Droomwa. Barrie Hough
en sit die skottel op die kassie langs die bed neer.
Pieter steek sy hand in die water. “Dis te koud,” sê hy vir haar.
“Wat?”
“Die water is te koud. ’n Mens skeer nie met lou water nie.”
Die verpleegster beduie vies na die wasbak in die saal en loop uit.
Pieter gooi die water uit die skottel en vul dit weer uit die warm kraan. Hy neem ’n handdoek en sit dit versigtig onder Pa se ken. Met die nat kwas maak hy skuim op die koekie seep en smeer dit aan Pa se gesig.
Ma trek die skerm om die bed. Ek en Pieter is alleen by Pa.
Pieter toets die skeermes op sy armhare. Dis skerp. Hy skeer Pa se een wang skoon en spoel die skeermes in die skottel af.
“Kan ek ook?” vra ek.
“Weet jy hoe?” Hy hou die skeermes na my toe uit.
Ek knik.
Hy kyk hoe ek Pa se ken en kake skeer.
“Jy’s ’n ou hand,” glimlag hy. “Het Pa jou geleer?”
“Ja.”
“Vir my ook. Jare gelede.”
Ek skeer Pa klaar. Pieter vee sy gesig met die handdoek af. “Daar’s nie Old Spice nie,” sê hy.
“Ja,” sê ek. “Pa ruik nie meer soos Pa nie.”
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.