Die Poort 3: Helers. Nelia Engelbrecht

Die Poort 3: Helers - Nelia Engelbrecht


Скачать книгу
– ek dink ons moet nou ook so maak,” sê Tara ten spyte van die vrees in haar oë.

      “Ja, ek sê mos dis soos daai sword-fighting guys – all for one and one for all,” sê Nomsa, die dapper Afrika-Musketier, al lyk sy ook erg benoud.

      Ek dink nie dit gaan gewone hand-to-hand combat wees nie, sein Leonardo. Ek dink dit gaan iets heel anders wees.

      Soos in lasers? Laas toe ek op Mitigon was, het Chanda-Mundia my amper vol gate geskiet met sy laserpistool.

      Nee, ek dink Leonardo meen dit gaan ons Powers teen hulle Powers wees, sein Tara.

      Oe-ee, sein Nomsa. It sounds awful … Sê nou hulle verander ons in lelike sea creatures? Ek wil tog net nie ’n seekat wees nie – al daai slymerige bene …

      Sy hou op sein toe ons op die dek kom. Helder blitse verlig die deinings wat soos berge langs die skip oprys. Ek ruik die swael van die weerlig en die bitter onrus van seediere wat na die stil dieptes vlug.

      Dan verander die nag skielik in dag. Genuine. Dis asof iemand ’n wit-en-swart foto in Photoshop gereverse het. Die wit skuimtoppe van die branders is swart terwyl die res van die water spierwit is. Daarbo is die lug ook wit, behalwe vir weerlig wat pikswart teen die lug rank totdat alles bokant die kolkende wit see vol swart ivy-rankers is.

      Dan verander alles weer terug – met een groot, terrible verskil. Daar is ’n skeur in die wolke waardeur perserige lig skyn. Die skeur word al hoe groter en iets soos ons maan – maar net op heavy steroids – verskyn.

      Was die maan in die ou tyd so naby aan die aarde? sein Nomsa.

      Nee, sein ek terug. Dis nie ons maan nie.

      Om ons staar die matrose na die pers lig wat al hoe helderder word, hulle gesigte vertrek van vrees.

      Eers steek daar net stukkies uit, maar hoe groter die skeur in die wolke word, hoe meer van hulle kan mens sien. Twee kleinerige, beautiful pers mane. En langs hulle, heelwat groter en met ’n geelwit glans, is die planeet Mitigon.

      Die Ander is hier.

      8

      Oee-ee, sein Nomsa benoud, gaan die Ander nou met hulle space ships ondertoe kom en in die see land?

      Voor enigeen van ons kan reageer, begin die skip teen ’n hengse brander uitklim.

      “Hou vas!” skreeu Leonardo terwyl die skip se neus boontoe beur en die dek al hoe regopper begin staan. Gillende matrose en stukke gebreekte maste gly by ons verby terwyl ons aan mekaar en aan die relings vasklou.

      Net toe ek dink die skip gaan agteroor val, begin die dek meer gelyk raak.

      “Look!” skree Tara.

      Ons is bo-op die monsterbrander en kyk af na ’n diep vallei tussen hierdie brander en die volgende een. Shit, as ons neus eerste tot onder gaan duik, en die brander boonop nog bo-op ons breek, is dit verby met ons.

      Of nie. Dis asof iemand ’n pause-knoppie druk. Die wind en reën hou op en die reusebrander kom tot stilstand, met ons op die bopunt daarvan.

      Daar is iets in die water, sein Tara en wys na die onderpunt van die brander.

      It looks like sea lions – holy cow, dit lyk of hulle op ’n kolom water sit wat al hoe hoër word, sein Nomsa.

      Ek trek my oë op skrefies. As dit net nie so ver … Ouch! Die merk agter my nek – die heel eerste een wat ek gekry het toe ek ’n Bewaker geword het – begin brand. “Dit is die Ander – hulle gaan aan boord probeer …”

      Die res van my woorde smelt weg in die vuurreën wat my tref. Elke Bewaker-merk op my lyf gloei. Die pyn gryp my longe met ’n ysterhand vas.

      “Kali!” hoor ek Leonardo roep. “Is jy oukei?”

      Die brand word minder en ek kan weer asemhaal. Wanneer die waterkolom gelyk is met die dek gaan hulle probeer om aan boord te kom, sein ek.

      Dink jy hulle gaan die mense probeer doodmaak? sein Nomsa.

      Ek weet nie, maar ek dink beslis hulle gaan probeer om die vroue te ontvoer. Net soos hulle Bospoort se vroue ontvoer het.

