Boer kry ’n Vrou. Jan van Staden
Boer kry ’n Vrou
Jan van Staden
Tafelberg
1
Ook maar goed dis Vrydag, dink Juan van Wyk waar hy op ’n rotskoppie sit en kyk hoe die son die Bosveld groet. Hy het gekom om die wild by die watergat dop te hou, maar sy kop is by alles behalwe wat hier in die laatmiddag op sy plaas Fort le Clos gebeur. Die eensaamheid kou hom. Sy hart loop ver. En toe ’n rooibokram so ’n vinnige liefdemaaksessie inkry wat sy rug byna in ’n spasma knoop, dink Juan: Jou gelukkige wetter. Ook nie lank nie, en hy dink aan Anneline, en daar en dan begin sy onderlyf lewe kry. Die tydjie saam met haar was te kort. Veels te kort …
Hy het haar op ’n dating site ontmoet. Maar as hy nou daaroor dink, tref dit hom dat dit juis is omdat hy gevoel het hy het iemand spesiaals in sy lewe nodig dat hy die dating site probeer het. Dit is ongelooflik hoeveel mense alleen is en hunker na iemand om hul lewe mee te deel.
Juan sal sy tydjie met Anneline nou nie juis ’n verhouding noem nie. Dit was eerder ’n kortstondige seksavontuur, maar dit was wonderlik. Sy is ’n onderwyseres in Musina, wat so 48 kilometer van sy plaas is. Sy is 14 jaar ouer as hy, geskei en het hom lekker gebruik as ’n katelknapie. In die skoolvakansie was sy heeltyd beskikbaar, maar daarna het sy die krane toegedraai. Sy het ’n pragtige liggaam. Rooi hare en groen oë en ’n lyf wat enige jong man se libido in die rooi jaag. Hulle het egter besef dat die ouderdomsverskil en hul uiteenlopende belangstellings hulle op hul oudag sal inhaal. Buitendien is hy heeltemal te jonk vir so ’n soort verhouding.
Die uiteinde was dat Juan maar net weer besef het sy liefdeslewe is ’n fiasko. Hy het die een kortstondige verhouding ná die ander, met die gevolg dat hy geen vertroue in die liefde het nie. Net mooi niks nie.
Nie dat hy ’n tekort aan vroulike belangstelling het nie. Inteendeel. Die ding is net dat seks vir hom alles geword het. Liefde is vir hom seks. En nie alle meisies is daarvoor te vinde nie. Die een ná die ander kies die hasepad. Daar is wel dié wat nie genoeg kan kry nie en weer en weer kom. Selfs getroude vroue. Hul mans het impotent geword en dan word Juan hul bedmaatjie. Dis hulle wat gesorg het dat hy op 26 al die kuns van voorspel vervolmaak het. Die seks is altyd wonderlik, maar sonder ’n permanente maat aan sy sy begin die eensaamheid hom nou inhaal.
Hy weet hy kan baie van die meisies met wie hy sosiaal verkeer net vra, en hulle sal dieselfde dag nog met hom trou, maar wat hy van getroude vroue en hul ontrouheid gesien het, demp sy entoesiasme. Dit het hom byna permanent van die huwelik afgeskrik. Hierdie vroue wil nie hul mans los nie en ook nie vir hom nie. Dis dié dat hy voel soos ’n sny brood wat weerskante gebotter is.
Neem nou vir Janet, die apteker se vrou. Sy is die mooiste mens op twee bene. Die Vader alleen weet hoekom Hy so ’n perfekte vrou geskape het. Sy kan tog nie net vir een man bedoel wees nie, en Juan is maar net een van haar vele vriende met byvoordele. Hy en haar man, Jan, speel saam rugby, hy losskakel en Juan skrumskakel. Jan is nie die mooiste man nie, maar hy behandel Janet soos ’n koningin. En tog soek sy nog seks, waar en wanneer sy wil … met Juan, en hy kan maar net raai met wie nog.
Die ding is dat Janet elke man wat sy verlei die heel beste tyd in die bed gee. Sy toor met jou kop. Sy laat jou voel of jy in die hemel is, maar jy weet ook hier gaan jy seerkry. Elke mens het mos ’n binneste wat wil liefhê en wat besitlik wil wees teenoor die een wat hy of sy liefhet. Daarom is Janet die soort vrou wat party mans moordgedagtes kan gee, ’n regte Delila.
Daarby weet Juan hoeveel skade ’n liefdesteleurstelling aan hóm gedoen het. Sy sielkundige werk hard daaraan om dit uit sy kop te kry, maar hier sit hy steeds en dink dat hy nie veel beter as Janet is nie. Hy is ook maar ’n man wat nie genoeg by een vrou kan kry nie. En as al die mans wie se vroue hy diens daarvan moet uitvind, sal hy minstens tien dae te perd moet vlug om ’n veilige wegkruipplek te kry.
