die na-dood. Breyten Breytenbach
word hier op die verhoog
van die Salt River-teater nie:
het jy dan geen hart nie?
die gedig se onbekende gesig
gedig is die distillering van gedagte
het ek gedog
en daarmee is dit van die hande af
maar wat soms nog gis in die trog woorde
is waarvoor nie voorsiening gemaak is
wie se naaktheid nie met betekenis
geknip uit poëtiese patrone
kan bedek wat ouer en gedagteloos
besope saam wil dans nie
(o waar is my waarheid
my waarheid my waarheid
o waar is die waarheid
die waarheid van my
o waar is die wees-is
die wees-is die wees-is
o waar is die wees-is
die wees-is van my
o hier is die waar-is
die is-wees die waarkis
o hier is die wees-waar
die isheid van my)
vir Mari, Neo, Dominique en Annalet
julle het gekom soos geeste van gisters
om asse oor die water te strooi
en ek het my eiland vir julle bedroom
luister hoe diep roer en sing die see
kyk hoe bewe wind in die takkies
hoe voëls die hemel betree
julle drink my whisky en my wyn
julle eet die vis en die eiers
julle lag om die tafel
en soms is daar die hunkerende herkenning
van pyn in julle somber gevlerkte oë
want julle het alles vergeet
maar onthou die onrustige bewegings
van asse in die water
gaan asseblief weg
noudat julle die glinstering van lig kon sien dans
en die gordyne soos stil kolkende voue
van ’n kleed
gaan asseblief weg
voor dit te laat is
en vergewe en vergeet weer van my
en die onrustige voering van drome
se dans in die nag oor die water
los my hier
met die gesigte en die geeste van gisters
langs die pad gesien
die weglêhoringkoei o
die weglêhoringkoei
die doringheining nogal kort gesnoei
maar daar staan sy nou
bulkend vasgebloei
asof sy afgekom het op ’n skerpioen
in die skoen
wat hoewentewel te knap sou wees
vir haar behoefte
winterswael
woorde is maar net die vakkies
waarin die gedig weggelê word
beweging vir beweging ingebed
om soms (uit skrik?)
op te vlieg
en die vlerke te ontplooi
soos klanke gepén in saamword
voor wil gee die voël is gemaak vir vlug
wat is die gedig
anders as ’n veerveeg skaduwee
voor die lig?
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.