Dr. Eve se Seksboek. Marlene Wasserman

Dr. Eve se Seksboek - Marlene Wasserman


Скачать книгу
en jou vriende te praat. Die alternatief kan veel erger gevolge hê.

      As jy ’n tiener of ’n jong volwassene is, dankie dat jy hierdie boek gekoop het en belê in jou seksuele gesondheid!

      Jou lewe as ’n tiener

      Jou tienerjare is ’n tydperk van eksperimentering, opwinding en ontdekking.

      En dit is nie net as gevolg van hormone nie. Maar hormone veroorsaak die verandering in jou ontwikkeling en groei, wat weer emosionele en gedragsveranderinge veroorsaak.

      Jou gevoelens sal soms binne sekondes verander van hartseer na gelukkig. Dit voel of jou hele wese daarvan afhang dat hulle tog net daardie bal vir jou aangee, of daardie ou jou sms of daardie meisie vir jou glimlag. Jy wil alleen wees, maar jy voel eensaam as jy alleen is. Jy voel bang, opgewonde. Jy voel lelik, pragtig.

      Jy voel net te veel!

      Jou buie

      Ek kry so baie briewe van verwarde tieners wat juis met hierdie probleme worstel. Dit is nie altyd maklik om die regte antwoorde te kry nie.

      Beste dr. Eve

      Help! Ek is ’n tiener, maar ek voel so anders. Ja, ek weet my liggaam is anders – my penis lyk of dit gegroei het, maar jinne, dis veel meer as dit. Ek voel mal en deurmekaar aan die binnekant, veral in my hart. ’n Frustrasie, ’n irritasie. Nee, ek is nie “horny” nie, want ek het gisteraand gemasturbeer. Ek kan dit nie op die naam noem nie, maar dit maak my ongemaklik. Hierdie gevoel skud my hele wêreld. Ek stoot my ma weg as sy my soos altyd ’n drukkie wil gee, maar dan mis ek haar weer as ek by die skool is. Ek voel verward, vol vertroue, bang, of koning van my klas – maar alles tegelyk! Wat is aan die gang met my?

      Desperate tiener

      Hallo, Desperate tiener

      Ek weet nie eintlik wat is erger nie: om ’n tiener te wees of om die ouer van ’n tiener te wees. Albei is effens van ’n tuimeltrein-rit, wat die hele gesin omkrap en meestal baie spanning veroorsaak. Partykeer is die lewe so wonderlik – tot die volgende tuimeltrein verbykom en woeps, daar ruk en rol die lewe weer. Jy ry daardie tuimeltrein, maar jy het geen beheer daaroor nie. Jy kan dalk vandag skool toe gaan en regtig cool en gelukkig voel. Dan terg jou beste vriend jou voor die hele groep oor iets snaaks wat jy gedurende die naweek gedoen het. Tóé het jy ook gelag, maar nou voel jy skielik verneder en kwaad. Die enigste manier om deur die volgende paar jare te kom, is deur jouself te herinner dit sal oorwaai. En soos wat jy van die tuimeltrein afklim, sal jou jonger boetie dalk besig wees om op te klim, met jou as ervare gids en mentor.

      Dr. Eve

      Jou tienerjare is ’n opwindende oorgangstydperk waarin jy ontdek wie jy is en hoe jy jou lewe wil lei. Jy het nie al die voorregte van ’n volwassene nie en dit maak jou deurmekaar, want jy voel al soos een. Te veel kere word jy gedwing om volwasse besluite te neem en aangemoedig om verantwoordelikheid vir jouself te neem. Reëls en ’n vaste struktuur is eintlik wat jy nodig het, want jou lyf en kop wil maak wat hulle wil. Jy is soos ’n onkeerbare wegholtrein. Jou instink is om te speel, nuwe dinge te probeer en jouself te toets in die wêreld waarin jy is. Maar die gevolge is nie altyd so duidelik nie.

      Die tienerjare, min of meer tussen die ouderdom van 13 (selfs van 9 jaar af) en 19 (bekend as laat-adolessensie), is van die belangrikste jare van jou lewe. Sonder die basis van ’n goeie selfbeeld, positiewe liggaamsbeeld en selfvertroue sal ’n ongelukkige tiener ’n ongelukkige volwassene word. Navorsing toon ’n lae selfbeeld kan in meisies tienerswangerskap, chlamydia, eetsteurnisse, selfbesering en depressie tot gevolg hê.