      Tara gryp my arm vas. No! We can’t allow that – those poor children … Sy bly stil en sluk. Ons moet iets doen.

      Arme Tara, sy en haar sussie en boeties het baie swaar gekry toe die Ander haar ma ontvoer het. As ons dit nie reggekry het om deur die Poort te gaan nie, sou ons nooit vir tannie Mercia kon terugbring van Mitigon af nie.

      Wel, as hulle hierdie vroue wil hê, sal hulle eers by my moet verbykom, sein ek.

      Dan pop die kaptein se gesig voor my op. Bloed loop uit ’n nasty sny aan die kant van sy gesig. “Wat is aan’t gebeur? Is dit julle toedoen?”

      “Nee! Ons …” Nog voor ek kan verduidelik, brul een van die matrose iewers agter die kaptein.

      “Oorboord! Oorboord met die onheilskinders!”

      Die matroos wat vorentoe kom en saam met sy buddies ’n halfmaan om ons vorm, het boomstamme vir arms. Op sy wang is ’n litteken wat lyk of iemand hom met ’n stomp broodmes bygekom het.

      Die houtreling druk hard in my rug toe ek agteruit tree. Ek kyk oor my skouer. Die kolom water is nou al so hoog dat ek die Ander duidelik kan sien. Die Ander se lang hare is agter hulle nekke vasgemaak, nes Chanda-Mundia s’n, maar in plaas van die gewone Mitigon suits het hulle lang, swart jasse aan.

      Dan gil Tara. Scarface is besig om haar oor die reling te gooi. ’n Soldaat storm nader en probeer keer. “Nee, julle kan nie!” roep hy uit.

      Een van Scarface se buddies gryp na Nomsa en ’n hele paar matrose sak op Leonardo toe. Dis net daar wat ek dit totally verloor. Dit voel of my skedel te klein is vir my kokende brein. Hitte bou agter my oogballe op. Ek kyk op en twee strale vuur skiet boontoe. Die nat stuk seil sis toe die vuur dit tref en vat dan saam met die mas vlam.

      Die matroos wat besig is om vir Tara oor die kant te stoot, versteen. Sy gebruik die kans om los te ruk en die reling met al twee hande vas te gryp. Nomsa skop die matroos voor haar tussen die bene en toe hy vooroor buig, gryp sy ’n stuk hout en slaan hom oor die kop.

      Dit lyk of Leonardo ook intussen sy moer gestrip het. Die matrose wat hom aangeval het, lyk baie verbaas terwyl hulle deur die lug trek en op ’n hoop op die dek val. Ek vlieg om toe ek iets soos ’n oorlogskreet skuins agter my hoor. Die kaptein storm op my af, sy swaard na my maag gemik. Omdat ek baie lief vir my derms is, staar ek stip na sy swaard terwyl my oë al hoe warmer word.

      “Helleveeg!” roep hy uit en laat val die gloeiende swaard.

      Ek skop dit weg. “Sê vir jou mense as hulle weer aan een van ons vat, steek ek die hele skip aan die brand!”

      Vir ’n oomblik lyk dit of die kaptein se oë gaan uitspring van woede, maar dan skree hy bevele oor sy skouer. ’n Paar matrose klouter met emmers water teen die toue op om my handewerk te gaan blus.

      Toe die kaptein weer vir my kyk, speech ek verder. “Sien jy daardie mans daar onder in die water? Hulle is die vyand, nie ons nie. As julle maak soos ons sê, sal ons julle teen hulle beskerm. As julle dit nie doen nie, gaan hulle julle almal vang en soontoe vat.” Ek wys na Mitigon en sy twee mane.

      Die kaptein se oë rek en sy mond val oop toe hy oor die reling kyk na die Ander wat reeds halfpad op pad dek toe is.

      “Is hulle seerowers? Waar’s hulle skip?” vra hy verward.

      “Ja, hulle is seerowers en daardie drie goed daar bo is hulle lugskepe,” spin ek vinnig ’n storie. Vir ’n oomblik flits sy oë tussen ons en die Ander. Hy is obviously besig om tussen twee evils te kies.

      “Laai die kanonne!” bulder hy dan.

      Nou kyk, ek weet nie hoe lank dit vat om ’n kanon te laai nie, maar teen die spoed wat die waterkolom styg, gaan die Ander most probably lankal op die dek wees voor die matrose kan skiet. As die Ander goed soos


Скачать книгу