Onthou my. Helena Hugo
tel ’n servet op, gee dit vir uncle Abie aan. Onder die tafel vat ouma Leen Janine se hand. Dit voel soos ’n voëlkloutjie wat om haar vingers vasklamp. Sy gaan haar ouma en oupa se dood veroorsaak, sy gaan die Kowalski’s verjaag, vir Jessie die hoenders in jaag. Almal sal teen haar draai, maar dit moet uit.
“Ek is twaalf weke swanger met my en Greg se derde kind. Dis hoekom ek nie kan eet nie, ek is te moeg om my hande op te lig. Ek weet nie watter kant toe nie, ek kan nie help nie.”
Die voëlkloutjie om haar hand trek styf.
Jessie sak in haar stoel af, sy sit die bakkies te hard op die tafel neer.
Die servet val uit uncle Abie se hande, oupa Koen laat sak die kerfmes stadig.
Bennie byt sy lip vas, sy oë blits. Hy fluister, maar almal hoor hom.
“Ek maak hom vrek.”
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.