Die ding in die riete. Jean Lombard

Die ding in die riete - Jean Lombard


Скачать книгу
die boom van die lewe te bewaak, het Hy oos van die tuin van Eden gerubs gesit, en ook ’n vlammende swaard wat heen en weer beweeg.

      “Hy laat die diep water kook”

      JOB 40

      20“Kan jy ’n krokodil

      met ’n hoek vang

      of hom ’n tou in die bek sit?

      21Kan jy ’n lyn deur sy neus steek

      of sy kakebene met ’n hoek vastrek?

      22Sal hy jou soebat om genade

      of by jou mooipraat?

      23Sal hy ’n ooreenkoms

      met jou aangaan

      om vir altyd jou slaaf te wees?

      24Sal jy hom kan mak maak

      soos ’n voëltjie

      of kan jy hom met ’n lyn vasmaak

      vir jou dogtertjies?

      25Sal handelaars oor ’n prys vir hom

      kan kibbel?

      Sal hy onder kopers

      verdeel kan word?

      26Sal jy harpoene deur sy vel kan gooi

      of hom met ’n haak

      aan die kop kan vang?

      27Pak hom gerus met kaal hande:

      jy sal die geveg onthou,

      jy sal nie weer probeer nie.

      28Jy sal die slegste daarvan afkom.

      Wanneer jy hom sien,

      is jy al klaar oorweldig.

      JOB 41

      1 “Hy is wreed as jy hom wakker

      maak.

      “Wie wil dan nog teen Mý

      standhou?

      2 Wie wil aan Mý eise stel dat Ek iets

      aan hom verskuldig is?

      Alles onder die hemel

      behoort aan My.

      3 “Ek wil nog verder praat

      oor die krokodil,

      oor sy krag en sy liggaamsbou.

      4 Wie kan sy bek oopmaak?

      Wie kan met ’n toom

      naby sy tande kom?

      5 Wie kan sy kakebene oopbreek,

      sy kakebene met die verskriklike

      tande?

      6 Op sy rug lê die skubbe in rye

      vas aan mekaar gesluit:

      7 die een so teen die ander

      dat die wind nie daardeur

      kan waai nie;

      8 die een is vas aan die ander,

      hulle kleef aan mekaar

      en kan nie geskei word nie.

      9 As hy nies, spat die vonke,

      sy oë is so rooi soos die daeraad.

      10Daar kom vuur uit sy bek,

      die vonke waai deur die lug.

      11Daar trek rook uit sy neusgate,

      soos uit ’n kokende pot

      op ’n vuur.

      12Sy asem steek vure aan,

      daar skiet vlamme uit sy bek.

      13Daar is groot krag in sy nek;

      wie hom sien,

      word deur angs oorval.

      14Sy vleis is saamgepak

      asof dit aan hom gegiet is,

      dit gee nie mee nie.

      15Sy hart is so hard soos klip,

      so hard soos ’n maalklip.

      16Sterkes vlug as hy die water roer.

      By die eerste rimpeling

      gee hulle pad.

      17Wie hom met die swaard steek,

      rig niks uit nie,

      ook nie met ’n spies, ’n pyl

      of ’n assegaai nie.

      18Yster is vir hom soos strooi,

      brons soos vrot hout.

      19Met pyl en boog jaag jy hom nie

      op die vlug nie,

      klippe uit ’n slingervel

      is vir hom niks nie.

      20Aan ’n knopkierie steur hy hom nie,

      hy lag as ’n swaard op hom afkom.

      21Die skubbe aan sy onderkant

      het punte soos potskerwe,

      soos ’n dorsslee maak dit merke

      op die modder.

      22Hy laat die diep water kook

      soos in ’n pot,

      hy laat die water van die meer

      skuim.

      23Agter hom lê ’n blink streep

      op die water,

      lê die diep water

      wit van die skuim.

      24Op die grond is niemand

      sy gelyke nie,

      hy is ’n ondier sonder vrees.

      25Hy kyk met minagting na diere

      groter as hy,

      hy is baas

      selfs oor al die groot diere.”

      Die krokodil waarna verwys word in die Skrifgedeelte hier bo, word in sommige vertalings as die Leviatan aangegee. Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal beskryf die Leviatan as volg: Monsteragtige, mitologiese waterwese as verpersoonliking van die bose wat allerlei gedaantes kan aanneem, maar wat gewoonlik as ’n veelkoppige slang voorgestel word en veral in die Hebreeuse literatuur voorkom.

      Die Diere vra om kos en water

      G.R. VON WIELLIGH

      Hierdie verhaal kom uit “Mitologie en Legendes”, Deel 1 van die Boesman-Stories (vier dele 1919–1921). Von Wielligh se taal word in die onderstaande verhaal net so behou, ter illustrasie van die ontwikkeling van Afrikaans uit Nederlands.

      Toe die Diere en ook die Mense gemaak was, het hulle nie kos en water gehad nie. Toe moet die een dier die ander se vleis eet en sij bloed drink. Maar dit gee ’n uitroeierij onder hulle af; dog wat anders kon hul doen? Hulle huil toe oor hulle toestand en soek om verbetering. ’n Baie groot Olifant, wat so groot is dat hij oor ’n rantjie of koppie kan sien, praat toe en sê: “As ek dood is, sal ek dit baie lekkerder hê as nou. Dan is ek ’n groot Gees, wat geen kos en water nodig het nie; want Geeste eet en drink nie; en as ek ’n Gees is,


Скачать книгу