Verliesfontein. Karel Schoeman
gemerk het dat dit toegetrek word. Die gordyn is weer roerloos, en van die geur van die rose is niks meer merkbaar nie, asof dit inderdaad verbeelding was. Maar dit was nie verbeelding nie, weet hy, en die fyn haarbarsies vertak en versprei in ’n netwerk oor die hele glansende vlak.
Hy draai om, weg van die groot huis in die donker tuin, en ontdek dat daar in die roerlose donker nog ’n enkele venster verlig is, in die huis skuins oorkant die straat met die sonneblomme in die tuin waarin die hinkende jong man vroeër vanmiddag verdwyn het. Ook hier bly hy staan terwyl hy kyk na die ruite van die glasdeur asof hy hoop om iets van die vertrek daarbinne te kan uitmaak, asof hy hoop om hier vanaf die straat ’n beweging te kan opvang of ’n geluid te kan hoor wat op lewe dui, iets so fyn miskien soos ’n blad wat omgeslaan word of die gekras van ’n penpunt oor papier. Lank bly hy hier staan, roerloos en afwagtend langs die heining van die huis, totdat die glasruit ook donker word, skielik asof ’n kers in die kamer daarbinne doodgeblaas is; en dan weet hy dat hy kan gaan.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.