Liefde is vir altyd. Daniël Johannes Louw

Liefde is vir altyd - Daniël Johannes Louw


Скачать книгу
geïdentifiseer.

      Doen nou die moeite om kortliks ’n balansstaat soos dié hieronder ten opsigte van jul huwelik op te stel. Skryf die minuspunte (remmende faktore) teenoor die pluspunte (positiewe moontlikhede) neer. Waar lê die oorwig? Gaan dit goed in dié huwelik? Nie so goed nie?

MinuspuntePluspunte
In myself …In myself …
In ons verhouding …In ons verhouding …
In ons liefde vir mekaar …In ons liefde vir mekaar …
In ons omgewing …In ons omgewing …
In ons binding aan mekaarIn ons binding aan mekaar
Voor God …Voor God …

      Wat is jul gevolgtrekking?

      Indien daar net een pluspunt in jul verhouding en talle minuspunte is, kan julle besluit dat dit nie die moeite werd is om verder aan die huwelik te werk nie.

      Die vraag is egter of so ’n besluit deur verantwoordelike, gelowige mense geneem behoort te word? Al is daar selfs nie eens één pluspunt wat julle kan opnoem nie, maar julle is oortuig van God se onvoorwaardelike liefde vir julle albei, is daar hoop vir groei. God werk in sy genade in elk geval uitsluitlik met minuspunte. Toe daar geen rede was om vir jou as sondaar lief te wees nie (toe jy op die absolute nulpunt van verdienste gestaan het weens jou sonde en jy totaal magteloos gevoel het), het Christus vir jou verlossing aangebied. Romeine 5:6 sê dit duidelik: “Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe.” Die guns van God se genade word geleer by die nulpunt, ja, die minuspunt van jou eie hulpeloosheid.

      Wanneer die balansstaat van jul verhouding jou moedeloos maak, skep moed. Dié verhouding of huwelik kán uitwerk, maar dan moet jy bereid wees om jou nulpunt in te ruil vir die Kruispunt: die guns van God se genadige liefde en vergifnis. Aanvaar Christus se verlossende genade ook vir jul huwelik en begin dan daaraan werk om die kuns van onvoorwaardelike liefde vir jou lewensmaat te bemeester.

      Hoofstuk 2

      Begin by die ek-vraag (die begin): is jy ’n verhoudingsmens en troumateriaal?

      Die boumateriaal van die liefde

      As ’n mens van buite na die verhouding kyk, duik die vraag op: waar moet ’n mens begin sodat daar groei en verryking in die verhouding kan plaasvind?

      Wanneer ’n verhouding kwyn of nie uitwerk nie, begin mense gewoonlik by die ander party. As daar fout kom in die verhouding, begin jy die fout heel eerste in jou maat te soek. Dit is so moeilik om in die spieël na jouself te kyk.

      Die begin van verhoudingsbou is by jou. Die kernvraag is: wie is jy en wat is jou identiteit?

      Om met integriteit te leef, hang af van die vraag hoe jy jouself sien. Iemand met ’n swak selfbeeld tree onseker op en kan maklik die verhouding misbruik as ’n soort kruk om op te leun. ’n Negatiewe mens tree ook negatief op en bekyk die lewe vanuit ’n kritiese en skeptiese bril. Sulke mense is nie goeie materiaal vir trou en verhoudings bou nie. Mense wat oor alles agterdogtig is, kan maklik die maat in ’n moontlike verneuker verander. Agterdog, gekombineer met selfsugtige jaloesie, vernietig gou jou maat. As jy al die privaat speurders van jou kontrei moet huur om jou maat dop te hou, kan jy moeilik trou en getroud bly.

      Die omgekeerde is natuurlik ook waar. Wanneer jy so optree dat jou maat rede het om jou integriteit te betwyfel, maak jy van die verhouding ’n kunsmatige leuen. Dan is jy nie troumateriaal nie. Wantroue vernietig menseverhoudings.

      Dit is daarom so belangrik om jouself aan die begin van ’n verhouding die volgende vrae te vra: wie is ek en hoe sien ek myself? Wat verstaan ek onder identiteit? Is ek die soort persoon wat my in ’n vaste verhouding moet begewe? Is ek hoegenaamd troumateriaal?

      Die identiteitsvraag: wie is ek en wie wil ek wees?

