Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg. Lilian Paramor

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor


Скачать книгу

      •Wanneer babas omrol

      •Die gebruik van fopspene

      •Hardlywigheid

      •Hoe om ’n roetine te vestig

      •Moet ’n groot baba babapap kry?

      •Volgehoue pyn in die omge­wing van die perineum

      •Afwesigheid van seksdrang.

      •Hang helderkleurige, sfeervormige gesigvorms met strepe vir die mond en oë bo Baba se bedjie; hy sal baie goed hierop reageer.

      •Hang musiekbewertjies geleidelik al hoe verder van Baba se oë af namate hy groei.

      •Skud ratels en ander voorwerpe heen en weer sodat sy dit met haar oë kan volg.

      Maand Vyf

      MYLPALE

      Op hierdie ouderdom verskaf Baba hope plesier en hy babbel aanhou­dend en glimlag maklik. Sy aan­steek­like laggie sal jou dae opvrolik. Baba het waarskynlik teen dié tyd die kuns bemeester om heen en weer te rol, en hy hou daarvan om hom op sy arms reg­op te druk wanneer hy op sy maag lê. Moedig dit aan. Sy glimlag ook graag vir haarself in die spieël. Die groot halfjaarmylpaal is net om die draai!

      BABASPELETJIES

      ALGEMENE KWELLINGS

      Lees elders meer hieroor:

      •Kennismaking met vaste kosse

      •Herkenning en hantering van tande kry

      •Hoe om siektes uit te ken

      •Wanneer om dokter toe te gaan

      •Hantering van koors

      •Waarom slaaptyd in die dag beter is as in die nag

      •Wanneer jy voel dat jul verhouding onder druk geplaas word

      •As jy wonder wanneer jy weer gaan begin menstrueer.

      •Swaai baba heen en weer in ’n lakenhangmat.

      •Laat lê baba op ’n groot swangerskapsbal en rol haar vorentoe, agtertoe en sywaarts.

      •Gooi verskillende soorte gekleurde papier en plastiek in tousakkies en hang dit bo-oor haar speelplek, bedjie of stootwaentjie vir visuele en taktiele stimulasie.

      Maand Ses

      MYLPALE

      Al is jou baba in dié stadium ’n bondeltjie vreugde, kan hy moontlik ook baie ge­frustreerd raak met die lewe. Hy kan aan dinge dink wat hy graag sou wou doen en dinge sien wat hy graag wil hê, maar buite sy bereik is! Dit is ’n veeleisende stadium vir die ouers, wat Baba sy doelwitte moet help bereik, maar sonder om outomaties alles vir hom te doen: babas moet hierdie energie van hulle gebruik om hul eie vermoëns te ontwikkel. Baba sal binne­kort leer kruip en dan sal die lewe weer makliker raak. Hy sal een voorwerp laat val om ’n ander op te tel, interessante voorwerpe nader “hark”, met hulp regop sit, stewig staan as jy hom vashou en voorwerpe tussen sy vingers begin vashou.

      BABASPELETJIES

      ALGEMENE KWELLINGS

      Lees elders meer oor die volgende:

      •Skeidingsangs

      •Wanneer Baba sal begin deurslaap

      •Tipiese babakos op ses maande)

      •Wanneer Baba sal regop sit

      •Byt aan die bors

      •Reaksies op opvolgmelkformule)

      •Oormatige moegheid by Ma

      •Nageboortelike depressie.

      •Laat bons Baba rond op ’n swangerskaps­bal terwyl jy hom stewig om die middel vashou.

      •Verskillende soorte ratels verskaf steeds luisterplesier. Vul ligte, maar veilige houers soos klein plastiekbakkies met ’n verskeidenheid voorwerpe soos pitte, boontjies of albasters. Laat Baba hulle skud en hom verwonder aan die verskil­lende klanke.

      Maand Sewe en Agt

      MYLPALE

      Jou baba kan moontlik skielik begin skaam raak vir vreemdelinge of mense wat sy nie dikwels sien nie. Dit is omdat babas in dié stadium daarvan bewus raak dat hulle afsonderlik van ander mense bestaan. Baba sal met voorwerpe op ’n tafel slaan, kos uit jou bord gryp en dit geniet om die middelpunt van die aandag te wees. Teen Maand Agt kan sy voorwerpe tussen haar wysvinger en duim vashou en vir Ma aanbied, maar dit nog nie laat los nie. Die meeste ouers verwag in dié stadium van hul babas om op ’n veel meer volwasse wyse te slaap en te eet. Dit kan vir jou ’n tydperk van verwarring en ongelukkigheid word as daar nie aan jou verwagtinge voldoen word nie. Veral ma’s sien hul baba se onvermoë om deur te slaap as ’n teken dat hulle iets verkeerd doen.

      BABASPELETJIES

      •Maak proesgeluide teen haar magie. Die kielierige sensasie, saam met die snaakse geluide, sal haar laat skaterlag!

      •Speel vliegtuigie met jou baba. Hou Baba stewig vas en vlieg met haar deur die kamer of tuin, terwyl jy haar af en toe in die rondte tol en op en af beweeg. Hou op sodra sy belangstelling verloor, maar dit is ’n speletjie waarmee Pa se sterk arms ’n hele ruk lank sal kan volhou – tot groot plesier van Baba, wat sommer gou sal aandui dat sy dit weer wil doen.

      ALGEMENE KWELLINGS

      Lees elders meer oor die volgende:

      •Wanneer Baba sal begin kruip

      •Die gebruik van ’n loopring

      •Geskikte kos vir hierdie ouderdom

      •Toename in verkoues en toe neuse

      •Hoe om Baba se immuunstelsel te versterk

      •Frustrasie en huilery by Baba

      •Word Baba genoegsaam gestimu­leer as hy tuis versorg word?

      •Weerstand teen motorstoeltjie.

      •Plaas voorwerpe net buite Baba se bereik. Dit sal jou groeiende baba vermaak en uit­daag terwyl hy probeer om die begeerde voorwerp te bereik. Moenie hierdie spele­tjie laat voortduur totdat hy gefrustreerd raak nie; help hom om sy doel te bereik wanneer sy inspanning ’n hoogtepunt be­reik. Hy sal straal van genoegdoening, en dit sal hom die moed gee om volgende keer nog harder te probeer, terwyl sy aandag gevange gehou word.

      Maand Nege en Tien

      MYLPALE

      Op tien maande kan jou klein hartedief skielik baie klouerig begin raak. Beskou dit as ’n kompliment! Jy het hom gehelp om ’n aansienlike vlak van onafhanklikheid te bereik en hy moet hom nou tot jou wend om homself gerus te stel. Hierdie stadium sal gou oorwaai as jy hom nie in ’n rigting probeer dwing nie. Baba is waarskynlik baie beweeglik, wat jou aan die draf hou en jou help om jou daaglikse oefening te kry! Hy kan enige oomblik begin kruip en begin hom teen die meubels regop trek. Hy sit al stewig en kan omdraai sonder om om te val. Sy verstaan klaarblyklik heelwat van wat jy sê en sal ook vir jou voorwerpe aangee wat sy vasgehou het. Teen ’n volle tien maande sal die meeste babas ’n arm of voet uitsteek wanneer jy hulle wil aantrek. Lees gereeld vir haar stories, sê rympies op en wys vir haar prente in boeke.

      BABASPELETJIES

      ALGEMENE KWELLINGS

      Lees elders meer oor die volgende:

      •Hoeveel


Скачать книгу