Ultrasatyn 2 in 1. Elsa Winckler

Ultrasatyn 2 in 1 - Elsa Winckler


Скачать книгу
mooiste meisie,” fluister hy langs haar oor. “Ek is nog lank nie klaar nie.”

      Hy rol van haar af en trek haar teen hom vas. Sy lê gekoester in die hitte van sy lyf, haar vingers weer in syne vervleg.

      Haar lyf pas perfek in die kromming van syne. Woordeloos luister sy na sy asemhaling bokant haar kop. Met genoegdoening nestel sy stywer teen hom. Dan kan drome waar word. Sy is nie skaam oor wat pas tussen hulle gebeur het nie. Sy hoort hier. Wat gebeur het, voel so reg.

      Dis hoe dit moet wees.

      Toe draai sy om in sy arms sodat sy na hom kan kyk. Sy slaan haar een been oor sy lyf. “En om te dink ek het vanmiddag gekom om besigheid te praat.”

      Hy glimlag teen haar lippe. Trek ’n pad met sy vinger langs haar ruggraat af tot by haar stuitjie, en sy giggel.

      “Ons sal nog besigheid praat, Leila Viviers. Later. Vertel my eerder iets omtrent jouself. Ek weet jy is byna sewe en twintig.” Hy piets haar speels op haar boud en dan gly sy hand om na haar binnebeen. “En dat jy werk in Johannesburg soek. Maar dis al. Tot dusver was jy net die begeerlike blouoog wat nooit onvoorbereid klas toe gekom het nie. ’n Paar keer het ek dit oorweeg om na klas met jou te gesels, meer oor jou uit te vind, maar ek het my telkens gekeer. Jy was immers ’n student in my klas en ek ’n dosent met morele verpligtinge.”

      Verras kyk sy na hom. “Jy het my raakgesien?”

      Hy vee oor haar wang, al teen haar keel af en dan volg sy vinger die pad oor haar sleutelbeen. “Watter man sien jou nié raak nie?” Hy lig sy hand en druk sy vingers deur haar hare. Trek haar kop effens agteroor sodat sy in sy oë kan kyk. Haar tone krul van behae toe sy besef wat hy beplan om te doen.

      Hy buig sy kop en sy mond sluit oor haar steeds gevoelige tepel. Sag knibbel hy met sy tande aan die ferm knop, speel met sy tong daaroor terwyl hy haar tergend dophou. Toe sy dit nie meer kan hou nie, druk sy haar bors stywer teen hom en hy soen hard en diep sodat sy kreun. Toe laat hy haar weer gaan sodat hy hom op sy elmboog kan stut.

      “Bly hier, ek gaan kry vir ons iets om te drink.” Hy druk hom weg van haar en sy bly teen die kussings lê. Haar lyf hunker opnuut na hom sodat sy op haar knieë voor hom kom.

      Sy slaan haar arms om sy nek. “Ek is nie dors nie. Jy hoef niks te gaan haal nie.”

      Hy lag af na haar. Sy vingers woel in die donker haartjies tussen haar bene en die oorweldigende erotiese klopping in haar neem toe. Maar hy trek net ’n pad van daar af met sy vinger oor haar naeltjie en tussen haar borste deur tot by haar ken. “Ek moet eers rus,” glimlag hy teen haar lippe. Hy druk haar terug teen die kussings. “Wag hier vir my.”

      By die deur draai hy weer na haar en sy glimlag vir hom. “Jy het nog nie my vraag beantwoord nie. Dink eerder aan alles wat jy my wil vertel.”

      Sy roer effens teen die kussings en klop met haar hand op die bed langs haar. “Jy het my nog nie kans gegee nie.” Maar hy lag net en verdwyn in die gang af.

      Vyf

      Hy kom terug met ’n glas in elke hand. “Jy kan maar drink. Dis net vrugtesap. Ek wil na alles nie hê jy moet vanaand op jou kop staan nie.” Hy vat ’n sluk van die sap en sit dit dan op die vloer neer. Toe leun hy nader om die glas by haar te vat. “Vertel my nou iets van jouself.”

      Haar arms sluit om hom die oomblik toe hy terug na haar draai. “Wat wil jy weet?”

      “Iets wat vir jou saak maak.”

      “Jy is die eerste man wie se bed ek deel.”

      Hy maak haar hande los en druk haar terug teen die kussings. Sy oë is stormagtig toe hy hom op een elmboog stut en lank na haar staar. Met sy een been pen hy haar vas. Toe sit hy regop en vat beide haar hande bokant haar kop in sy een hand.

      Sy blik gly oor haar. “Jy is pragtig,” prewel hy voor sy vry hand die pad van sy oë volg. Hy streel oor haar lippe, haar sleutelbeen, haar borste. Vlindersag vee sy vingers oor haar ribbebene en dan af tot by die ronding van haar heupe. Hy vertroetel en ondersoek. Haar lyf word hoendervel in reaksie en hy glimlag. Sy vingers sirkel om haar naeltjie en toe sak sy hand laer tot by die warmte tussen haar bene. Hy maak sagte sirkelbewegings met sy wys- en middelvinger terwyl sy oë in hare brand.

