Luistervink. Madré Marais

Luistervink - Madré Marais


Скачать книгу
was die spyskaart bo die oulike gesiggie van die meisiekind agter die toonbank. Die skerm van sy selfoon. Die grond onder sy naels. Die TV-skerm agter haar; hy bly oor haar skouer korrel om te sien hoe rugbyspelers dieselfde drieë druk en strafskoppe afstaan as wat hulle die naweek gedoen het.

      Wat verwag sy dan vandag? Dis net nog een van die baie kere dat hulle mekaar oor middagete hier kry. Dié soort ekstra kuiertydjie het hulle ’n ruk terug begin reël as haar idee van ’n bederfie. Nou is dit ook nie meer iets snaaks nie.

      Sy kyk na die man daar buite, net lank genoeg dat hy daarvan weet, dan kyk sy weg.

      Bok het nie agtergekom sy het haar naels laat doen nie. Dis darem nie asof dit die eerste keer is nie, maar sy het lanklaas daarvoor tyd gemaak of geld gehad.

      Nita het vooraf beplan hoe sy sou reageer wanneer hy daarna oplet.

      Hy sou dit raaksien, het sy gedink. En hy sou nie vreeslik beïndruk wees nie, maar hy sou seker darem iets sê. Iets soos: “En wat’s daardie?”

      Sy sou baie verbaas klink, en soet, “Wat is wat nou, Bokkie?” en hy sou haar hand vat en vir haar wys dís waarvan hy praat; en dan sou hy haar hand sommer so ’n rukkie vashou terwyl sy sê dis niks nie, sy het vir Kleintjie by verkope gevra, die kind se hande is tog altyd so mooi versorg. Hulle het dit sommer vanoggend in ’n stil tydjie daar by die werk gedoen.

      “Dalk kan sy joune ook bietjie bykom, Bok,” sou sy dan terg, “dis darem te erg, al die sand en goed.”

      Ongelukkig hoef sy haar nie te verbeel oor wat hy dan sou sê nie. Hy sou weer tekere gaan oor hoe tuindienste ’n regte man se werk is. Hy het nie tyd om handskoene aan te trek elke keer as die werkers nonsens aanjaag en hy moet inspring om iets gedoen te kry nie, sê hy.

      Kleintjie doen haar naels self en dit lyk so mooi, veral wanneer sy met haar vinger op die papier druk, daar langs die fyn lyntjie onderaan die bladsy, om te wys waar ’n kliënt sy handtekening moet maak.

      Nita het al gesien hoe party mans na daardie lyntjie kyk; dan na die netjies gedoende nael aan Kleintjie se vinger; na haar hand, haar pols waaraan een van die fyn kettinkies blink wat haar kêrel vir haar gekoop het, al die pad met haar arm op tot by haar gesig. Sy het elke nou en dan ’n ander kêrel, maar sy vra altyd dieselfde geskenk as hulle vir haar iets spesiaals wil koop. Altyd so ’n kettinkie.

      Dis oor dié kykery dat Nita vir Kleintjie gevra het om te help.

      Nou kyk die motorwag wat hier buite staan na haar. Nie Bok nie. Al is hy die een vir wie sy die selfoonboodskap getik het: “Sien ons mekaar vir lunch?”

      Sy het nogal ’n pienk melkskommel bestel, omdat die stroop wat hulle aan die binnekant van die glas spuit, dieselfde helderpienk as die kleur aan haar naels is.

      Die man kyk na haar, en sy kyk terug. Want sy is lus.

      Bok is juis besig met sy foon. Amper nog die hele tyd vandat sy met die kafeeskinkbord by die tafel aangekom het.

      Nita het hom dopgehou, netnou, van waar sy by die toonbank gewag het vir die kos wat hulle bestel het. Sy het gekyk hoe hy stadig tot by die tafeltjie loop en op die bank inskuif. Die gekraakte kunsleer is dieselfde turkoois as die vloerteëls, en is afgerond met ’n wit randjie al om die kante. Nita haat turkoois.

      Sy het gekyk hoe hy terugsit met sy arms wyd gegooi op die rugleuning, asof hy by die huis voor die TV sit.

