Sandveldstories. Ferdinand Deist
beginne die voorman te lag lat hy einlik sy sykant moet vashou ennie trane uit sy oë moet uitvee. En net wat Eg hom wil verêre en omdrai om te loop, toe vat die voorman hom an sy skouer en hy sê vir Eg lat daai kêrel ’n Fransman is, en lat hy hom nooit g’n stuk an Eg voorgestel ’t nie. Wat hy elke keer vir hom gesê ’t, was “lekker eet,” en niks meer ’ie.
Dit ’t Eg ampers die heel dag gevat om oor ’ie skanne vannie misverstand te gekom ’t. Mar hy neem hom toe voor lat hy die volgenne môre die saak m’t die Fransman sil regstel, solat die man nou nie altemits van hom moet dink wat hy vannie Fransman gedink ’t nie.
Ennie volgenne môre, toet hulle annie tafel loop sit, toe gooi Eg sy servet oor sy skoot oop en hy buie so effentjies vooroor na die Fransman se kant toe en hy gjee so ’n effense laggie en hy sê vir hom: “Bom appeltiet.” Ennie Fransman druk sy servet se punt by sy hemp in en hy leun so half oor ’ie tafel en hy steek sy hand uit om te groet. En toet Eg sy hand vat, toe vat die plaag van Bawel hulle net weer vannie annerkant af, want toe sê die Fransman: “Eg Vannermerwe.”
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.