Die dood van 'n goeie vrou. Chris Karsten

Die dood van 'n goeie vrou - Chris Karsten


Скачать книгу
rusbank is met staanlig en al omgestamp, die lampie se draadjie gloei steeds. Langs die tafeltjie en staanlamp lê ook ’n soliede dekoratiewe glasbak in skakerings van vloeiende, vlammende rooi. Sy hurk by die bak en beskou ’n plastiekboksie en duimdrukkers, eintlik lang duimspykers, wat uitgestrooi lê. Dit kon uit die glasbak geval het toe die tafeltjie omgestamp is. Seshoekige koppe van geel plastiek met skerp naalde van amper twee sentimeter. Sy leun vorentoe. INDICATOR PINS, sê die boksie.

      Sy kom orent. Dok en Jimmy is eenkant diep in gesprek – kan oor enigiets wees, van rolbal tot opera tot moord. Sy kyk af na die plooie van die voetsole voor haar, verskrompel asof dit lank in water was, en na die stuk materiaal waarmee die enkels aan mekaar vas is. Liggrys, miskien ’n das. Die kuite is geskeer en gerond, maar die askleur van die dood; die bobene en res van die liggaam is versluier.

      Wat sou daardie homp op die rug wees – een van die strooikussings?

      Op die bank lê ’n koerant, asof iemand daar sit en lees het voor die staanlamp omgeval het. Voor die bank is wollerige naaswit pantoffels uitgeskop, langs sandale van egte leer. Dit lyk asof die sandale met die hand gemaak en gepoleer is, en so met die oog gemeet dieselfde grootte as die pantoffels.

      Sy tree op die trapblokke tot voor by die hande en hurk weer. Die polse is met ’n smal leerband vas. Sy loer om na die sandale, en terug na die gordel – lyk na dieselfde soort leer, gepoets tot dieselfde onewe patina, maar tog met ’n sekere eksentrieke, aardse bekoring. ’n Los gordel as aksent vir die heupe. Dis styf om haar dun polse vasgeknoop en die vel is gekneus, plek-plek rou geskuur. Sy het haarself vergeefs probeer bevry.

      Die hande is purper van bloed wat weens swaartekrag uit die arms afgesak en daar versamel het nadat die hart ophou klop het; livor mortis, of postmortem-hipostase, noem Dok dié proses. Hy het haar al by vroeëre slagoffers geleer dat die kleur van hipostase ’n belangrike eerste leidraad is: pienkerig of rooierig beteken suurstofryke bloed; donker purper dui op bloed arm aan suurstof. Die verkleuring aan die rûe en boude van die Nagsluiper se eerste twee slagoffers was dieselfde diep purper – Abel Lotz het hulle destyds met sy kaal hande verwurg en hulle suurstof afgesny.

      Is hierdie een ook verwurg? Maar selfs van hier laag by die hande kan sy steeds nie die keel of gesig sien nie, net die punte van ligte hare wat onder die laken uithang, hare met ligstrepe.

      Ella leun vooroor na die arms en snuif, snuif weer: geurige seep en lyfroom. Nog geen doodsreuk nie, maar in die ingewande is bakterieë op hierdie oomblik reeds genadeloos besig met die aftakeling van die sagte weefsel.

      Sy sit op haar hakke terug, oë stip op die hande, goed versorg, sonder ringe en horlosie. Maar aan die regterhand het die laklose naels van die wys- en middelvinger elk ’n skeurtjie, en ’n hoek van die nael van die linkerwysvinger is heeltemal afgeskeur. Sy het haarself teengesit, voor of nadat haar arms vasgebind is. Sy het om haar lewe geveg, en verloor.

      Dok slaan sy seilstoeltjie by die voete oop en begin eers albei kuite betas. Dan sukkel hy om die das om die enkels los te knoop en sy vat dit by hom. Dis van satyn of sy en nie ’n das nie. Een van die forensiese ondersoekers sit dit in ’n bewyssak en nommer die sak.

      Sy staan gebukkend agter Dok en kyk hoe hy elke enkel heen en weer draai.

      “Rigor mortis in haar onderbene en voete is nog nie volledig nie,” sê hy. “Die enkels is premortem vasgebind. En wat beteken die livor mortis hier aan die skene en voete en die pers tone, warrant?”

      Sy word soos ’n skoolkind geleer, maar sy gee nie om nie, geniet dit, is van nature leergierig; ’n regte orige agie, het haar ma haar kleintyd verwyt.

      Die versamel van bloed in haar bene en voete sê sy is in hierdie posisie dood, of is kort ná haar dood so opgestel. Die gebrek aan styfheid van die voete beteken sy is minder as twaalf ure dood. En sy het die skuurmerke en bloeding aan haar vel opgedoen terwyl sy nog geleef het, want dooie mense bloei nie.

