Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes. Hilda Lategan
Ertjies
Geelwortels
Gemmer, vars
Grasuie
Groenboontjies
Knoffel
Komkommer
Kopkool
Kruisement
Lemoenpampoentjies
Murgpampoentjies
Patat
Pietersielie
Prei
Rooikool
Sampioene
Seldery
Soetrissie – groen, geel, rooi
Spinasie
Tamaties – standaard-, kersie-, rosa-, roma-
Uie
Bevrore groente
Ertjies
Gemengde groente
Uie
Bevrore groente
Ertjies
Gemengde groente
Groenboontjies
Ingemaak
Agurkies
Aspersies
Gemengde groente
Geroomde suikermielies
Pikantrissies
Pitmielies
Sampioenstukkies
Tamatie-en-uiesmoor
Tamaties in sap, heel ingemaak
Tamatiepuree, tamatiepasta
Vars vrugte
Aarbeie
Appelkose
Appels
Bessievrugte
Mango
Papaja
Pere
Perskes
Piesangs
Pynappel
Sitrusvrugte – lemoen, nartjie, pomelo
Suurlemoen en -sap
Ingemaak
Appels (tertappels)
Appelkose in vrugtesap
Appelsous
Peer in vrugtesap
Perske in vrugtesap
Vrugtesap
Appelsap
Lemoensap
Droëvrugte
Appelkose
Appelringe
Dadels
Glanskersies
Korente
Pruimedante
Rosyne
Sultanas
Gemengde droëvrugte
Uiteet, wegneemetes en ingepakte maaltye
Uiteet en wegneemetes
•Kies waar moontlik geregte wat min vet bevat, soos geroosterde of gestoomde maer vleis of vis. Indien die vel nie vooraf verwyder word nie, kan die geroosterde hoender wat in restaurante bedien word baie vetterig wees. Die marinade en bedruipsouse wat vir geroosterde hoender gebruik word, kan ook baie vet en suiker bevat. Wees dus versigtig met die keuse van geroosterde hoender.
•Bredies en potjiekos moet met die minimum vet en maer vleis of vellose hoender berei word. Groente, veral aartappels en patats, is geneig om die vet in die bredie te absorbeer. Skep dus versigtig as jy bredies of potjiekostipe geregte weg van die huis af eet.
•Beperk die gebruik van souse oor vleis, vis en hoender – dit kan hope versteekte vet en suiker bevat.
•Kies gestoomde of gekookte vars groente of slaai wat uit rou, vars groente of vrugte bestaan.
•Eet eenvoudig gekookte rys, pasta, aartappel in die skil of volkoringbrood in plaas van vetterige tjips, diepgebraaide uieringe, poffertjies of vetkoek.
•Hou matigheid voor oë wanneer alkoholiese drankies ingeneem word. Lees ook die afdeling oor die gebruik van alkohol.
•Besluit of dit nodig is om van die nagereg te eet of bestel eerder vars onversoete vrugteslaai volgens die riglyne van jou maaltydplan.
Ingepakte maaltye, kospakkies en pieknieks
•Dit is wenslik om ’n geskikte voedselhouer en ’n koelhouer vir hierdie doel aan te skaf. Daar is deesdae ook nuttige geïsoleerde flessies beskikbaar waarin warm of koue vloeistowwe en sop gehou kan word. Probeer waar moontlik om voedsel te verkoel, veral in die warm somermaande.
•Om voedselvergiftiging te voorkom, kies voedselsoorte wat goed sal hou wanneer die temperatuur nie behoorlik beheer kan word nie.
•Probeer om by die dieetvoorskrifte vir die spesifieke maaltyd te hou. Kies voedselitems uit volgende vir jou kospakkie of piekniek:
Proteïen | Stysel | Groente | Vrugte |
Beesvleisskyfies | Aartappel – gekook, slaai | Aspersies | Aarbeie |
Biltong sonder vet | Brood en broodrolletjies – rog-, bruin-, saad-, volkoring- | Blaarslaai | Appelliefies |
Bone, lensies – gaar | Bruinrys | Beetstukkies | Appelkose |
Eier | Pannekoek | Boontjiespruite | Appels |
Grondboontjie- botter | Pasta | Groentesop | Bosbessies (cranberries) |
Ham | Plaatkoekies | Groentesosaties | Dadels |
Hoendervleis | Pitabroodjies | Komkommer – stokkies, skyfies | Kersies |
Hoemoes | Pretzels | Koolslaai | Kiwivrugte |
Maalvleis – frikkadelle, geurige maalvleis | Skons | Murgpampoentjies – stokkies, stukkies | Lemoene |
Makriel of snoek –gedroog of gerook | Tortillas vir wraps | Seldery – stokkies | Mango |
Neute, grondbone | Springmielies met min of geen olie | Soetrissie | Nartjies |
Salm, tuna – ingemaak of gerook | Volkoring-kraakbeskuitjies soos Provitas, Ryvitas, Crackermates Lites | Tamatie – gesny of klein tamaties | Nektariens |
Suiwelprodukte – kaas: laevet-, hard, maaskaas, ricottakaas; laevet- of vetvrye melk; laevet- of vetvrye jogurt | Vrugtebrode | Uie, uieslaai | Papaja |
Tert en quiche | Vrugtemuffins | Wortel – stokkies of skyfies | Perskes |
Visvingers of -bolletjies | Vrugteskywe | Piesangs | |
Pomelo | |||
Pruimedante | |||
Pynappel | |||
Rosyne, sultanas, korente | |||
Spanspek | |||
Vrugteslaai | |||
Vye | |||
Waatlemoen |
Kinder- en tienerpartytjies
Die kind met diabetes hoef nie die pret van ’n partytjie ontsê te word nie.
Oorweeg die volgende wanneer jy die partytjie beplan:
•Dink kreatief en doen moeite met die tema en dekor. Kies geskikte vrolike tafeldoeke en kleurryke houertjies vir die eetgoed. Versterk die partytjie-atmosfeer met ballonne en geskikte musiek indien die tema dit vereis.
•Dink aan maniere om die kinders besig te hou, want dit gaan immers oor die gesellige samesyn van ’n groep kinders wat mekaar nie noodwendig goed ken nie.
•Wyk af van die gebruiklike