Weermagstories. Roelf Schoeman
soos volg beskryf: “Ek onthou sekere ouens, ek onthou sekere reuke, ek onthou sekere tye, ek onthou die reën, ek onthou Oukersaand, ek onthou die weggaan. Ek was in ’n paar lelike voorvalle betrokke – ek onthou hulle. Ek onthou gesigte. Ek onthou … Vir sommige mense is dit soos ’n begraafplaas, maar vir my is dit meer soos ’n katedraal. Dit is meer soos ’n godsdienstige ervaring. Dit is meer soos ’n katarsis.”
Die besoek aan die gedenkteken het Ken Smith gehelp om vrede te maak. Dit het hom versterk om te doen wat hy moet doen.30
Die afgelope paar jaar is daar ’n groot toename in die skryf van boeke oor die Grensoorlog, die ontwikkeling van webwerwe op die internet waar gesprek oor die oorlog gevoer word en besoeke aan slagvelde. ’n Muur van herinnering is ook opgerig en verskeie inisiatiewe van veteraanorganisasies is aan die gang om seker te maak dat dit wat hulle ervaar het, nie vergete raak nie. Hierdie inisiatief kan verder deur die gemeenskap ondersteun word om sodoende vir hulle meer erkenning te gee.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.