      “Maar hoekom haar so poseer?” vra Ella.

      “Dit sal ons weldra weet, indien nie vandag nie, dan met die outopsie.”

      “Haar naam is Clara Heyns,” sê Ella.

      Onder haar op die driepootstoeltjie knik die besproete bles. “Ja, dis wat Jimmy ook vermoed. Maar die gesig is nog ongesien, haar identiteit nog nie amptelik geverifieer nie.” Hy snuif. “Ruik jy dit ook? Sy’t gebad of gestort.”

      “Ja, sy was reg vir bed.”

      “Jimmy sê hulle kry g’n teken van inbraak nie, selfs die skuifdeur se knip is ongeskonde. Dis oopgemaak, nie oopgedwing nie.”

      “Sy’t al haar naelpolitoer verwyder, haar beenhare geskeer, gebad, nagroom aangevryf, nagklere aangetrek … en toe iemand in haar huis ingelaat. Maak dit sin?”

      “Nagklere?” vra hy. “Wat sien jy wat ek nie sien nie?”

      “Haar enkels. Dit was vasgebind met die seintuur van ’n kamerjapon, ek wed uit ’n eksotiese boetiek in Sandton.”

      “Hoekom ’n kamerjas as sy bed toe wou gaan?”

      “Miskien oorgegooi vir die onverwagte gas.”

      “Of lover.” Hy staan op, vat sy stoel na die lyk se voorkant en sê: “Pepler, nè? Dis mos jóú nuwe lover? Gawe kêrel, hoop nie jy laat hom ook deur jou vingers glip nie.”

      Ook? Sy wens daar wás ander. En wie het sy nogal deur haar vingers laat glip? Niemand nie, hulle doen sélf die dêm glipwerk. Soos Bam destyds met daardie blonde bimbo. Nou die gawe Pepler met ’n rooikop-sirene.

      Maar sy swyg, dis nie die tyd of plek vir lovers nie. By die muurrak gaan beskou sy die foto’s. Man, vrou en twee jong seuns, ’n gelukkige en mooi gesin. Die twee seuns baljaar in die swembad met ’n hond. Spanjoel. Waar’s die hond? ’n Foto van die vrou alleen, waarskynlik impromptu met ’n selfoon geneem. Laggende Clara Heyns met sonbril en bikini-bostuk. Nog een van haar, dié een geposeer saam met haar seuns. Mooi vrou, Ella skat haar so veertig.

      Dan meneer Heyns, ook die ene tande, met veldhoed, kakieklere en geweer knielend by ’n koedoebul. Sou dit dié koedoe se skedel teen die stoepmuur wees? As meneer Heyns dit geniet om dood te maak, is dit seker ook hý wat die springbok afgemaai en verneder het tot stoepmat waaraan hy sy voete kan afvee.

      “Ella!” Dok se stem. “Kom, laat ons sien of dit mevrou Heyns is. En ek’s nuuskierig oor hierdie boggel op haar rug. Jimmy, waar’s jou fotograwe?”

      Hulle kom neem stelling in, een met stilkamera, een met video.

      Van voor by die kop dirigeer Dok: “Oukei, Ella, gaan vat die laken daar by die bene. Ons lig dit saam op. En stadig, g’n afplukkery wat iets kan versteur nie. En, Jimmy, laat een van jou manne die laken sommer dadelik in ’n bewyssak sit sodat dit vir DNS getoets kan word. Een, twee, drie.”

      ’n Sagte, effe bedompige aromatiese damp ontsnap van onder die laken.

      Ella staan verstyf en staar.

      “Wat de hel!” sê Dok.

      Almal kom orent van waarmee hulle ook al besig is en draai na die figuur.

      Die boggel is nie van ’n kussing nie, dis van vere – die wit vere van twee groot vlerke wat dreig om oop te gaan, asof Clara Heyns op die punt is om weg te vlieg uit haar knielende posisie. So half toegevou, skat Ella, is elke vlerk maklik ’n meter en ’n half van skouer tot punt.

      “Wat is sy?” vra Dok, dié slag eerder vir homself. “’n Voël, ’n engel? Tinker Bell?”

      Sonder die laken raak alles nou duideliker. Sy lê met haar maag en borskas op ’n lae, gestoffeerde voetstoel oorgetrek in sagte bruin leer. En onder die vlerke is sy inderdaad in ’n lang liggrys satynjapon.

      Ella kyk na die kop wat voor tussen uitgestrekte arms van die voetstoel hang, die hare liggoud soos kanolaheuning met ligter strepe en ’n effense karteling. Die gesig kan sy steeds nie sien nie. Oor die skouers is die wit nylonbande van die vlerkharnas, baie soos die verstelbare skouerbande van ’n rugsak. Die vlerke lyk eg, maar


Скачать книгу