Liefde is vir altyd. Daniël Johannes Louw

Liefde is vir altyd - Daniël Johannes Louw


Скачать книгу
in die huwelik mense vir mekaar gelykwaardige vennote word – buitekant die magspel om van bo en onder, belangrik en onbelangrik, man (baas) en vrou (slaaf). Albei is gelykwaardige vennote alhoewel hul nie gelyksoortige vennote is nie. As individue is elkeen andersoortig. Ook as man en vrou. Mans is wesenlik anders as vroue, en omgekeerd. Ons is fisiek, biologies en emosioneel andersoortig. Ook as gevolg van kultuurfaktore. Die feit is: twee mense is nie eenders nie. Die huwelik is nie bedoel vir ’n Siamese tweeling nie!

      Konstitutiewe faktore (dit wat die huwelik kan maak of breek)

      Met konstitutiewe faktore word bedoel daardie faktore wat daartoe bydra om die liefdesverhouding vas, onverbreekbaar en permanent te maak. Dit gee aan die lewensproses van die huwelik die karaktertrek van huwelikstrou en daarom die aanspraak: ons is nou met mekaar getroud.

      Die volgende faktore maak ’n huwelik: dit wat ons noem die band van volmaaktheid.

      1 Die sakramentele geloofsfaktor – Mense glo hulle is getroud. Dit beteken dat hulle die huwelik sien as ’n ruimte waarin hul houding, kommunikasie, gesprekke, woorde, taal, seksualiteit, seks, geslagsgemeenskap, liefkosing, liggaam en genitalieë almal as instrumente gesien word om God se genade en versoening ’n werklikheid te maak. Ons liggame word demonstrasiemateriaal van God se trou en liefde soos vergestalt in Christus. Ja, ons liggame word selfs tempels van die Heilige Gees genoem. Elke element van die huwelik is heilig. Ook die penis van die man en die vagina van die vrou; hulle is kanale van lewensvervulling en genadige lewensverryking en nie bloot fisiologiese anatomie vir penetrasie en klimaks nie. Die gewydheid van huwelikstrou verander huwelikskommunikasie in die spiritualiteit van heilige liefkosing, heilige geslagsgemeenskap en heilige taal. Alle vorms van menslike artikulasie vertaal en verwoord genade en goddelike, onvoorwaardelike liefde.

      2 Die openbare faktor van bekendmaking en sosiale erkennings (openbare sanksie) – Dit is ’n mite van veramerikaanste demokrasie dat die huwelik privaat en ’n individuele saak is. Die verbintenis is wesenlik publiek. Ander mense is ook betrokke. Daar is ouers en familie, vriende en kollegas. Op ’n indirekte wyse het hulle almal ’n “sê” in die besluitnemingsproses van die huwelik. Die huwelik is nie ’n romantiese Robinson Crusoe-kuiertjie en eiland-uitstappie nie. Wat twee mense privaat doen, het onmiddellik sosiale implikasies. Ook die moontlike kinders wat uit so ’n verhouding kan voortspruit, het die reg op sosiale en openbare erkenning. Die huwelik is ontwerp om menswaardigheid te beskerm. Vir daardie beskerming is openbare sanksie ’n moet. Die openbare sanksie verander die individualiteit van keuse-maak en deelnemende besluitneming in die spiritualiteit van kommunaliteit: ons behoort aan ander en die Ander.

      3 Die faktor van saamwees: samesyn – Nog ’n mite is dat mense bloot saamwoon of saamleef. Dit wat in saamwoon geskep word, is saamwees. Twee mense besluit om hul wese, hul “siel” aan mekaar toe te vertrou. Julle is wesenlik aan mekaar verbind en beoefen daagliks samesyn. En samesyn behels meer as bloot die kommunikasie van woorde. Dit verwys na die kommunikasie van deelnemende uitruiling van dit wat elkeen onder die sin van lewe verstaan. Samesyn is ’n vorm van singewing en sinneming in die lewe. Sonder ’n sinraamwerk verval die verhouding tot ’n toeval­lige ontmoeting en ’n tref-en-trap-oorlewingstryd. Die verhouding word ’n eksperiment wat opgeskort word deur die reserwe: as jy nie … dan gaan ek ook nie verder nie … So ’n reserwe verander die huwelik in die konkubinaat van saamkopulering. Buite die toeval om is daar min waarborg. Ons kernprobleem is natuurlik dat enige vorm van samesyn van binne-af uit bedreig word deur die werklikheid van verganklikheid, emosionele slytasie en die dood. Samesyn is ontwerp vir voorspoed en teëspoed, rykdom en armoede, lewe en dood: ons is aan mekaar gebind as verskansing teen die teleurstelling van emosionele verwerping. Te maklik sê mense vir mekaar “nee” wanneer hulle emosioneel verslyt en formuleer dan die boodskap, naamlik dat: dit nie uitwerk nie, dit werk nie meer vir my nie. Die sinraamwerk van samesyn verander die saamwees tot die koinonia van saam gemeenskaplik deel hê aan gedeelde geloofsoortuigings. In die geval van die Christelike verstaan: die beginsel van genade, versoening en vergifnis. Weder­sydse gemeenskap met mekaar is dan gekoppel aan wat ’n mens kan noem die spiritualiteit van huweliks-koinonia (geestelike fellowship).

