en sê: “Barbara, ek hoop regtig ons gaan vriende word.”
Gelukkig wag sy nie vir ’n antwoord nie, want my mond hang oop. Vriende? Het ek reg gehoor? Wát is die vroumens se case? Sy’t dan my pa by my afgevat.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.