Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 7 Eerste Addisionele Taal. Riens Vosloo

Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 7 Eerste Addisionele Taal - Riens Vosloo


Скачать книгу
se gees!” sê die diere bang. “Nou kom hy ons sekerlik almal doodmaak.”

      “Wag en kyk,” sê Slang.

      En Olifant se oë is twee blink kole wat al hoër klim tot dit reg bo die plek hang waar die diere sy liggaam verskeur het. Toe skielik kom sy beendere regop en hulle kry wortels en takke vol vrugte. En sy senings rank oor die aarde en dra tsammas. En sy hare word velde gras.

      “Nou het ons kos!” roep die diere, en hulle begin sommer wei. Maar party kan nie meer sonder vleis en bloed klaarkom nie. Daarom gaan hulle in die donker wegkruip: Leeu en Luiperd, Jakkals en Wolf, Wildekat en Uil. En as die ander diere slaap, kom hulle uit om te moor en te verskeur. Valk is glad so astrant dat hy helder oordag sy prooi soek. Net Aasvoël sê: “Ek wil ook vleis hê, maar ek sal nie self doodmaak nie.”

      Maar noudat hulle kos het, is die diere nog nie tevrede nie.

      “Water! Water!” kla hulle. “Ons gaan dood van die dors.”

      “Die vrugte is vol water,” sê Slang, “en die tsammas en die gras.”

      “Water! Water! Water!” kerm die diere, en hulle begin weer soos vroeër na mekaar kyk wie die lekkerste jong bloed het om te drink.

      “Olifant het vir julle sy lyf gegee!” roep Slang boos uit. “En ek het vir julle my gif gegee. Maar julle hou nog nie op nie.” Want wat die diere nie weet nie, is dat Slang al sy gif opgebruik het om die grote Olifant dood te kry. “Laat ek dan vir julle water ook maak!”

      En Slang verdwyn by ’n gat onder die aarde in, en hy sis en hy blaas en spuug lang strale tot die water bo die grond uitborrel en in die slote wegspoel en die leegtes vul.

      “Nou het ons ’n fontein en strome en watergate!” sê die diere, en hulle is tevrede.

      So het die diere kos en water gekry, en ons hoor vandag nog van olifantsgras en die waterslang.

      Woordverklarings

      beendere – liggaamsbene (nie die Engelse “legs” nie maar “bones”)

      Kaggen – die Skepper

      senings – spiere

      tsammas – wildewaatlemoen (Citrullus vulgaris)

Postlees: Beantwoord die onderstaande vrae in jou werkboek (pas leesstrategieë toe).
1.Waarom lees ons in die eerste paragraaf dit was “rooi dae”? Skryf net een korrekte antwoord neer: Die woestynsand is rooi / Die son was baie warm / Daar was baie bloed.
2.Noem ten minste drie dinge in hierdie verhaal wat nie in die werklike lewe moontlik is nie.
3.Waarom word die volgende woorde met hoofletters gespel in hierdie verhaal: Leeu, Luiperd, Jakkals, Wolf, Wildekat en Uil?
4.Twee voëls in hierdie verhaal jag soos hulle ook vandag jag. Noem die twee voëls en beskryf in een sin hoe hulle jag.
5.Skryf in een sin watse lewensles ons uit hierdie verhaal leer.
6.Watter dier in hierdie verhaal was werklik onselfsugtig?
7.Waarom kan hierdie verhaal ook as ’n volksverhaal beskou word?
8.Was dit in hierdie verhaal die diere se skuld dat daar geen water was nie? Skryf een sin as antwoord.
9.Is dit die mens se skuld dat water vandag al hoe skaarser raak? Raadpleeg die internet en gebruik die soekwoord “waterbesoedeling”.

      Die boodskap

      George Weideman

      Nota: George Weideman het hierdie verhaal oorspronklik by ouma Rachel Eises gehoor. In die talle variasies op hierdie oerverhaal bring die verkleurmannetjie en die akkedis soms die tyding, en soms verknoei die haas die boodskap op sy eie. In dié weergawe is Luis en Haas die boodskappers.

      Prelees – groepbespreking

       Hoekom kan jy uit die titel aflei daar sal meer as een karakter in hierdie verhaal wees?

       Waarom kan ons reeds uit die nota onder die titel aflei dat ons hier met ’n volksverhaal te doen het? Daar is meer as een rede.

      Die verhaal

      Dis die storie van Volmaan, Luis en Haas, en die boodskap wat Maan lank, lank gelede aan die mense gestuur het.