      Die woord identiteit kom van die Latynse woord idem wat “dieselfde” beteken. Identiteit wil dus sê dat jou gedrag in ooreenstemming is met wie jy is en jou diepste bedoelinge. Wat jy doen, is in ooreenstemming met, dus dieselfde as, wie jy is. Wanneer dade, bedoelings, lewensoortuigings en norme met mekaar ooreenstem en korreleer, noem ’n mens dit kongruensie. As jy kongruent leef, beteken dit jy is nie vals nie. Jou aand- en môrepraatjies stem ooreen; jou hart en mond is met mekaar gesinchroniseer. ’n Kongruente mens bly getrou aan hom- of haarself.

      Identiteit is egter nie finaal en vas soos karaktereienskappe nie. Identiteit is ingeweef in verhoudingsnetwerke en hang saam met die volgende ek-vrae:

       Wie is jy? Dit gaan oor selfinsig en selfkennis.

       Wat is jou rolfunksie en roeping in die lewe? Dit gaan oor die vraag oor hoe jy op eise reageer, en wat jou eintlike doel en sin in die lewe is.

       Watter terugvoering kry jy van ander mense in verhoudings? Die ander persoon, maat, vriend, kollega, naaste is gewoonlik die spieël waarin jy jouself bekyk en evalueer. Dit wat mense van jou sê en hoe hulle op jou reageer (ander se evaluering van jou), bepaal grootliks jou selfbeeld en identiteit. As die terugvoering baie negatief is, ontwikkel jy maklik ’n swak selfbeeld. As die terugvoering positief is, doen dit jou goed en laat dit jou goed voel.

       Wat dryf jou en wat hou jou aan die gang? Wat maak jou opgewonde en wat demp jou? Identiteit is nou verweef met doelwitte, norme, waardes en dit waarin jy glo.

       Watter faktore vorm jou lewe en bepaal die kwaliteit van jou besluitvorming? ’n Mens leef in kontekste. Taal, kultuur, tradisie, gewoontes en geloof slyp en vorm jou. Dit is alles deel van jou identiteit.

       Waarin glo jy? Daar bestaan ’n wederkerige verband tussen dit waarin ’n mens glo, jou lewensbeskouing en jou selfverstaan. Binne die Christelike en geestelike verstaan van identiteit speel ons siening en verstaan van God ’n beslissende rol. Die geloofsfaktor voorsien ’n identiteit van hoop, visie en vertroue. Een van die bekende uitsprake in Calvyn se Institusie is dat kennis van God, kennis van jouself is, en omgekeerd: kennis van jouself is kennis van God. Tussen Godskennis en selfkennis bestaan daar dus ’n wisselwerkende verband: verstaan jy God beter, verstaan jy jouself beter. Ken jy jouself, leer jy God ook beter ken. Ook vir huweliksgroei en -verryking is kennis van God en kennis van jouself noodsaaklik. Geloof voorsien identiteit van ’n positiewe heilsfeit: ek is nuut in Christus.

      Die netwerk en vier pole van identiteitsdinamika

      Dit is dikwels moeilik om ’n prentjie van identiteit te vorm. Met die oog op ’n beter verstaan van identiteit as verskillende posisies, ingebed binne verskillende polariteite wat almal saam ’n verhoudingsnetwerk vorm, is hieronder ’n grafiese voorstelling ontwikkel. As ’n mens sien hoe identiteit lyk, verstaan jy dit beter.

chap2-3.jpg

      Die netwerk van identiteitsdinamika bestaan basies uit twee polêre asse, naamlik die vertikale as en die horisontale as.

       Die vertikale polariteit-as van identiteit: outonomie en doelwit (verantwoordelike besluitneming) – passie (sensitiewe toewyding en deernis)

      Identiteit is gekoppel aan die pole van selfstandige doelgerigtheid aan die een kant en passievolle toewyding aan die ander kant. ’n Mens kan dit die vertikale lyn van bemagtiging noem. Selfstandige doelgerigtheid en passievolle toewyding bemagtig mense, en laat hulle met gefokusde en omlynde identiteit optree. Hulle weet wat hulle wil doen en hulle het hulself daartoe verbind. Identiteitsmense weet waarvoor hulle in die lewe staan.

      Selfstandigheid (outonomie) en doelgerigtheid

      Wat die vertikale komponent van identiteit betref (sien grafiese voorstelling) kan ’n mens sê dat identiteit aan die een kant te make het met selfvertroue, selfstandigheid en ’n eie verantwoordelikheidsin. ’n Mens leef dan doelgerig. Hierdie pool van identiteit laat ’n mens doelgedrewe lewe. Dit hang ook nou saam met die kwaliteit van keuses wat ’n mens maak en met normatiewe besluitneming. Identiteit, verantwoordelikheid en integriteit bepaal die graad van volwassenheid in selfinsig.

      Passie en toewyding

      Aan


Скачать книгу