Emily Hobhouse: Geliefde verraaier. Elsabé Brits
boord leer, deel Milner se privaat-sekretaris Walrond haar mee, want sy behoort nie toegelaat te word om weer na Suid-Afrika te kom nie. Emily vermoed dis hy wat allerlei skinderstories oor haar op die skip versprei, want baie keer hul rug op haar. Tog kry sy weer ’n geleentheid om met Milner te gesels toe die skip Madeira aandoen en almal die uitsig van die dek af bewonder.
Op ’n manier weet Emily dat militêre spioene in Bloemfontein haar dopgehou en allerhande onwaarhede oor haar aan Milner verstrek het, soos dat sy onmin in die kampe gesaai het. Nie minder nie as 60 verslae oor haar is aan Milner gestuur en dis nou haar kans om hom daarmee te konfronteer. Dit is ’n laeklasmens wat bereid is om ’n spioen te wees, deel sy hom mee, “en dit is darem baie informante om te betaal”.221
Sy benadruk dit weer dat sy nie om politieke redes in Suid-Afrika was nie en vertel Milner ook hoe kapt. Gostling haar probeer uitlok het om politieke uitsprake te maak. Dit wil vir haar voorkom of hy haar glo.
“There were two Alfred Milners – there was the charming, sympathetic, gracious and cultivated man, whose abilities and culture found rather a desert in South Africa, and whose liberal leanings were in contrast to the military men surrounding him. And there was the politician who had given his word to carry out the ideas of the English statesmen and felt bound in honour to do so. The clash must have given him many dolorous moments of agony.”222
Emily groet Milner met dié woorde van die skrywer Macrobius toe ’n Romeinse soldaat deur Augustus Caesar onskuldig gestraf is: “Caesar, as jy oor ’n eerbare man wil laat navraag doen, sorg dat jy eerbare mense kry om dit te doen.”223
Emily is op 24 Mei 1901 terug in Engeland nadat sy 5½ maande tevore na Suid-Afrika vertrek het. Hoe presies sy die nood in die konsentrasiekampe onder die Engelse publiek se aandag gaan bring op ’n manier wat nie aanstoot sal gee nie, maar simpatie sal wek, weet sy nog nie.
Wat sy wel weet, is dat sy na haar belewing van die konflik in Suid-Afrika ’n intense afkeer van oorlog en alles wat dit meebring, ontwikkel het. Sy sien duidelik wat oorlog aan mense doen en pen dit neer:
“You can no longer be an individual, you are one of a herd – and that herd preserves itself by the reversal of the principle of virtue. Untruth, lies, hatred, inhumanity, destructiveness, spying, treachery, meanness innumerable, suspicion, contempt, unfair dealing, illegality of every kind flourish and become as it were the ‘virtues of war’.
“The atmosphere thus created is a moral miasma.” 224
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.