Dubbeldoor. Abraham H. de Vries
die vrou aan haar hare en klim vinnig uit die bed uit. Hy gooi die kop eenkant in die hoek. Dit rol tot waar die muise altyd aan die brood vreet en lê toe stil in die lig wat deur die venster val.
Hulle klop aan sy deur. Hy hoor dit nie. Dit het meteens stil geraak om hom in die kamer, stil soos in die middel van die nag. Hy druk die romp van die pop eenkant toe en stut sy kop op sy een hand. In die ander hand het hy die pistool.
Agter die behang hoor hy die muise rondskarrel. Hy lê doodstil.
Buite klop Harold aan die deur.
“Ons moet wag,” sê die hospita. “Ek het hulle getelefoneer. Miskien is hy gevaarlik.”
Die eerste muis kom stadig uit die gat agter die behang uit. Hy snuif-snuif voor hom in die rigting van die kop met die lang hare.
Adolf wag totdat hy die bruin gesig goed kan sien.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.