Sê groete vir pappa. Ena Murray
oë oopgemaak vir ’n feit, vir ’n paar feite, waarvoor sy haar tot dusver doelbewus blind gehou het. Die belangrikste is dat die lewe verbygaan. Daar is al veertien jaar verby. Die volgende veertien jaar sal nog vinniger verbygaan en sy gaan skielik op ’n dag besef sy is aan die einde van haar lewe. Wat sal sy hê om te wys? Menslik gesproke lê daar nog baie jare voor … maar dan moet sy nou oor hulle begin besin. Dis ’n sonde om jou lewe in ontnugtering en verbittering te laat omgaan. Miskien ’n groter sonde om vir die res daarvan drome na te jaag wat drome sal bly. En miskien … miskien is Reino Vos net ’n tevergeefse droom. Miskien het haar dogter gelyk. Miskien sal dit goed wees om ’n slag op hul ou dorp te gaan kuier.
Sy sal môreoggend die ekstra bedval wat sy vir Edna se kamer het oor daardie bed trek en haar twee kerspitkussings op die bed neersit. En sy sal sorg dat daar blommetjies op die bedtafeltjie is voordat Madelyn le Roux arriveer. Dit sal haar tuis laat voel. Toe oorweldig die slaap haar.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.