Boos en Bisar. Chris Karsten

Boos en Bisar - Chris Karsten


Скачать книгу

      Frans sien die baie bloed en stamp Theuns weg, begin soos ’n berserker met die mes aan Alison se liggaam sny en steek.

      Toe Alison haar bewussyn herwin, lê sy buite die motor. Sy kan nie goed sien nie, dis asof sy deur ’n tonnel kyk.

      Frans is besig om met ’n lem aan haar nek te sny. Sy voel niks, maar hoor iets wat klink soos ’n mes wat deur vleis sny.

      Sy tel die snyhale, weet nie hoekom nie, tel tot agt. Hulle los haar en sy rol op haar maag, steeds kaal en in haar bloed wat nou uitloop in die grond en die vure se as.

      Sy sit haar hande op haar keel om die hortende geluide van haar asemhaling te probeer stil kry.

      Sy hoor hoe een vra of sy dood is. Die ander een sê ja. Frans gryp die ringe van haar vingers af, gooi haar hemp oor haar, en hulle klim in haar motor en ry weg.

      Alison glo sy is sterwend en terwyl sy op haar maag lê, skryf sy met haar vinger in die grond hul name: Frans en (verkeerd gespel) Teuns.

      Sy weet sy moet dringend hulp kry. Sy kom op haar knieë, besef skielik daar is groot fout, haar maag is weg. Sy besef haar ingewande hang uit waar haar buik oopgesny is.

      Haar hand is nie groot genoeg om haar ingewande terug te druk en binne te hou nie. Sy kry haar ingewande in haar buik terug, druk haar hemp oor haar maag vas, en begin in die donker na Marine-rylaan kruip, tussen die glasskerwe en rommel deur.

      Sy kry dit moeisaam reg, haal hortend asem deur haar oopgesnyde keel, en kan skaars sien. Ná sowat tien meter sak sy inmekaar. Sy besef sy gaan sterf, sien die ligte van ’n motor in Marine-rylaan verbyry.

      Sy beur orent met haar laaste krag, een hand oor haar buik. Die ander hand sit sy oor haar keel, voel hoe haar vingers in die sagte weefsel van haar keel ingaan.

      Haar kop val agteroor. Die spiere in haar nek is losgesny. Sy moet haar kop met die ander hand stut. Sy strompel, val, kom weer orent, tot by die pad en gaan lê op die wit streep in die middel van Marine-rylaan.

      Min motors ry daardie tyd rond, daardie Sondagoggend vroeg. Maar dan kom een aan. Die bestuurder sien haar betyds en hou stil, die ligte op haar. Haar gesig is weggedraai van die kar, sy kan nie haar kop beweeg nie, probeer met ’n hand wuif.

      Niemand klim uit nie. Dié motor begin beweeg, ry om haar en verdwyn die nag in.

      Dit was my laaste kans, dink sy. Nou gaan ek verseker sterf.

       Niemand klim uit nie. Dié motor begin beweeg, ry om haar en verdwyn die nag in. Dit was my laaste kans, dink sy. Nou gaan ek verseker sterf.

      ’n Vrolike groepie jong vriende ry daardie oggend in Marine-rylaan op pad na hul kampeerplek, die laaste dag van hul vakansie. Dan sien hulle die liggaam in die middel van die pad. Hulle spring uit. Die eerste een by haar is Tiaan Eilerd van Pretoria. Hy is twintig jaar oud en ’n student in veeartsenykunde. Dit is drie-uur die oggend.

      Hy pluk sy hemp uit, vra nog klere van sy vriende om haar te bedek. Dan sien hy die wonde aan haar keel. Tiaan besef dat sy so vinnig moontlik in ’n hospitaal moet kom.

      Terwyl iemand ’n ambulans ontbied, vat hy Alison se hand, begin sag met haar praat, probeer haar kalm hou, al kan sy nie terugpraat nie.

      Maar hulle oë praat met mekaar. Sy kyk in sy oë en hy sê vir haar sy het mooi oë, sê hy sal nooit toelaat dat sy sterf nie. Hy vra haar vrae en sê sy moet antwoord deur sy hand te druk. Hy hou aan om met haar te praat terwyl hulle twee uur op die ambulans wag, en roep ongeduldig na sy vriende: “Bel weer! Bel weer!”

      Hy sien dat sy baie bloed verloor, plaas drukking op van die wonde, probeer haar wakker hou, want hy is bang as haar oë toeval, gaan dit nooit weer oop nie. Hy herinner haar om sag asem te haal, nie te diep nie.

      Tiaan ry saam met haar in die ambulans hospitaal toe en sê hy sal wag totdat sy klaar behandel is.