Maar wag, laat hy gaan stort, want vanaand kry hy darem nog ’n kans, en dié keer met niemand minder nie as die dominee se dogter, Marissa van Graan. Sy bly nog by haar pa-hulle, maar die dominee is met verlof en nou is die muis baas. Sy kom sommer die hele naweek vir hom kuier. Sy is ’n pragtige meisie met ’n welige bos swart hare, ’n blas vel en ’n paar borsies en bene wat Mariah Carey tweede sal laat kom.
Dit het hom nou al omtrent agt maande se oorreding gekos dat Marissa net een naweek moet kom kuier. Sy is die rugbyspan se fisioterapeut en het haar eie praktyk in die dorp. Sy is skaam en teruggetrokke en praat nie baie nie. Sy is nie ’n joller nie en daarom nie baie gewild onder die jong manne nie. Dit het Juan egter net meer vasbeslote gemaak om haar te verower. Sy het sy jagtersinstink wakker gemaak, maar o donner, daai pa van haar!
Juan het haar, sonder dat dominee Van Graan daarvan geweet het, een middag ná rugbyoefening uitgevat vir ete. Juan weet die dominee vertrou hom met niks, allermins met sy dogter, want sy reputasie is nou nie heeltemal ’n geheim op die dorp nie. Juan het al sy sjarme gebruik en Marissa van die lewe begin vertel. Hy het gevra of sy al oopmond gesoen het en toe sy haar kop skud, het hy haar mooi vertel wat sy mis. Ná die derde glasie witwyn het sy hom toegelaat. Haar lippe was volrond en sag, maar hulle het net oor die tafel gesoen. Haar asem het begin jaag, haar borste het op en af begin dein en hy het toe sommer geweet sy het ook ’n behoefte om bemin te word.
Nadat hulle klaar geëet het, het hulle na haar kar in die parkeerterrein gestap. Hy was deeglik bewus van haar aantreklikheid; hy het mos darem ’n bietjie gevoel in hom. Sy het hom toegelaat om haar weer te soen, en hy het haar hele lyf teen hom vasgedruk. Sy het probeer om haar onderlyf weg te trek, maar hy het haar teen die kar vasgedruk en haar ’n tongsoen gegee wat haar na haar asem laat snak het. Sy het verslap en gewillig geraak, hom stewig vasgegryp en met volle oorgawe teruggesoen. Sy hand het na haar borsies gedwaal en hy het hulle begin troetel. Haar tepeltjies het stokstyf gestaan en sy het hom net stywer vasgehou. Toe dwaal sy hand na haar koekie. Sy het ’n mooi groen minirokkie aangehad en dit was nie moeilik om sy hand onder haar rok in te glip en oor haar broekie te vryf nie. Deur haar broekie kon hy voel sy is sopnat.
“Juan, dit is verkeerd,” het sy gefluister, maar hom nie gelos nie. Hy het sy voël uit sy broek gehaal, haar hand gevat en haar daaraan laat voel. Hy het op en af gespring toe sy dit skaam en versigtig vasvat. Sy meneer raak gewoonlik binne nul tot drie sekondes styf as hy naby ’n mooi meisie of vrou kom. Hy het sy hand weer onder haar rok ingedruk en hierdie keer die pad na haar mik gesoek. Sy was papnat toe sy vinger aan haar gleufie raak. Ná enkele sekondes het sy gekom, hom vasgegryp en gesoen dat hy na sy asem snak. Met haar hand nog om sy penis het hy gevoel hoe sy knaters saamtrek en geweet hy is verby die omdraaipunt.
Die volgende oomblik het sy skielik teruggedeins. “Juan, wat doen jy aan my! Ons mag nie, want al wat jy van ’n meisie soek is seks. Ek weet, want Naomi het my vertel.”
Marissa het begin huil. Hy het probeer troos en verduidelik, maar sy het haar kar oopgesluit en in ’n stofwolk om die draai verdwyn. Juan het na sy kar gestap en soos ’n hond gevoel. Naomi is een van die prokureurs op die dorp en hy het haar al ’n paar keer uitgeneem. Maar hoe durf sy sy naam swartsmeer!
So het daar drie maande verbygegaan waarin Marissa Juan totaal geïgnoreer het. Hy het ’n obsessie ontwikkel om met haar liefde te maak. Hy kon net nie haar verleidelike kurwes en haar sagte lippe vergeet nie. Die afgelope Sondag was ’n bewys daarvan.
Hy is kerk toe. Dit was Nagmaal en die kerk was vol. Net toe hy gaan sit het, het hy van ’n bekende parfuumreuk bewus geword. Hy het links van hom gekyk en gesien dit is Marissa. Sy het hom met groot oë aangestaar en hy het haar verbaas gegroet. Hy het gaan sit en omdat die kerkbanke so vol was, moes hulle styf teen mekaar sit … en was dit nou nie lekker nie!
Dominee Van Graan het met sy aankondigings begin en die gemeente meegedeel dat hy vir drie weke met verlof gaan en dat ’n proponent in sy plek sal waarneem.
Die oomblik toe Juan langs Marissa gaan sit, was hy stokstyf, want hy het onmiddellik teruggedink aan daai dag in die restaurant se parkeerterrein, en daar langs hom het sy net te veel been gewys.
Daai onnutsige streep