Op die toneel. Dana Snyman

Op die toneel - Dana Snyman


Скачать книгу
geword het om bakens te wees op ons trek die onbekende in.

      Ons wil saam met Henry van Eeden in ’n groot saal wag, bevrees, maar met geloof, wil ons wag. Ons wil ons arms lig en in volkome vertroue wag op die beeld van waarheid in gelid van die liefde.

      Die liniaaltoets

      Ons sit in Ore se klas, ek en Ratel en Boenas, Dafel, Buys, Kuiken, en Canned Fruit met sy bril. Ons is die enigste seuns in 6B. Ore staan buite op die stoep in die sonnetjie en rook, want ons gaan nie vandag boekhou hê nie. Die Skoolsuster gaan ons ondersoek.

      “Ons is in die bollie, boys,” sê Ratel en kyk met sy donker ogies na ons. “Weet julle wat doen sy met jou?”

      “Wat?” vra Kuiken. “Wat?”

      “Sy druk ’n liniaal hier voor tussen jou bene onder jou njellas vas.”

      “Goedige bliksem!” roep Boenas. “En dan?”

      “Dan moet jy hoes, pappie.”

      “En dan?” vra Kuiken.

      “As jou njellas nie oplig nie, het jy trouble.”

      Niemand het vooraf vir ons gesê Die Skoolsuster kom ons ondersoek nie: Kopbeen, die hoof, het net vanoggend in die vierkant afgekondig: “Mense, Die Skoolsuster is vandag hier om die standerdsesse te ondersoek. Gee asseblief jul same-werking. Dankie.”

      Op die stoep op pad na Ore se klas het die groter seuns na ons beduie, en gelag.

      Ore se klas is naby ou Kopbeen se kantoor, oorkant die vlagpaal waar Piet Skyfies, die hoofseun, elke oggend die vlag hys, nadat ons die skoollied klaar gesing het. Die meisies is eerste by Die Skoolsuster. Kopbeen het ’n tydelike spreekkamer vir haar in die boekstoor naby die kamerverlaat laat inrig.

      “Sy kan ook sien as jy Bob Martins drink,” sê Ratel.

      “Genuine?” vra ons almal byna gelyk.

      “Genuine.”

      Almal van ons drink Bob Martin-hondepille, want hulle sê dit laat jou hare mooi blink. Maar Bob Martins is glo sleg vir jou niere.

      Ratel wip uit sy bank uit. “’n Man is nou lus vir ’n skyf,” sê hy, “maar netnou ruik sy my.”

      Ratel is al een van ons wat rook. Ratel weet goed wat ons nie weet nie. Party kinders sê hy is ’n probleemkind. Op sy boeksak het hy die name van twee popgroepe, AC/DC en Deep Purple, met ’n blou pen uitgekrap, en hy sê hy het eenkeer by sy nefie in Pretoria ’n Playboy gesien met kaal foto’s in van Pamela wat in Dallas oor die TV is.

      Ratel se grootbroer is in matriek uit die skool geskors, want hy’t die bestuurder van Volkskas-bank se dogter preggies gemaak.

      Ratel sê sy broer, wat nou ’n PF in die army is, gaan vir hom ’n bulpil bring. Hy dra klaar so ’n leerklappie oor sy horlosie wat sy broer vir hom gegee het. Al die soldate dra sulke klappies, sodat die terroriste nie in die donker die fosforsyfertjies op hul horlosies kan sien nie.

      Ore stap by die deur in. Ons is vir ’n dubbel-peerie by hom. “Lawaai julle lekker?” vra hy. “Ek gaan gou na meneer Engelbrecht toe. As die meisies terugkom, tree julle netjies in ’n ry aan en gaan na Die Skoolsuster toe.” Hy kyk na Ratel. “Moenie vir my so kyk nie, Bezuidenhout. Ek sal jou nie slaan nie, ek sal jou hemp skeur dat jou Ma jou slaan. Oukei?”

      Meneer Engelbrecht is ou Skroef, die houtwerkonderwyser. Hy en Ore het saam ’n besigheid: Hulle maak sulke klein ron-daweltjies wat hulle op ’n lang teerpaal vassit. Die dorp se ryk mense koop dit by hulle en sit dit in hul tuine op vir hul fantail-duiwe.

      Eers in die tweede boekhou-peerie, toe kom die meisies terug van Die Skoolsuster af. Hulle giggel en kyk ons nie in die oë nie.

      “Toe-toe,” sê Antjie Venter, die klaskapteine. “Dis nou julle beurt. Wat sit julle so?”

      “Ons sit maar net,” sê Boenas. “Ons chat.”

      “Sy wag vir julle.”

