Lobola vir die lewe. André P. Brink
sy ontbyt ook—en verdwyn by die deur uit met die slank beweging van haar lang bene in die smal broek. Waarheen gaan jy, dink hy, tussen die mense deur, en wat het jy juis kom soek en waar kom jy vandaan en waarom laat jy skielik vrae agter waar voorheen niks was nie?
(Hy: ‘Ek verstaan dan.’ Hy steek sy hand uit. ‘Dan—groet ons maar.’
Haar lippe begin onverwags roer. ‘François, ek—dis nie dat—’
‘Tot siens, Diana. Dit gaan jou goed.’)
VRAELYS
1. Wat het jy tevore daarmee bedoel dat jy wel die eerste oggend in Serfontein se kamer ontbyt geëet het?
2. Waarom het jy dit as vanselfsprekend beskou dat sy Serfontein ken?
3. Waarom het sy nooit by ’n ander geleentheid weer tee gedrink nie?
4. Waarom het haar sonderlinge uitgesprokenheid jou nie meer verbaas nie?
(e) NIET
Sy het nooit verskyn nie, nie toe nie en nie later nie, en in geen gedaante nie.
VRAELYS
1. Waar kom jy dan
2. hoegenaamd aan haar
3. gedagte en
4. haar naam?
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.