      Dit was nie sommer só ’n boodskap nie! Nee, dit was ’n baie belangrike boodskap. Want kyk, Maan gaan mos nie regtig dood nie. Sy kom weer; dit sien ons elke keer met volmaan. En vir die mensekinders wou Maan laat weet: “Net soos ék doodgaan, maar weer lewe, so sal julle ook doodgaan, en weer lewe.”

Brown Hare

      Maan moes ’n boodskapper kry om die belangrike boodskap na die mense te bring, en dié boodskapper moes kleiner as klein wees, en vinniger as vinnig. Ná wik en weeg besluit sy op Luis. Want sy het geweet Luis, die luiaard, sit net in ’n bossie se skaduwee en wag tot ’n boklam of die bokwagtertjie daar verbykom. Dan spring hy op en ry saam na die takkraal toe, daar waar die vure is, en dan is die boodskap sommer gou-gou by die mense. So, Luis het die boodskap gekry om te dra.

      Maar ongelukkig is Luis nie net lui nie – hy sien ook nie te goed nie.

      Toe Luis van Maan af weggaan met die boodskap, was dit nog nag. Hy het onder die eerste die beste graspol ingekruip. Daar het hy sy kans afgewag: kom staan ’n bok teenaan die graspol, dan het hy ’n ryding en dan is die boodskap so goed as by die mense.

      Toe die eerste skaduwee oor die graspol val, glip Luis uit, klim teen die skeenbeen voor hom op en klou vas. Maar ai … Luis het hom vreeslik misgis. Terwyl hy nog die boodskap oor en oor opsê sodat hy dit nie straks vergeet nie, raak die grond weg onder hom, en die tkaubome en die melkbosse raak klein onder hom.

      En toe sien hy eers: die bok het nie hare nie, maar vere! En toe hoor hy: kelkiewyn-kelkiewyn! Daar gaan sit die kelkiewyn anderkant die verste melkbos, en sy skud haar vere, en Luis trek met ’n boog deur die lug tot onder ’n biesiepol.

      Daardie aand steek Maan haar kop tussen die melkbosse op die horison deur om te kyk of die mense al dans van vreugde oor die goeie boodskap. Maar dis stil, die vure brand laag en aan die gehuil van die kinders kan sy hoor iemand is weer baie siek. Toe weet Maan Luis het nog nie die goeie boodskap afgegee nie.

      Vroeg die tweede dag, nadat daar die nag ’n paar druppeltjies reën geval het, dreun die sand rondom Luis soos die springbokke en die gemsbokke baljaar. Toe val ’n skaduwee oor die biesiepol waar Luis sit en wag, en Luis sê: Hier’s my kans, en hy klim.

      Aiiii, maar dis nie ’n werfbok teen wie se skeen Luis so vasklou nie! Toe Luis weer sien, galop die gemsbok met hom diékant verby die werf, al met die reënspore langs tot doer waar die son ondergaan.

      En toe die gemsbok later begin wei, sien Luis nog ’n dag is verby en die boodskap is nie afgelewer nie. En die werf lê nou anderkant die rant wat anderkant die verste rant lê.

      Toe Maan ’n rukkie later teen die verste melkbosse deur loer, sien sy dat die vure nog laer brand as die vorige aand, en sy hoor die mense huil. Iemand is baie, baie siek. Toe weet Maan Luis het nog nie by die mense uitgekom met haar goeie boodskap nie.

      Die derde dag, toe Luis tot bo in ’n volstruisdruiwebos klim, kom knabbel Haas aan die vet blaartjies. En Luis vertel hom van sy moeilikheid.

      Haas, wat nuuskierig is, wil dadelik weet wat die boodskap is. En Luis sê dit vinnig op: “Net soos ék, Maan, doodgaan, maar weer lewe, so sal julle ook doodgaan, en weer lewe.”

      Aha, dink Haas, dis so ’n vername boodskap … as ék dit aan die mense bring, sal ek Maan se guns wen. En hy bied terstond aan om Luis tot by die werf te vat.

      Maar hulle is skaars by die verste melkbosse of Haas skud sy karos links en regs in die wind – en daar trek Luis. En voor jy kan sê een-jakkals-het-’n-skewe-agterpoot! sê Haas gee pad voor, en hy hol so al wat hy kan werf toe om die boodskap vir die mense te bring.

      Maar waar Luis bysiende is, is Haas kortsigtig. Hy dink


Скачать книгу