Woorde is soos wors. Rona Rupert
kon niks sê nie. Hy het opgestaan, en met sy hand aan my skouer geraak. “Môremiddag sal ek en juffrou Hanekom weer kom, dan kan ons verder daaroor praat.” Ek het bly sit. Hy het agter my stoel kom staan. “Ek is jammer, Josias,” het hy weer gesê, en nog ongelukkiger geklink as vantevore.
Hy en juffrou Hanekom is daar uit. Hulle het die deur laat oopstaan en ek het gehoor hoe hulle met Mita en Hester op die treetjies praat. Toe ek Hester hoor lag, het ek vir die eerste keer weer aan die Sirkus gedink. Ek het my lam geskrik. “Hoe laat is dit?” het ek die verpleegster gevra.
Ma het die horlosie van Pa eers later toe ons weg is, vir my gegee; sy het dit eers self gedra. Die verpleegster s’n was aan ’n ketting, onderstebo vasgesteek teen haar bors. “Halfvyf,” het sy gesê.
Ek het agter die man aan die treetjies afgehardloop; hulle was al amper onder toe ek hulle inhaal.
“Sal ek nog by die Sirkus kan aanbly?” het ek hom gevra. Hy het verbaas gelyk. Ek dog hy verstaan nie. “Die Jeugsirkus,” het ek gesê. “Weet meneer daarvan?”
“Natuurlik,” het hy gesê, “gesonde buitemuurse aktiwiteite word altyd aangemoedig.” Dit het geklink of hy ’n toespraak hou. Maar toe word hy weer mens: “Ons stuur julle nie trónk toe nie, Josias.”
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.