      4 Die faktor van ’n wetlike binding: ’n juridiese kontrak – Enige samelewing word deur middel van wette en reëls georden. Die huwelik beteken dat mense binne ’n kultuurpatroon lewe waarin daar wetlike ordeninge bestaan om mense teen hulself en hul verraderlike wisselvalligheid te beskerm. Die juridiese dimensie van die huwelik het wesenlik te doen met die verskansing van menswaardigheid. Die huwelik is die geborgenheid van ’n ruimte wat ekstern deur ’n staat en kultuurkonvensie beskerm word ten einde menswaardigheid en menseregte te beskerm. Partye wat in ’n huweliksverbintenis staan, het die reg om menswaardig en gelykwaardig behandel te word. Die juridiese komponent beskerm mense teen uitbuiting, onreg en onbillike diskriminasie. Die wet tot huwelike wil verantwoordelike besluitneming koppel aan billikheid en regverdigheid. ’n Juridiese binding verruim verantwoordelikheid tot ’n lewenslange spiritualiteit van toewyding.

      Die volgende diagram verduidelik die voorafgaande in ’n prentjievorm. Wanneer ’n mens iets “sien”, verstaan jy dit beter. Om jou huwelik te verryk, moet ’n mens die groter prentjie sien. Kom ons noem dit die mooi prentjie van huweliksvreugde.

chap1-7.jpg

      Die proses van verhoudingsbou en huweliksvolhoubaarheid

      Dit is reeds gestel dat die huwelik nie ’n afgeronde “iets” is nie. ’n Mens kan dit nie klaar by Pick n Pay in ’n plastieksak gaan koop nie. Huwelik is ’n werkwoord. Dit hou voortdurend aan. As ’n mens aan die verhouding werk, dan werk dit ook uiteindelik vir jou. Huweliksvolhoubaarheid is soos ’n belegging waarin ’n mens opnuut nog meer moet belê. Die huwelik is ’n lewenslange proses van liefdesbelegging.

      Hierdie proses bestaan uit:

       Die etos (houding en ingesteldheid) van ’n ongekwalifiseerde ja: ek het gekies en hierdie keuse sluit alle ander moontlikhede uit. Ek kan dus nie oor kies nie. Die huwelik beteken dat my keuse in die proses my maat eksklusief gemaak het. Daar is nie meer iemand anders nie. Ek kan ook nie later vir my maat nee sê as ek reeds ja gesê het nie. Die huwelik as proses word dus begelei deur ’n positiewe ja. Enige onsekerheid oor die keuse rem die proses.

       Die etos (houding en ingesteldheid) van ’n belofte: ek het trou gesweer aan hierdie persoon. Beloftetrou verleen duursaamheid, konstantheid en sekuriteit aan die proses.

       Die etos (houding en ingesteldheid) van mededeelsaamheid en wedersydse uitruiling van positiewe kwaliteite: dit beteken dat ek dit wat positief in my is, gebruik om my maat aan te vul en te verryk. ’n Proses wat fokus op foute en gebreke verander die proses in ’n rehabilitasiebenadering: ek wil dan my maat verander en regkry. Die huwelik as rehabilitasiesentrum vir gebreke fnuik alle prosesse van verryking en groei.

       Die etos (houding en ingesteldheid) van passie: passie beteken ek het hartstogtelik lief met my kop, lyf en gevoel. Die huweliksproses is dan die passievolle spel van geniet, waardeer en vertroetel.

       Die etos (houding en ingesteldheid) van versoening: Versoening verwys na ’n vriendskap wat bereid is om opofferings te maak sonder om iets in ruil terug te ontvang. So ’n versoenende houding wil gaan plekke ruil met die maat en in sy of haar vel inkruip. Dit wil vergeef en soek na nuwe doelwitte hoe om krisisse en verskille aan te wend vir groei, verandering en verryking.

      Kyk na die volgende prentjie sodat julle die huwelik beter as ’n proses van houdingsverandering en verhoudingsverryking kan verstaan. Die prentjie verduidelik dat maats moet groei van:

      ’n ek-fokus (myne alleen) na ’n ons-fokus (ons saam);

      ’n blote eros-bevrediging na ’n dankbaarheidsvervulling;

      ’n kits romantiese opwinding na liefde as samesyn (om te wees saam met);

      ’n formele ooreenkoms ná lewenslange maatskap;

      ’n vlietende emosie van hartstog na ’n duursame houding van sorg en empatie, deernisvolle en sensitiewe meelewing (compassion);

      ’n kritiese


Скачать книгу