'n Uur van lig. Nina Smit
ek loof U vir die wete dat U my eintlik seën wanneer ek hartseer is, omdat my hartseer my aan die ontvangkant van u troos plaas. Amen.
* J Smit, Jesus aan die woord, p 38
27 Maart – Swaarkry as leerproses
27 MAART
Lees: Jesaja 30:18–26
Swaarkry as leerproses
Die Here het jou brood van swaarkry laat eet en water van lyding laat drink. Maar Hy sal nog by jou wees, want Hy leer jou. Jy sal Hom met jou eie oë sien, die Een wat jou leer. – Jesaja 30:20 (Nuwe Lewende Vertaling)
Die profeet Jesaja verkondig dat God sy volk brood van swaarkry laat eet en water van lyding laat drink het sodat hulle van Hom kon leer. Tog beloof God dat Hy steeds ten spyte van hierdie lyding by sy volk sal wees. Toe dit net goed met Israel gegaan het, het hulle God telkens vir heidense afgode verruil. Dit is eers toe hulle as ballinge weggevoer is dat hulle weer aan Hom en sy beloftes begin terugdink het en gewillig was om na Hom terug te keer.
God gebruik baie keer swaarkry in jou eie lewe om jou kosbare lesse te leer – lesse waarop jy dalk nie ag sou slaan in tye van voorspoed nie. Swaarkry het die manier om ’n mens God se Stem duideliker te laat hoor, sodat ons Hom op ’n nuwe manier begin raaksien en gewillig is om weer soos voorheen sy voorskrifte en gebooie te gehoorsaam.
Ervaar jý dalk op die oomblik dat jy brood van swaarkry eet en water van lyding drink? Dan mag jy maar moed skep: God is steeds by jou. Hy wil jou swaarkry van die oomblik as leerproses gebruik sodat jy weer sy teenwoordigheid sal opsoek en na Hom sal terugkeer. Hy wil hê dat jy Hom helderder as ooit tevore in jou stuk swaarkry sal raaksien.
Hemelse Vader, die lyding wat ek op die oomblik ervaar, maak my opnuut daarvan bewus dat U my daarmee kosbare lewenslesse wil leer. Maak my ontvanklik vir u Stem en help my om U raak te sien in my negatiewe omstandighede. Amen.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.