Piekfyn Afrikaans Graad 9 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal. Henk Viljoen
beroemde musikus, leermeester, dirigent.
Leer meer van meervoude, verkleining en geslag
In Afrikaans het selfstandige naamwoorde verskillende agtervoegsels of verbuigings om meervoude en verkleinwoorde te vorm. Lees die inhoud van In ’n neutedop noukeurig deur. Leer die spelling van die woorde.
In ’n neutedop | |||
Meervoude en verkleining | |||
Let op na die volgende: | |||
Meervoude kom in Afrikaans voor by selfstandige naamwoorde. Meervoude word aangedui deur een van die volgende agtervoegsels -e, -s, -ere, -ers, -’s, -te, -de, -ens en -hede aan te las by die woorde. Leer die volgende meervoudsvorme. | |||
-e | -s | ||
vlooi | vlooie | koning | konings |
vis | visse | piesang | piesangs |
knie | knieë | motor | motors |
boom | bome | onderwyser | onderwysers |
-ere | -ers | ||
lied | liedere | kind | kinders |
volk | volkere | kalf | kalwers |
-’s | -te | ||
ma | ma’s | lig | ligte |
foto | foto’s | gesig | gesigte |
-de | -ens | ||
hemp | hemde | vrou | vrouens |
hoof | hoofde | nooi | nooiens |
-ede | |||
besigheid | besighede | ||
moontlikheid | moontlikhede | ||
oog/oë | Le Roux/Le Rouxs | ||
Cilliers/Cilliers’s | oorlog/oorloë | ||
Du Preez/Du Preezs | pad/paaie | ||
Du Toit/Du Toits | skip/skepe | ||
gat/gate | stad/stede | ||
glas/glase | |||
Onthou: Nie alle selfstandige naamwoorde het ’n meervoudsvorm nie, byvoorbeeld goud, haat, liefde. | |||
Verkleining in Afrikaans word gewoonlik deur die agtervoegsels -tjie, -jie, -ie, -pie, -etjie en -kie aangedui. In sommige gevalle word die word “klein” saam met die verkleinwoord gebruik. | |||
-tjie | -jie | ||
vloer | vloertjie | hoed | hoedjie |
oupa | oupatjie | kat | katjie |
mandjie | mandjietjie | present | presentjie |
-pie | -kie | ||
boom | boompie | koning | koninkie |
arm | armpie | horing | horinkie |
oom | oompie | piesang | piesankie |
-ie | |||
hoek | hoekie | ||
dorp | dorpie | ||
-etjie | -’tjie | ||
ring | ringetjie | ma | ma’tjie |
slang | slangetjie | pa | pa’tjie |
long | longetjie | foto | foto’tjie |
Verkleining van ’n woord wat in meervoudsvorm is: | |||
honde/hondjies | slange/slangetjies | ||
Opdrag: Voltooi die volgende tabel in jou werkboek deur die korrekte meervouds- en verkleiningsvorme in te vul.
Basis | Meervoud | Verkleinwoord |
1. stamdans | stamdanse | stamdansie |
2. dansstyl | ||
3. musiekvideo | ||
4. lewe | ||
5. pruik | ||
6. jongmens | ||
7. kindergesig | ||
8. tronk | ||
9. ballon | ||
10. pad | ||
11. straat |
Leer in In ’n neutedop hoe geslag in Afrikaans aangedui word.
In ’n neutedop | |||
Geslag in Afrikaans word gevorm deur | |||
• twee aparte woorde te gebruik, byvoorbeeld broer – suster; ram – ooi; swaer – skoonsuster.• die agtervoegsels -in, -es, -e, -esse, -ster, -trise of -te by die manlike vorm van die woord te voeg, byvoorbeeld boer – boerin; held – heldin; bestuurder – bestuurderes; digter – digteres; verleier – verleidster; verpleër – verpleegster; redakteur – redaktrise.• deur vrou(e)- vooraan te plaas, byvoorbeeld vrouetolk en vroue-prokureur.• deur die woord -wyfie by te voeg, byvoorbeeld tierwyfie, makouwyfie. | |||
Twee aparte woorde (familielede) | |||
vader | moeder | bruidegom | bruid |
oupa | ouma | wewenaar | weduwee |
seun | dogter | buurman | buurvrou |
kleinseun | kleindogter | heer | dame |
swaer | skoonsuster | kêrel | nooi |
stiefvader | stiefmoeder | gasheer | gasvrou |
neef | niggie | ||
-in | -es | ||
vriend | vriendin | bestuurder | bestuurderes |
held | heldin | prins | prinses |
kelner | kelnerin | onderwyser | onderwyseres |
-e | -ster | ||
prinsipaal | prinsipale | werker | werkster |
eggenoot | eggenote | verpleër | verpleegster |
president | presidente | ||
-esse | -trise | ||
bibliotekaris | bibliotekaresse | akteur | aktrise |
sekretaris | sekretaresse | direkteur | direktrise |
-te | |||
orrelis | orreliste | ||
pianis | pianiste | ||
Beantwoord die volgende vrae saam met ’n maat. | |
1. | Wat noem ons … |
a)’n vrou wat ’n sanger op ’n klavier begelei? | |
b)’n vrou wat ’n blommewinkel besit? | |
c)’n vrou met bruin hare? | |
d)’n vrou wat ’n klag indien? | |
e)’n vrou wat as die eerste burger van ’n dorp of stad optree? |
Aktiwiteit 6: Lees ’n skets |
In hierdie aktiwiteit gaan jy |
•Lees en kyk•Taalstrukture en -konvensies•die leesproses en leesstrategieë gebruik om ’n skets te verstaan•voorspel wat in die skets gebeur•die skets aandagtig lees en afleidings maak•oplet na stereotipering, ruimte, gebeure, tyd en die verteller•kontekstuele vrae beantwoord•’n volksverhaal lees en vergelyk met ’n kortverhaal•jou eie kort storie skryf. |
Pitkos
Wat is ’n skets?
•’n Skets is ’n kort prosastuk. Dit verskil van ’n kortverhaal omdat dit nie baie aandag aan gebeure (intrige) gee nie. Daar is ook min karakterisering in ’n skets.
•In ’n skets is daar ’n beskrywing van ’n enkele situasie, gebeurtenis of toneel wat die leser ’n nuwe kyk/perspektief daarop gee.
•Meestal verander die verteller se houding jeens die onderwerp met die verloop van die storie.
Kenmerke van ’n skets•Die titel gee ’n aanduiding van die inhoud van die skets.•Die eerste paragraaf/sinne sluit aan by die titel. Dit berei ons voor op die res van die inhoud. Dit skep atmosfeer en gee inligting omtrent die verteller se houding jeens die onderwerp.•Die res van die paragrawe sluit by mekaar aan – elkeen fokus op ’n hoofgedagte.•Die taalgebruik ondersteun die atmosfeer en dra die boodskap duidelik oor.•Beeldspraak en stylfigure word effektief gebruik.•Die slot verskil van die begin van die skets omdat die verteller nou anders voel.
Prelees
•Kyk na die illustrasie en lees die titel van die skets. Kan jy voorspel waaroor die skets gaan?
•Lees die