      Ratel sê hy sal graag vir Antjie ’n bulpil wil ingee. As ’n girl ’n bulpil in het, word sy so warm sy bespring jou sommer. Ratel sê dit werk ook as jy twee Disprins in ’n glas Coke gooi en dít vir ’n girl gee. Maar ’n bulpil werk beter, want boere gee bul-pille vir hul bulle op die plaas sodat hulle die koeie kan dek.

      Ons stap in ’n ry by die klas uit, agter Canned Fruit, die klaskaptein, aan. Canned Fruit se regte naam is Frits, maar ons noem hom Canned Fruit omdat sy bril se glase so dik soos ’n Canned Fruit-bottel se boom is.

      Ons stap op die stoep langs, verby die portaal waar Kopbeen se kantoor is en ’n foto van Totius na ons gluur.

      Ratel sê sy broer sê in Johannesburg het ’n ou eenkeer vir ’n girl ’n bulpil in die drive-in gegee, toe gaan die ou gou kafeteria toe. Toe die ou terugkom, toe sit die girl wydsbeen oor die ou se kar se gear lever, so warm is sy.

      Ons Grasshoppers se sole maak tjiet-tjiet-tjiet op die skool se stoep en die ander kinders kyk na ons deur die klaskamers se vensters. Hulle weet ons is op pad na Die Skoolsuster toe en hulle lag vir ons met hulle oë.

      In een klaskamer is ’n kwaai lawaai. Dis die PK 8’s – die standerd 8 praktiese klas. Hulle het Engels by mevrou Dittberner, maar hulle steur hulle nie aan haar nie. Hulle is almal probleemkinders. Een van die seuns druk sy kop by die klas se venster uit. “Gaan julle nou na Die Skoolsuster toe?” vra hy. “Julle beter daai klote van julle laat lig, ek sê – anders word julle verbeteringskool toe gestuur.”

      Naby die boekstoor oorkant die kamerverlate gaan staan ons. Canned Fruit is heel voor. Deur die venster bokant die deur skyn ’n buislig en iemand laat iets daar binne op die vloer val.

      Meneer Van Deventer kom uit sy klaskamer langsaan. “Is julle hier vir Die Skoolsuster, bulletjies?” vra hy. “Gaan trek julle klere uit en kom tree in jul onderbroeke hier aan. In alfabetiese volgorde. Sy sal julle een vir een inroep.”

      Nie een van ons sê iets nie. Ons gaan by die seuns se kamer-verlaat in. Links is die krip, regs is die hokkies, elkeen met ’n toiletbak in en ’n klein tenk bo teen die muur met ’n ketting wat jy moet trek en trek wanneer jy klaar is. Ons gaan staan by die wasbakke teen die ander muur – ons almal behalwe Kuiken. Hy stap by een van die hokkies in en maak die deur toe.

      “Ons watch jou, Kuiken,” sê Boenas. “Dit gaan nie help om weg te kruip nie.”

      Kuiken antwoord nie. Kuiken se pa is ’n padskraperbestuurder en hulle bly in ’n karavaan in die padkamp buite die dorp.

      “Ek wonder hoe lyk sy,” sê Dafel en begin sy hemp losmaak.

      “Sy is ’n lekker dik bus.” Ratel wys met sy arms bak langs sy sye.

      Die meeste van ons dra Jockey Junior-onderbroeke – van daardie sakkerige bontes, met die ingewikkelde gulpding hier voor.

      Ons gaan staan in ’n ry voor die boekstoor: Boenas is heel voor, want sy van is Avenant. Ratel is tweede, hy is Hendrik Bezuidenhout.

      Ons wag.

      “Waar is Kuiken?” vra Canned Fruit. “Gaan kyk jy gou,” sê hy vir my.

      Ek gaan weer by die kamerverlaat in: Kuiken is steeds in die toilet. Die toilet se mure gaan nie tot bo teen die dak nie. Die kinders sê dis sodat die prefekte en die onderwysers vir jou kan loer as jy skelm riemruk. Ek klop aan die deur, maar Kuiken maak nie oop nie. “Jy moet kom, ou mata,” sê ek. “Kopbeen gaan jou gat laat klap, Die Skoolsuster moet ons almal ondersoek.”

      “Sê vir haar ek is siek,” antwoord Kuiken.

      “Dis Die Skoolsuster, my ou. Jy kan nie vir haar sê jy is siek nie.”

      Die toilet se deur gaan oop. Kuiken het omlope op sy arms. Die kinders sê dis omdat sy ma gedrink het toe sy hom verwag het.

      Kuiken kyk na sy Grasshoppers se nerfaf punte.

      “Kom,”


Скачать книгу