Klassiek reeks: Na die geliefde land. Karel Schoeman
ou dae,” voeg sy ingedagte by en kyk vinnig rond om vas te stel of alles in die kamer in orde is: die ouderwetse ledekant, die wastafel met gekraakte marmerblad, die goedkoop klerekas met die deur wat nie behoorlik sluit nie en die geblomde gordyne, “Jy moet sê as daar iets is wat jy nodig het, George,” sê sy. “Ek kan maar vir jou op jou naam noem, nie waar nie? Jy is mos nie ’n vreemdeling nie. Wel te ruste, George.”
Die aand is inderdaad koel, en hierdie onverwarmde, ongebruikte kamer voel klam. Hy moes vanoggend reeds Rietvlei toe gery het, dink hy ongeduldig terwyl hy hom begin uittrek, en hierdie plek verlaat het. In ’n hotel sou hy gemakliker wees as in hierdie huis, en met hotelpersoneel nie minder vreemd as met hierdie mense nie. Maar waarheen sou hy ook gaan? Hy skakel die lig af en klim in die bed.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.