      “Selfbeeld” beteken jy moet goed kan voel oor – en positief kyk na – jou lewe, gevoelens, aksies en verhoudings. Daar is soms faktore in jou lewe wat veroorsaak dat jy nie ’n positiewe fondament vir jou selfbeeld kan lê nie – jou ouers se egskeiding, een van jou ouers of jyself wat misbruik word, jou pa wat te hard werk en nooit tuis is nie. Of dalk het jy ’n ma wat te veel drink, te lank by haar vriendinne kuier of te hard werk; ’n ouer wat ’n ander verhouding het; ouers wat gedurig baklei; ’n ouer wat siek is. Dan is daar ook jou eie uniekheid, soos dat jy uit voel en nie by enige groep inpas nie, te skaam is, geen vriende het nie, nie so slim, mooi of cool soos die ander is nie. Dit is hoekom jy, en veral jy, ’n groot poging moet aanwend om aan jou selfbeeld te bou.

      Almal is verskillend. Vir die meeste van jou tienerjare sal jy nie wil anders wees nie. Jy wil dieselfde lyk en optree as jou portuurgroep. Alles gaan oor hoe om in te pas en te behoort. Soos wat jy ouer word, sal jy wil eksperimenteer, dinge ontdek en uiteindelik jouself op ’n unieke manier wil uitdruk. Jy sal ’n kliek vorm met ander mense wat in dieselfde dinge as jy belangstel. Jy sal dalk ’n “biker” genoem word, rugbyheld, ’n poppie, ’n “nerd”, wat ook al. Jy werk met die boustene van jou selfbeeld.

      Ongelukkig het tieners nie altyd genoeg leiding nie, en die negatiewe faktore in hulle lewe verhinder hulle om goeie besluite te neem oor hoe om met hulle stene te bou. Dwelms, alkohol, wetsoortreding of om aan ’n bende te behoort, word eerder die plek waar hulle “hoort”, hulle familie.

      Kyk ’n bietjie na al die faktore wat jou help om hierdie belangrike selfbeeld te skep. Kry dan ’n paar stene, sement en ’n graaf en begin bou!

      Die boustene van jou selfbeeld

      Politieke boustene

      Sien Definisies

      Dit is moeilik as jy grootword in ’n familie met baie kinders of in ’n beknopte, vervalle leefruimte. Jy het geen privaatheid om jouself en jou emosies te ontdek nie. Dit is moeilik om selfwaarde te hê as jy “anders” is as die groep. “Anders” beteken jy is dalk ’n LGBTT (lesbies, gay, biseksuele, transgeslagtelike, tweeslagtelike) persoon of iemand met ’n ander velkleur en/of kultuur as die meeste mense in die groep. As jy ’n leerprobleem het, voel jy nie so slim soos die ander nie. Ook as jy ’n fisieke gebrek het. Boem! Daar gaan jou bousteen van selfvertroue.

      Bou jou politieke stene deur mense te vind wat dieselfde as jy is op maniere wat jou gemaklik laat voel, en hang saam met hulle uit. Skep jou eie unieke groep.

      Dr. Eve sê:

      Die belangrikste deel van jou bouwerk is om te voel jy hoort êrens. Ek weet jy wil aan die cool groep behoort, maar dit is nie altyd moontlik vir die meeste mense nie. Skep jou eie groep, en maak dit cool vir jou!

      Sosiale boustene

      Om geen keuse te hê nie, laat jou sonder ’n stem. Jy het nodig om bo­kant jou vriende se stemme in jou kop uit te skree en te kies wat jý wil hê.

      In hierdie stadium is vriende amper belangriker as jou ouers. Hulle is jou tweede familie, die mense met wie jy verkies om uit te hang. Hulle verstaan jou, julle deel geheime, julle is lojaal teenoor mekaar en julle skend nie mekaar se vertroue nie. Ongelukkig kan vriende ook ’n groot hindernis wees wanneer jy aan jou selfbeeld bou.

      Groepsdruk is ’n werklikheid. Daar is ’n “pas in of gaan vlieg”-mentaliteit. Dit is hoekom dit so belangrik is om goeie vriende te kies. As jy uithang saam met mense wat eksperimenteer met dwelms en alkohol, sal jy ook daarby betrokke raak. Jy voel dalk dit is erger om uit die groep gelaat te word as om in ongewenste aktiwiteite gedwing te word. Maar is dit reg?

      As jy voel jou vriende plaas druk op jou, is jaloers op jou, kompeteer met jou, vry jou kêrels/meisies af of skinder agter jou rug, los hulle. Hulle sal net jou selfbeeld skade doen en jou laat sleg voel oor jouself.

      Jong meisies en ouens leer by hulle vriende oor seksualiteit – deur pornografiese materiaal, hoorsê, die media en hulle eie seksuele ondervindings. Dit skep soms ’n verwronge beeld – wat jy dalk as die waarheid aanvaar omdat ’n beeld van gesonde seksualiteit nie vir jou bestaan nie. Vriende spog oor hulle seksuele prestasies en gewildheid, en dit laat jou onbevoeg voel. Baie keer wil jy sommer opsetlik


Скачать книгу