Plaasmoord. Karin Brynard

Plaasmoord - Karin Brynard


Скачать книгу
foon in die hand. Sy wuif met die ander hand vir hom terwyl hy die deur agter hom toetrek.

      Vir die eerste keer in sy ses weke hier, besef Beeslaar toe hy buite kom, is die hitte amper welkom.

      Hoofstuk 15

      15

      Dis ’n vloerplank wat kraak, stadig, asof iemand sy gewig versigtig neersit.

      Saar staan met ingehoue asem en luister. Dan hoor sy dit weer. Dit kom uit die kombuis uit. Sy sal iets moet doen, besef sy. Gil gaan nie help nie, hier’s geen hulp naby nie. Sy kyk na die kamerdeur se grendel, daar’s nie ’n sleutel nie. O Here.

      Dan is daar nog ’n geluid, iets wat skuur, ’n laai wat oopgetrek word. Waar hou Freddie die messe, wonder sy benoud? Haar hart klop in haar keel en sy kan skaars hoor bo die gedruis in haar ore.

      Dan besef sy: aanval is die enigste verweer wat sy het. Sy gryp ’n stuk plank van die verftafel en storm kombuis toe. “Wie’s daar!” skree sy in die hardloop.

      En steek viervoet in die kombuisdeur vas as sy ’n verskrikte man agtertoe sien steier. Die boek wat hy in sy hand gehad het, val met ’n plofslag op die vloer, die los blaaie daarin fladder uit oor die kombuisvloer.

      Vir ’n oomblik staan die twee mekaar en aangaap.

      “Wie de hel is jy en wat soek jy hier?” skree sy, die plank nog steeds oorgehaal vir slaan.

      “Sorrie, sorrie, sorrie. Ek is jammer. Ek wou jou nie skrikmaak nie,” praat hy vinnig en sag. “My naam is Buks Hanekom. Ek het ’n vreemde kar hier sien staan en daar lê skoene op die werf en die deur staan oop en ek wou kom kyk ...”

      “Is jy die voorman?”

      Hy kyk ’n oomblik verdwaas na haar, dan daal die begrip oor sy gesig en hy glimlag versigtig.

      “Nee. Nee, ek boer op Wag-’n-bietjie, twee plase diékant toe.” Hy wys met sy kop, waarop ’n indrukwekkende cowboyhoed van bruin leer pryk. Die hare wat onder die hoed uitsteek, is ligblond, ’n netjies geknipte lyn oor die ore en in die nek. Hy’t ’n welige snor met rooi skynsels in. En ysblou, sensitiewe oë.

      Saar laat sak die plank en kyk dan na die boek wat op die grond lê. Dis ’n resepteboek, nog haar ma s’n.

      Hy buk haastig en tel dit op, skraap die los blaaie bymekaar. Dis resepte op stukkies papier en uit tydskrifte wat haar ma en ouma oor die jare oral in resepteboeke ingedruk het.

      Wanneer hy klaar is, sit hy die boek op die kombuistafel neer, versigtig, asof dit enige oomblik weer uit sy hande kan spring. “Ek ... ek het gesien die agterdeur is oop en toe ... e ... die boek het so op die randjie van die kas gelê, dit het gelyk of dit enige oomblik kan afval, en ... Goeie hemel, jy moet Saar wees.”

      Hy tree vorentoe met ’n uitgestrekte hand voor sy kan reageer.

      “Bly te kenne.” Sy hand is onverwags sag en klam. Hy staan terug, hande gevou voor sy lyf, soos ’n skoolseun. “Ek wil graag hê jy moet weet die hele gemeenskap is diep geskok oor wat hier gebeur het.”

      Saar sit die plank neer – ’n stuk prentraam, sien sy nou pas. En voor sy enigiets kan sê, rammel hy voort: “En ek wil hê jy moet weet, as daar enigiets is waarmee ek of enigeen van ons buurmense kan help, moet jy net sê. Ons staan almal by jou. Tye soos hierdie moet ons mekaar help.”

      Sy knik, die ergernis en skrik maak praat steeds moeilik.

      “Ons gaan nie rus voor ons die skuldiges vasgetrek het nie. Ons ry kommando, die hele distrik. Van Woensdag af al.”

      “Hoe bedoel jy? Is jy betrokke by die polisie?”

