Die Laaste sewe dae. Murray Janson
ongekunstelde kinderstemme gesing word. Die vals tone ontbreek egter nie: Jesus word vermaan omdat Hy die kinders wat in die tempel raas, nie bestraf nie. Maar nou hoef Jesus nie meer soos gister sy toevlug te neem tot die klippe wat sal uitroep nie. Hy kan nou Psalm 8 aan hulle voorhou en hulle daaraan herinner dat Dawid reeds geskryf het dat God sy lof juis graag uit die monde van kinders en suigelinge ontvang (vgl v 3).
Daarna waag ’n paar Fariseërs dit tog om navraag te doen na Jesus se gesag; hulle vra na sy bewysstukke (vgl Joh 2:18). Hy kon tog sekerlik nie toestemming van die hoëpriester verkry het nie, want dit het die wisselaars lankal reeds ontvang. Daarop antwoord die Meester: “Breek hierdie tempel af en in drie dae sal Ek hom oprig” (v 19). Dat Hy van sy liggaam praat, verstaan hulle nie. In hul onkunde wys hulle op die ses en veertig jaar wat aan dié kliptempel gebou is. Maar vier dae later sou hulle dieselfde woorde teen Hom gebruik toe die vals getuies – wat ook met die tempelgeld omgekoop is – sou aanvoer dat Hy Hom dit aangematig het om te beweer dat Hy die tempel sou afbreek.
Maar Hy sou die onreg verdra, net soos Hy die skuld van alle mense – tempelmense sowel as nietempelmense – sou dra wanneer God se sweep Hom sou tref en Hy as Seun van God van God se tafel weggejaag sou word om vir die sondaars plek te maak. Dan sou die woorde uit Psalm 69 waar word: “Die liefde vir u huis verteer My.” Hý word verteer sodat ons kan lewe. Daarom het Hy op hierdie Maandag gewaag om die tempel te reinig.
DIE DINSDAG
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.