      Dr. Volodia Viktorov-Angelov, ’n spesialis-chirurg van Port Elizabeth se provinsiale hospitaal, begin dadelik met noodprosedure. In sy 16 jaar as dokter het hy nog nooit so baie beserings aan een mens gesien nie.

      Later sê hy: “Dis ’n wonderwerk dat sy geleef het. Gewoonlik kom sulke gevalle nie by my uit nie …” (Maar by die patoloog wat lykskouings doen, bedoel hy.)

      Sy is in ’n kritieke toestand. Sy is bleek met ’n lae liggaamstemperatuur weens bloedverlies en omdat sy die aand lank naak gelê het. Haar hele liggaam is bedek met sand en as en bloed. Daar is bloeding in haar oë van die verwurging, haar hare is vol sand en blare en bloed, haar knieë en voete gesny en geskraap, haar keel is van oor tot oor opgesny, een wond tot 10 cm lank, en só oopgesny dat hy haar rugstring kan sien.

      Die lem het rakelings haar nekslagare gemis, maar haar voorste nekspiere, tragea, larinks en belangrike bloedvate is afgesny. Dat sy nie in haar eie bloed verdrink het nie, is ook ’n wonder. Haar ingewande, wat uithang, is op talle plekke geskeur en geprik, en met grond, sand en blare bedek. Sy is drie uur lank op die operasietafel.

      Later word vasgestel dat sy omtrent veertig keer in die buik en bekken gesteek en sestien keer aan haar keel gesny is.

      Toe die eerste besoekers later langs haar bed in die hoësorgeenheid toegelaat word, is Tiaan daar met ’n kaktusplantjie en ’n kaartjie van beterskap waarop hy geskryf het: “Vir die dapperste mens wat ek ken.”

      Daardie Sondagoggend, terwyl Tiaan nog langs Alison in die pad sit en haar hand vashou en moed inpraat, sluip Frans halfvier by sy woonplek in waar sy vrou en seuntjie slaap.

      Hy slaap sy roes af terwyl dr. Angelov Alison se vernielde liggaam probeer red. En terwyl Alison hul gesigte in polisie-albums uitwys, maak Frans en Theuns kos in Frans se huis met die mes wat hulle gebruik het om Alison te vermink. Haar bloed is nog aan die lem. Dit is Theuns se mes, en op die lem is die mes se naam gegraveer: Frik.

      Maandagoggend omstreeks vyfuur slaan die polisie op Frans en Theuns se woonplekke toe.

      Die ondersoekbeampte, adjt.off. Melvin Humpel, begin hulle afsonderlik ondervra. Hy begin met Theuns, nie so uitgeslape soos Frans nie.

      Theuns vloek toe Humpel sê Alison lewe en sal alles vertel wat gebeur het, en hulle uitken.

      Theuns sê: “Dan help dit nie eens ek lieg vir jou nie,” en haal die mes uit sy broeksak. “Dis die mes waarmee ek haar keel afgesny het.”

      Ook Frans kan nie glo dat Alison leef nie. “Dis onmoontlik, sy kan nie lewe nie,” sê hy vir Melvin Humpel. Later gee hy ’n vrouebroekie aan Humpel en sê dit is Alison s’n. In hul ondervraging toon hulle geen berou nie, en meld ook niks van Satanisme nie.

      Op 20 Desember verskyn Frans en Theuns in die hof. Dié slag is daar geen borgtog vir hulle nie.

      Alison word op 31 Januarie in die sorg van haar ma ontslaan.

      Die verhoor

      Frans en Theuns se verhoor oor die verskillende voorvalle van verkragtings begin op 12 Junie 1995 in die hooggeregshof in Port Elizabeth. Talle vroue wag hul beurt af om te getuig wat met hulle gebeur het.

      Die eerste een wat getuig, is die kunsstudent wat Frans verkrag het nadat hy haar by ’n pizza-eetplek ontvoer het.

      Die tweede is die swanger vrou wat gaan sigarette koop het die Sondagoggend toe Frans en Theuns haar verkrag het terwyl sy gepleit het vir haar baba. Sy is nou nege maande swanger. (Op 21 Junie skenk sy die lewe aan ’n dogtertjie, sonder komplikasies vir ma of baba.)

      Frans en Theuns word skuldig bevind op al die aanklagte teen hulle oor hierdie twee voorvalle.

      Die derde vrou wat getuig, is Dané de Bruyn wat vertel hoe sy net-net van Frans en Theuns weggekom het.

      En dan getuig Alison oor daardie verskriklike nag. Sy onthou in gruwelike besonderhede wat hulle alles met haar gedoen het, en selfs wat sy gedink het terwyl hulle haar verkrag en gesny het.

      Adv. Allan Frost, wat


Скачать книгу