      “Nee.” Hy lag. “Ek bedoel ons as boere. Ons het onsself informeel georganiseer. Meeste van ons wat destyds nog weermagdiens gedoen het; ons was deel van die kommando’s, voor die regering dit begin verbied het. So ons kan steeds binne minute ’n soekgeselskap mobiliseer. Almal is in Marnet-verbinding met mekaar. Dis in ons huise en in die voertuie.” Hy verduidelik dat dit ’n radiostelsel is wat boere landwyd gebruik. Dit stel hulle in staat om vinnig te reageer wanneer iemand alarm maak – veel vinniger as wanneer hulle die polisie sou moes bel en wag vir iemand om uit te kom. Dis veral handig hier, sê hy, waar jy nog afhanklik is van ’n handsentrale en selfoondekking baie wisselvallig is. “In die provinsies waar daar baie plaasaanvalle is, word die oortreders soms binne vier en twintig uur vasgetrek, danksy hierdie soort stelsels.”

      “Behalwe hier?” Sy kan nie help nie, dit glip uit.

      Hy glimlag flou, maar sy eienaardige bleekblou oë lag nie heeltemal saam nie. “Tot dusver,” gee hy dan toe, en versit sy voete. Saar sien nou eers die pistool wat in ’n leerskede aan sy een heup hang. “Maar ons vermoed die moordenaar loop sommer hier onder ons neuse rond.” Hy kyk by die agterdeur uit. Saar vermoed hy bedoel dat dit iemand op die plaas moet wees. Die voorman?

      “Het jy ’n wapen?” vra hy dan skielik.

      Saar skud haar kop en begin agterdeur toe beweeg.

      “Mens kan nie meer in hierdie land oorleef sonder dat jy jouself beveilig nie,” sê hy beslis. As sy nie reageer nie, vra hy: “Wil jy hê ek moet hier bly tot jy klaar is? Die son trek al water. Dis netnou donker ...”

      “E ... dankie, maar ek gaan nog ’n hele rukkie wees. Ek moet nog ’n paar goed doen.”

      Hy haal ’n kaartjie uit sy gatsak en druk dit in haar hand. “My telefoonnommer op die plaas, my selnommer, alles. Jy kan enige tyd van die dag of nag bel of radio.” Hy tik betekenisvol op die pistool aan sy heup.

      “Weet jy hoe om die radio te gebruik?” Sy skud haar kop, en voor sy kan keer, neem hy haar aan die arm en lei haar terug die huis in met die belofte dat dit hoogstens ’n paar sekondes sal neem. Die radio sit in die portaal by haar pa se lessenaar, teen die muur gemonteer.

      Na wat soos ure voel, het hy haar breedvoerig beduie hoe om die radio te gebruik en kan sy hom teruglei agterdeur toe. Sy stap saam met hom uit.

      “Nou ja,” sê hy, “ek is bly ek het jou ontmoet. En jy moet praat as ek kan help, hoor?”

      “Baie dankie, Buks. Ek sal bel as dit nodig is.”

      “Tye soos dié,” sê hy, “moet ons bymekaar staan.” Hy neem haar hand, druk dit innig voor hy agter sy stuurwiel inskuif, sy hoed vir oulaas in haar rigting tik en sy groot Hilux aanskakel en wegtrek.

      Saar kyk hom agterna tot hy in die grootpad indraai. Net toe sy wil omdraai terug huis toe, merk sy ’n figuur op in die ry bome wat die plaashuis van die res van die buitegeboue afskei.

      Sy kan hom nie goed uitmaak nie en vir ’n oomblik wonder sy of sy haar dit verbeel het. Maar dan beweeg hy, kom ligvoets op haar afgestap.

      Hy’s skraal en klein, dra ’n kakiekortbroek en T-hemp, handgemaakte velskoene sonder sokkies. “Middag,” sê hy en steek sy hand uit. “Dam de Kok.” Sy handdruk is sterk en droog. “Ek is die voorman hier.”

      Vir ’n oomblik staan hulle en kyk vir mekaar. Dan slaan hy sy oë neer. “Dit spyt my ... oor jou suster. Oor wat hier gebeur het. Bitter ... spyt.” Hy kyk weer op na haar. Daar brand iets in sy oë, ’n emosie wat sy nie kan peil nie.

      Sy wil haar verkyk aan hierdie verrassend vreemde mens. Hy’s skaars hoër as sy, ’n raps oor die 1,5 meter. Maar sy skraal lyf is in perfekte proporsie – breë skouers, smal heupe, die beenspiere goed ontwikkel, fyn knieë soos ’n naelloper. Sy hande is grof, die vingers sterk en eelterig. Dan eers sien sy die lam wat agter hom aangedrentel het.

      “Haar naam is Lottie,” sê hy met ’n glimlag. “Sy’s die hoeveelste lam wat Freddie hans grootmaak. En seker die stoutste. ”

      Saar kyk na die lam. En dan weer na die man.

      Sy hare is van die voorkop af plat teen die skedel in rye netjiese dun vlegseltjies verdeel, wat agter in sy nek in ’n poniestert bymekaarkom. Elke vlegsel is afgewerk met ’n helderkleurige glaskraal aan die eindpunt en ritsel


Скачать книгу