Trekkerswee. Totius
tion>
TREKKERSWEE
VERSE VAN
TOTIUS
MET TEKENINGE VAN J.H. PIERNEEF
6de DRUK
Tafelberg
Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Trekkerswee mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.
Uitgewersnota
NB-Uitgewers se digitaliseringsprojek het die maatskappy voor verskeie geleenthede en uitdagings te staan gebring. Die vryer toegang wat so ’n projek meebring, beteken dat literêre tekste uit verskeie eras nou vir enige leser met internet-toegang, binne en buite biblioteke en oor landsgrense heen maklik beskikbaar raak. Dit is ’n geleentheid wat waarskynlik vele uitkomste sal hê – sommige voorspelbaar, ander nie. Dit is egter ook ’n uitdaging, aangesien daar redelik verwag kan word dat die biblioteekleser, of die leser wat moeite doen om ’n bepaalde ouer teks in die hande te kry, ’n leser is wat historiese konteks en die veranderende norme van sosiopolitiese aanvaarbaarheid begryp.
Hierdie kwessie is al in ander kontekste aangepak, met wisselende sukses. ’n Bekende voorbeeld is die bowdlerisation van Mark Twain se Huckleberry Finn, wat handel oor die slawegeskiedenis in Amerika. In ’n land soos Suid-Afrika is dit veral belangrik om by die lees van ouer tekste die nodige begrip vir konteks te hê. Die betekenisse van woorde – en veral hul konnotasies – verander met tyd. Perspektiewe wat in vroeër eras aanvaarbaar of selfs progressief was, is dalk nou rassisties, diskriminerend, of neerbuigend. Sommige tekste kan dus maklik vanuit ’n hedendaagse perspektief onregverdig kritiek ontvang. Die leser moet natuurlik ook kennis neem dat die norme waarvolgens hy tans oordeel, binne ’n aantal dekades ook sal verander.
Die beginsel wat gevolg is in hierdie projek, is een van deursigtigheid en eerlikheid. Daar is dus geen poging aangewend om “sensitiewe woorde” te vervang of verouderde perspektiewe aan te pas nie. Buiten tipografiese korreksies en hier en daar modernisering van spelling (alhoewel ook dit meestal vermy word), is hierdie tekste digitaal gepubliseer soos hulle oorspronklik in boekvorm verskyn het. Dikwels is ook afwykende skryfwyses onveranderd gelaat – of dit drukfoute of aanvaarde vorme was, is moeilik te bepaal, en ter wille van die navorser word die oorspronklike vorm dan behou, tensy dit leesbaarheid beïnvloed.
Hierdie besluit is bewustelik geneem om getrou te bly aan die geskiedenis, en om standpunt in te neem teen die vervalsing daarvan. Die uitgangspunt is dat ’n etiese benadering vereis dat daar met nugter oë gekyk word na die maniere waarop denkwyses in die literatuur neerslag gevind het. Pogings om dit agteraf anders in te kleur, doen onreg aan die ernstige leser se behoefte om daaruit te leer, en begaan ’n dubbele sonde as dit die teks én die eietydse leser neerbuigend wil behandel. Elke leser sal sy eie oordeel bring. Die wonder van die digitale era is hoe maklik dit vir elke ander leser is om dieselfde te doen.
’N WOORD VAN INLEIDING
__________
Die versies verplaas ons bo op die Rand, ongeveer waar Johannesburg nou lê. Daar het oom Gert, ’n trekker, met vrou en enige dogter, gaan woon. Later kom oom Koos, ’n kolonis, wat in die nabyheid grond gekoop het. Sy seun Willem raak verlief op Dina, oom Gert se dogter. Nadat die twee famielies saam Perdekraal-fees gevier het, gaan Willem en Dina trou.
Die twede verse-reeks beskrywe die ontdekking van die goudvelde en die opkoms van Johannesburg, maar ook die verleiding waaraan Willem en Dina, wat by oom Gert inwoon, blootgestel word en waarvoor hul beswyk. Die twede stuk eindig dan met die groot Boer-Britse oorlog.
Die derde verse-reeks verplaas ons in die tyd toe die Unie tot stand gekom het, en beskryf die treurige einde van oom Gert en Dina.
Dis die simpele storie, waarop die hele gedig gebou is.
__________
Ons kan hier nog byvoeg, dat die S.A. Akademie, deur die vrygewigheid van generaal Hertzog, in staat gestel is om jaarliks ’n milde geldprys vir letterkundige werke uit te loof. Die prys vir 1915 werd aan hierdie gedig toegeken.
Lees ook hierdie verse van TOTIUS:
BY DIE MONUMENT
WILGERBOOMBOGIES
RACHEL
KINDERVERSlES
SILWER STRALE
“Verlore-klein lê op die Rand,
die huisie in die trekkersland.”
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.