Die Potlooddief en die engel. A.S. van Straten

Die Potlooddief en die engel - A.S. van Straten


Скачать книгу
ek dink eerlikwaar nie dié is nodig nie ... Trouens, dis ... heeltemal ónnodig. (Hy skeur die vorms koorsagtig op.)

      TONIE:(vreeslik intens) Niemand noem my ’n psigodinges nie. Of ’n ghwar!

      NAUDÉ:(retireer) Maar my liewe mens, ek het nie van jóú gepraat nie, maar van ánder ... ander mense!

      SEKRETARESSE:(Te bang om te roer.)

      NAUDÉ:Sê net wanneer jy hier wil begin, en ek sal sorg vir alles, vir alles.

      TONIE:(Skiet Naudé.)

      NAUDÉ:Ek sal sorg dat –

      TONIE:(Skiet ’n tweede skoot.)

      NAUDÉ:(Kan sy oë en ore nie glo nie, dan sak hy stadig op die vloer neer.)

      SEKRETARESSE:(Staar oopmond na Naudé.)

      TONIE:(bêre sy pistool, vat die hoorbuis en praat daarin) Jy’s die enigste getuie, ek kom jou háál ... (Hy plaas die hoorbuis terug op die mikkie, vat die pen uit die sekretaresse se hand, streel haar wang daarmee, gee haar ’n soentjie, knipoog en glimlag vir die gehoor, en stap uit.)

      (Êrens op die verhoog is daar skielik twee figure – ’n man en ’n dame – in ligblou geklee. Sy het sierlike vlerke.)

      WILHELMUS:Dis die soort ding wat hy doen. En het jy gesien, Engela? Hy’t haar pen gevat!

      ENGELA:Vergeet die pen, wat van Naudé?

      SEKRETARESSE:Dood ... Hy was maar altyd half dood. Twee koeëls in hom en hy bloei nie eens nie ... Hy was maar altyd half bloedloos. (Skud haar kop, sug diep.) Ek ’t nooit lyf weggesteek nie. Al wat ek nie vir hom ontbloot het nie, was my hart ... Ek moes hom gegryp en oorweldig het, maar ek was bang dit sou hom afskrik. O Timotheüs, as jy kon weet hoe ek oor jou ge“swoon” het.

      NAUDÉ:(lig sy kop dronkerig) Virginia? ... Is dit Donderdag of Sondag?

      SEKRETARESSE:Timotheüs! (Sy loop stadig, kniel by hom, knoop sy hemp los en voel oor sy bors.) Hy moes jou gemis het! O, Timotheüs!! (Sy omhels hom.) Jy’s so dapper! (Hulle sit op die vloer en omhels mekaar.)

      WILHELMUS:Sy lawwighede het nogal dikwels gelukkige eindes. Kyk net hoe het dié twee siele mekaar gevind.

      ENGELA:Twee liggame, Wilhelmus, twee lywe ... Wel, my Lena het ’n vriend nodig, maar beslis nie iemand soos jou Tonie nie ... Steel hy altyd penne?

      WILHELMUS:(teleurgesteld) Goedkoop penne en potlode ... gee hulle vir sy ma – sy hou skool by ’n weeshuis. Sy’s natuurlik ook baie bekommerd oor hom.

      (Die telefoon lui weer, maar die twee op die vloer weet net van mekaar.)

      Toneel 2

      Sitkamer van woonstel. Die twee engele loop direk soontoe.

      Twee vroue drink tee.

      Die telefoon in toneel 1 hou op met lui.

      OUMA:(staan en skink vir haarself ’n tweede koppie tee) Dink jy daar gaan dié slag iets van kom?

      MA:Natuurlik nie. ’n Onderhoud is vir hom ’n groot grap. Amper so koddig as om ’n werk te hê. Hoeveel keer het hy al die afgelope jaar sy werk opgeskop? Twintig keer?

      OUMA:Ek tel nie meer nie. (Sy gaan sit op die rusbank presies waar Wilhelmus gaan sit het.)

      WILHELMUS:(Skuif rats opsy.)

      MA:Aardjie na sy vaartjie – háát dit om verantwoordelikheid te aanvaar. (Drink.) Ek wéét wat ek behóórt te doen.

      OUMA:Haai, my kind, jy kan hom nie sommer net uitskop nie.

      MA:(met klem) Maar as hy só aangaan, is die tronk sy voorland! Dalk is dit presies waarvoor ek móét bid; dit mag hom tot sy sinne bring.