      Haar onderlyf begin lig en sy trek haar bene wyer oop toe haar vrouwees smagtend begin saamtrek. Sy hande gly om haar dye, trek haar bene op en dan lig hy hom tot bo-op haar. Met sy mond volg hy dieselfde pad as sy vingers flussies. Hy begin by haar mond, huiwer by haar tepel asof dit vir hom moeilik is om daarvan af te sien. Dan gly sy lippe laer af tot by haar naeltjie.

      Hy kyk op met passievolle kykers en sy weet hy sien die begeerte in haar oë.

      Weer nooi haar onderlyf hom uit. Vir oulaas terg sy tong nog oor haar naeltjie en toe sluit sy hande om haar knieë. Sy kop sak tot tussen haar bene en sy mond sluit sag om die intiemste deel van haar lyf. Haar vingers gryp die beddegoed krampagtig vas. Nie in haar wildste drome kon sy haar die genot om so deur hom geliefkoos te word asof sy breekbaar is, voorstel nie. Sy sper haar bene. Lig haar lyf sodat hy elke hoekie van haar vrouwees met gemak kan bereik. Haar rug trek hol terwyl sy tong ’n eie spel speel. Met sy tong streel en terg hy tot sy haar stywer teen hom vasdruk. Sy een duim vryf sag oor die tepel. Die werklikheid vervaag. Sy mond verlaat nie die sagtheid tussen haar bene nie. Sy voel die growwigheid van sy baard, sluit haar oë in vervoering. Haar lyf tintel en ruk terwyl elektriese strome deur haar golf.

      Beheers en berekend du hy haar vrouwees nader en nader aan ’n klimaks wat haar gaan verswelg. Op die kruin daarvan lig hy sy kop en skuif bo-oor haar. Toe hy besit van haar neem, is sy reg vir hom.

      Saam vind hulle die oeroue ritme wat hulle albei oor die grens van alle inhibisies stoot en hulle lywe word een toe sy klimaks tot in haar spoel. Sy hou aan hom vas. Die klimaks woed uit en hy val langs haar neer.

      Hy laat haar asemskep voor hy haar tot bo-op hom trek sodat hy in haar oë kan kyk. “Verwag iemand jou terug by die huis vanaand?” vra hy en sy skud haar kop. Hy knik tevrede en rol op sy sy sodat sy in die kromming van sy arm lê.

      Hulle lê lank so in die hitte van mekaar se lywe, êrens tussen nugterheid en slaap. Sy luister na Lukas se rustige asemhaling en skuif vaster teen hom.

      “So ’n afskeidsgeskenk het ek nie verwag nie,” bring sy stem haar terug uit die slaapnewels. “Vroue is gewoonlik bereidwillig, maar niemand is jy nie.”

      “Wat bedoel jy?” Sy draai haar kop effens teen hom toe sy woorde tot haar deurdring. Sy oë is toe en hy gee haar ’n drukkie.

      “Afskeidsgeskenk,” prewel hy. “Jy is besonder vaardig.”

      Sy maak haar oë oop, skielik wawyd wakker. Die emosie van afgryse wat deur haar spoel, is onbeskryflik, net so onbeskryflik soos vantevore, net aan die teenoorgestelde punt van die spektrum.

      Ander vroue? Bereidwillige vroue? Natuurlik sal hulle wees. Wie sal vir Lukas Strauss kan weier? Sy het nog altyd geweet hy laat ander damestudente én dosente se koppe draai. Het sy ’n tweede keer in dieselfde strik getrap? Verblind deur verliefdheid gedink sy is die enigste een, net om agter te kom sy is darem anders as die ander? En vaardig? Dis nie asof sy vooraf vir vanaand geoefen het nie. Wat sy gedoen het, was vir hom, nét vir hom.

      Ontnugtering pyn deur haar lyf. Sy het haar siel gegee, en vir hom was dit niks meer as ’n afskeidpartytjie nie. Was nie een van die ander bereidwillige vroue vanaand beskikbaar nie? Miskien was sy die eerste een wat ingestem het. Sy het een keer tevore uitgevind hoe dit voel wanneer bereidwillige vroue instaan wanneer sy nie beskikbaar is nie en sy het haarself belowe nooit weer nie.

      Skielik verstaan sy Lukas se bedoeling. Hy het haar gebruik om hom te plesier sonder dat hy bereid is om iets in ruil daarvoor te gee. Hoe dom was sy nie om te dink hy gaan haar die maan en die sterre gee ná vanaand nie!

      ’n Afskeidsgeskenk! Môre gaan hy Johannesburg toe, sonder enige gewetenswroeging. Sonder die belofte om haar weer te sien.

      Maar kan sy werklik kwaad wees vir hom? Het hy nie net gevat


Скачать книгу