Boomkastele. Schalk Schoombie
sê hy vir Otto.
Toe Otto hom in die stroompie doop, verander hy in ’n klein, groen seehasie.
Die handelaar tel die seehasie op en hardloop dorp toe. Hy neem dit na die markplein.
“Kyk hier! Seehaas!” skree hy. “Die een en enigste seehaas in die wêreld!”
Die mense drom saam om beter te kan sien.
“Wat ’n eienaardige klein diertjie!” roep hulle uit.
Op daardie oomblik ry die prinses verby in haar koets.
“Waarom drom almal om daardie handelaar saam?” vra sy vir die koetsier.
“U Hoogheid, hy het ’n seldsame seedier te koop.”
Die prinses gaan nader en toe sy die seehasie sien, verloor sy haar hart en koop dit dadelik.
“Wat ’n oulike klein diertjie! Ek sal dit oral met my saamdra.”
In die paleis speel sy heerlik met haar nuwe troeteldiertjie.
Om twaalfuur is dit tyd dat sy na Otto gaan soek. Die seehasie kruip vinnig en saggies onder haar dik, swaar hare in.
Die prinses bestyg die toring en stap van venster tot venster.
“Daar’s nog geen teken van hom nie,” sê sy vir die towenaar. “Ek sal hom beslis van die twaalfde venster af kan sien.”
Maar sy sien Otto nêrens nie.
Die seehasie klouter in haar kroon en loer uit.
“Otto is slimmer as ek!” juig sy. “Ek sal bly wees om met hom te trou. Maar waar kan hy wees?”
Toe spring die seehasie uit haar kroon en skarrel so vinnig as wat sy vinpootjies hom kan dra deur die groot sale van die paleis. Hy laat spaander deur die paleistuine tot by die hek waar die handelaar hom inwag.
“Die prinses het gesê sy sal met my trou!” roep hy uit. “Wat doen ek nou?”
“Kom saam met my,” sê die handelaar.
Hy tel die seehasie op en dra hom terug na die stroompie in die woud. Hulle spring in die water terwyl die handelaar weer die towerwoorde sê: “Sprengetie, sprangetie, sprongetie, spring!”
Net daar verander die handelaar in ’n jakkals en die seehasie in die aantreklike Otto.
Hy skud die jakkals se poot. “Ek sal jou nooit vergeet nie. Wanneer ek met die prinses trou, sal jy saam met ons in die paleis woon. Ek sal jou die prins van jakkalse maak.”
Otto verlaat die woud en gaan reguit na die paleis toe. “Nou kom ek my prys haal, my beeldskone, versiende prinses!” praat hy opgewonde met homself.
Sy sien hom deur die venster van die twaalfde toring aankom en wag hom by die paleishekke in.
“Jy het bewys jy’s slimmer as ek, Otto. Ek sal met graagte met jou trou.”
Toe neem hy haar in sy arms en soen haar, en al die mense juig in die strate.
Voor die paleis laat die prinses die koninklike towenaar roep. “Om ons huwelik te vier, beveel ek jou om al die standbeelde weer in mans te verander.”
Die towenaar haal sy staf uit sy punthoed en swaai dit oor die skare standbeelde, en een vir een word hulle lewend. Otto is verheug om weer met sy broers te kan praat.
Die prinses het nooit weer by een van die toring se vensters uitgekyk nie, behalwe om te sien of haar mense gelukkig en tevrede was. En hulle was, altyd.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.