Die grammatika van liefhê. J.C. Steyn
ek my in kan verdiep
verborge gange oopgrawe
met geheimsinnige waters deursypel
om myne te verbind
met ander ryk domeine s’nne.
Elisie
Waarnatoe loop dié pad –
spieëlglad Verneukpan toe?
Daa’ntoe wil ek,
soheentoe soontoe,
soen toe met hom langs.
Waarnatoe gaan jy, weg?
Wa’na’toe waantoe –
na watter waan toe, weer ’n illusie?
Deelwoorde deel
Nooitgedacht welgevonden mooigelegen –
voltooide deelwoorde, reste
uit ’n gewese romantiese tyd – weltevreden –
toe dié name nog – ten minste ten dele – sin gehad het.
Nou is hulle slegs ruïnes,
verrinneweerde, betekenislose eiename,
herinneringe aan verlede vreugde,
gedeelde vreugde, tóé ten volle beantwoord.
Nóú inteendeel egter alles verlies, alles
verlore, alles, alles verloren,
alles gelede lief, “geliefde-leed”,
onvoltooide deel van
teenwoordige leed,
teenswoordig ongedeel
woorde deel leed
halwe-leed-wese.
Trans-Atlantiese transformasie
“Er is … steeds zoveel nieuws, dat er meer dan gewone moed toe hoort en geestelijk veerkracht om altijd door dat nieuwe te erkennen en met vreugde te begroeten.” – Anton Reichling.
Dis die hoogste tyd:
die liewe oumense moet jy verlaat
(gepaard met verstelde fleksie: die oue mens transformeer)
en ’n nuwe liefde gaan aankleef.
Hoog tyd raak dit.
Die oorvaart is dit dus wat voorlê:
agter troosteloos grys die Hoek-van-Holland.
Einde van die geborgenheid.
Dis springgety, ’n storm nader oor die kanaal,
beperkte dykbewaking tuis; daar’s verhoging van anderhalf meter.
Die vaste grond van my eksistensie
wat woord en daad inderdaad sin
én sinvolheid gegee het, daarmee moet ek my máák breek, téén my sin;
die woordtradisie waarin ek opgevoed
(half oorvreet) is, daar moet ek van affoeter
soos Zeus destyds van die Olimpus gedonder het,
my pot lensiesop moet ek verruil
vir die rooi eiland anderkant Dover se rotse
(ja, reken, dis ’n nuwe vaart wat Harwich anglisisties “verby kruis”
en ek wil – as dit kan – dat ons op die wit rotse loop)
en nog anderkanttoeër
daag die Nuwe Wêreld
met ’n skrikwekkend nuwe generasie
wat ’n mens glo opgewek en oop
tegemoet moet vaar: daar vier competence hoogty, performance tel niks;
maar la’k jou vertel – my ontbreek albei.
Dis my laagwatermerk.
Ek moet dus dagsê aan die liewe land:
Vaarwel.
Sal ek jou kan laat vaar in my gedagtewêreld?
Ek glo nie
ek hoop nie
maar ek dag
mens weet nooit.
Ontheemde
Ek het jou as ’t ware
“as die ware” – as jy wil – aanbid
in my eng gedagtewêreldjie
gehak, -hak, -hakkel met my eng … eng … engels
my heng nee nou gaan dit weer te ver: my engel
wou ek sê – angele en saksers het oorgesteek
en jou liewe eilandjie ingeval: die angele
het nie bly steek soos skerpioene nie, word engele
en die saks seks (-ek- eksisterend in esse)
East Saxon Wessex home-kontrei bes.
Haai maat, Heimat, ek vergis my dis net aanvoegende wys
of iets in dier voege
wat menslikerwys my verdwaas ’n stonde
lank: in der waarheid staan daar
niks heimliks om uit te vis,
nie grieks vir my –
“asof dit waar was
(dat jý, iéwers, ééndag, vir mý sou …)”
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.