Donkerwoud. François Bloemhof
bang wees nie, dis net my broer!” roep hy.
Rolf verskyn tussen die bome. “Wat gaan nou weer met jou aan? Vir wat praat jy met jouself? En hoekom het jy my nie kom soek nie? Moes ek heeldag agter die boom bly staan?”
“Hier was ’n meisie. Het sy nie by jou verbygeloop nie?”
“Nee.” Tiaan kan sien Rolf glo hom nie. “Niemand is by my verby nie.”
“Maar . . .” Tiaan kyk na die plek waar hy en die meisie gesels het. Toe raak dit koud in sy nek.
Op die plek waar hy gesit het, is ’n duidelike merk in die grond. Die blare is ingeduik, die takkies plat.
Maar op die plek waar die meisie gesit het, is daar geen merke nie.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.