      Eers toe het hy teruggekyk, na die meisie agter die toonbank met wie hy so oorvriendelik was. Die meisie het haarself met die stapeltjie menu’s langs die kasregister besig gehou.

      Bok het toe maar na die gemors onder sy naels gekyk.

      Dit het gelyk asof hy van iets onthou, en hy het sy foon met ’n gesukkel uit sy broeksak gestoei terwyl hy sy rug reguit maak en sy bene styf skop.

      Van toe af sit hy so met die foon.

      “Gee vir my ’n dagwood en tjips,” het hy netnou vir die meisiekind gesê asof hy lank daaroor nagedink het, “en moenie skaam wees met die sousie nie, nè …”

      Hy het die laaste deel ekstra stadig gesê, met ’n glimlag. Bok doen alles stadig as hy iemand probeer beïndruk.

      Nita het geweet dis wat hy gaan bestel. Die dagwood. Dis wat hy altyd eet. Sy bestel gewoonlik sommer namens hom en betaal.

      Die meisie het nie op sy skimp gereageer nie. Sy het net omgedraai, die bestelling uitgeroep en die strokie langs die res ingedruk waar dit bo die kombuistoonbank hang. Toe het sy oor die toonbank geleun om iets vir ’n vrou in die kombuis te beduie.

      Nita het gesien hoe Bok se ooglede ’n bietjie toeval, en gekyk hoe sy gesig trek asof iemand ’n bruinpapiersak met nat, vetterige biltong onder sy neus hou.

      Lekker boude, dis wat hy gedink het. Sy weet al lankal presies wat hy dink.

      “Toe nou, gaan sit solank, Bokkie,” het sy saggies gekarring, “ek sal wag.”

      Lekker boude. Dit het hy aan die begin vir haar ook gesê. Dis die heel eerste woorde wat Bok ooit vir haar gesê het, nogal op Wessie se groot verjaardagbraai. Sy het kombuis toe gegaan om te kyk of die paptert gaar word. Toe is hy skielik langs haar waar sy voor die oond buk, sy gesig hier by haar oor. Lekker boude, het hy gesê en weggeloop.

      Nita het daar gestaan, net so vooroor gebuk, met haar gesig wat gloei van die lug wat uit die oond stoot en die reuk van tamatie-en-uiesmoor en gebraaide kaas wat in haar hare intrek. Dit was die eerste ding wat sy die volgende oggend geruik het, nog voordat sy haar oë oopgemaak het.

      Ná al die jare het Bok nog nooit aan ’n ander woord gedink vir ’n ding waarvoor hy lus kry nie. Alles is lekker: lekker bene, lekker lyfie, lekker lippe.

      Nou sit sy en kyk hoe hy ’n boodskap op sy foon tik. Stadig. Dis die een ding wat nie indrukwekkend lyk as jy dit stadig doen nie. Dit laat jou net stadig lyk.

      Sy sien dat die karwag sy arm in die lug hou. Hy beduie vir iemand dat hulle maar kan kom, kom-kom, kom maar bietjie, kom, so ja.

      Kom, beduie sy vir hom met haar oë. Maar nie vir te lank nie.

      Toe sy netnou met die skinkbord aangekom het en Bok se kos voor hom neersit, het sy gewonder waarmee hy besig is.

      “En, wie laat jou so smile?” het sy probeer terwyl sy die bord voor hom neersit. “Dis seker maar weer een van daardie …” het sy gesê voordat sy een van die tjips op sy bord in haar mond druk en die sin klaar dink terwyl sy kou: foto’s van boude of bene of kaalbolyf meisiekinders.

      Sy kon nie help om te wonder of dit die soort foto is wat woorde by het nie. Die soort wat hy en sy vriende vir mekaar aanstuur.

      Dalk was dit ’n foto wat iemand van hulself geneem het, net vir Bok om na te kyk. Hulle twee het dit mos ook op ’n tyd gedoen. Dit het altyd gevoel asof iemand oor haar skouer loer terwyl sy so iets stuur.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RDBRXhpZgAATU0AKgAAAA
Скачать книгу