      OUMA:Ek het jou al baie gesê: van ’n mán moet jy nooit volwassenheid verwag nie. Hulle gaan van kind wees tot kens wees sonder iets tussenin ... Ek het hulle al baie beny.

      (Agter hulle gaan die voordeur stilletjies oop. Tonie kom in, trek die sleutel uit, steek dit in sy sak en maak die deur s-u-u-utjies toe.)

      OUMA:As Tonie net verlief kan raak op ’n oulike meisie ... ’n intelligente, volwasse, beginselvaste –

      MA:... sosiale werkster. (Verander haar stem.) Jy mag dit dalk regkry om jou antieke ouma te bekruip, maar jy’s gans te lawaaierig om mý te verras, Toontjies.

      TONIE:(loop nie meer op sy tone nie) Julle twee stel my rêrig teleur. Die derde wêreldoorlog kan enige oomblik uitbreek. En die son word kleiner – die volgende ystydperk is op ons. Inflasie styg en Venesië sink ... En wat doen julle? – intelligente, volwasse, beginselvaste dames ... Julle praat ure lank oor mý!

      OUMA:Nonsens. Ons speel baiemaal kaart.

      TONIE:“Honeymoon Bridge”! (Skud sy kop meewarig, gee Ma die pen wat hy vasgelê het.)

      MA:(vat die pen) Dankie. Het jy –

      TONIE:(Gee haar ook ’n potlood.)

      MA:Ta. Het jy toe –

      TONIE:(Gee haar nog ’n potlood.)

      MA:Ta. Het jy toe die werk gekry?

      TONIE:(skink vir hom tee) Te gevaarlik, Ma. Te gevaarlik. Hulle wou van my ’n lyfwag maak. Iemand se lyfwag! (Hy gaan sit langs Ouma, amper bo-op Wilhelmus.)

      WILHELMUS:(Skuif flink opsy en sit op armleuning van rusbank.)

      MA:Hoekom nie? Hoekom moes ek soveel jare betaal vir karatelesse, skietlesse, perdry, swem –

      TONIE:Sodat ek my liewe ouma kan beskerm teen vatterige ou mans. (Hy sit sy hand op haar knie.)

      OUMA:(Glimlag liefies vir hom.)

      MA:Van nou af gaan jy losies betaal of jy werk het of nie. En my ma gaan ophou om jou vol geld te stop. (Streng vir Ouma.) Belowe my Ma gaan hom nie weer ’n sent gee nie.

      OUMA:(probeer vasbeslote klink) Van vandag af kry hy niks meer van my nie. Bokkerôl.

      MA:Jy’s sewe en twintig en jy gaan jou soos ’n 27-jarige gedra, of ... of jy soek vir jou ander blyplek.

      OUMA:Ai toggietog, kom ons gaan fliek. Ek sal betaal.

      TONIE:(spring op) Goeie plan.

      MA:(druk haar hand teen haar voorkop) Gaan julle, gaan. Ek wil hier bly en huil.

      TONIE en OUMA:O nee! (Tonie tel Ma op en dra haar deur toe en uit.)

      ENGELA:Gaan hy baie bioskoop toe?

      WILHELMUS:(knik sy kop) Nogal.

      ENGELA:Identifiseer seker met die rolprenthelde?

      WILHELMUS:Hm. Toe hy twaalf was, het sy pa hulle verlaat.

      ENGELA:(staan op uit die leunstoel waarin sy gesit het) Wel, dit spyt my, maar hy’s die laaste man wat Lena moet ontmoet. Sy’t iemand nodig wat bestendig en betroubaar is. Ek moet eerste aan háár dink.

      WILHELMUS:Hou hom net nog ’n rukkie dop, asseblief.

      ENGELA:Ek moet na Lena gaan kyk.

      WILHELMUS:Wat doen sy nou?

      ENGELA:Sy’s mos ’n onderwyseres. Sy’s besig om opstelle te merk.

      WILHELMUS:Dan het sy jou nie nou baie nodig nie, of hoe? Of help jy haar met die opstelle? Jy sien seker baie streng na.

      ENGELA:(suggie) Nou goed – kom ons gaan fliek.

      Toneel 3

      Die twee engele loop direk na ’n bioskoop. Daar’s net een ry sitplekke van voor gesien. Tonie, Ouma en Ma neem hul plekke van regs af in. Langs Tonie is daar ’n oop sitplek, dan is daar ’n mooi nooi en haar kêrel. Almal kyk na die rolprent. Ouma het sjokolade op haar skoot. Tonie se aandag is verdeel – hy maak ook ogies vir die nooi naby hom. Haar kêrel hou haar regterhand vas, haar linkerarm


Скачать книгу